Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lees: Rom. 6:12 e.v.

Die Direkte Afrikaanse Vertaling vertaal hierdie verse so: “Laat die sonde nie in julle sterflike liggaam heers ... en moenie julle liggaamsdele as wapens van onreg tot beskikking van die sonde stel nie, maar stel julleself tot beskikking van God, as mense wat uit die dood lewend geword het en stel julle liggaamsdele as wapens van geregtigheid tot beskikking van God.”

Ek dink nie ons besef aldag wat God in Sy genade deur die Heilige Gees doen wanneer iemand Jesus Christus werklik in geloof as persoonlike Verlosser en Here aanvaar nie.

Die Bybel beskryf dit nie verniet as ’n wedergeboorte wat plaasvind nie, of soos in hierdie verse, as iemand wat nog die een oomblik besig was om te sterwe en die volgende oomblik bonatuurlik wonderlik opstaan uit die dood en springlewendig is.

Verskoon nou maar die patetiese prentjie wat ek hieronder wil gebruik om hierdie bonatuurlike wonderwerk te probeer beskryf. Maar dit laat my dink aan daardie advertensies van die hasies met die verskillende batterye in, waar die grootste klomp hasies se “normale batterye” eenvoudig stadig maar seker “doodgaan”, terwyl die een wat hierdie “nuwe, buitengewoon wonderlike battery” gekry het, springlewendig aangaan en aangaan.

So sien ek in my geestesoog hoe die mensdom met die normale sondige natuur en gees wat dood is a.g.v. sonde, stadig maar seker besig is om te sterf. Maar dan kom God in Sy genade, deur die nuut-maak-werk van die Heilige Gees, wanneer iemand Jesus Christus as Verlosser en Here aanvaar, en “sit” vir hom of haar as’t ware ’n “nuwe battery” in hulle gees. God vervang ons “doodsheid” en dooie gees, met die Lewe van Christus Jesus wat deur die werking en krag van die Heilige Gees ons gees nuut máák.

Van daardie oomblik af begin ’n nuutwording proses wat genesing en heiligmaking behels deur die werking van hierdie selfde Gees, wat tot aan die einde van ons lewe op aarde bedoel is om ook ons siel en liggaam nuut en lewendig te maak.

Deur hierdie heiligmaking proses wil die Gees van God die lewe van Christus ook aan die res van ons bedien. Sodat ons gedagtes meer en meer sal vernuwe en in lyn kom met God se hart en gedagtes vir ons en oor alles. Wat mettertyd ons emosioneel sal vernuwe en genees en so ook ons fisies-chemies bonatuurlik kan genees en vernuwe.

Die ander kant kan natuurlik presies die teenoorgestelde gebeur. Daar waar ons aanhou sondig of aanhou met dinge waarteen God ons waarsku en wat in stryd is met Sy hart en planne vir die mens, is dit nag en bedien ons letterlik dood aan onsself.

Dink byvoorbeeld aan die man of vrou of tiener wat as hulle alkohol gebruik, aanhou drink tot hulle dronk is. Vir een van my vriende uit die Lugmag wat ’n alkoholis was, was die keerpunt in sy lewe die dag toe hy uit medici se mond moes hoor dat elke keer wat hy gedrink het tot hy dronk was, hy in die proses derduisende breinselle vernietig het.

As God nie ’n bonatuurlike wonderwerk doen nie, is daardie stuk dood wat hy/sy aan hulleself bedien het, onomkeerbaar fisies-chemies.

Dieselfde gebeur byvoorbeeld in elkeen se brein wat aanmekaar pornografiese materiaal sit en bekyk. Deur daardie kyk na pornografie, gebeur daar distorsie en vernietiging in so ’n persoon se brein fisies-chemies wat net God deur ’n de-toks-proses in Sy wonder-genade fisies-chemies kan verander en herstel.

Daarom glo ek, is dit so noodsaaklik dat pasgebore wedergebore volgelinge van Jesus, deur medegelowiges geneem moet word en gehelp moet word om Rom. 6:12 e.v. baie prakties te doen in hulle lewe.

In die nuwe Direkte Afrikaanse Vertaling staan daar in Ef. 4:20 tot 24 die volgende: “Maar julle het nie Christus so leer ken nie. Julle het tog van Hom gehoor en julle is oor Hom onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is, naamlik dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou mens moet aflê wat as gevolg van sy drang na dwaling vergaan. Julle moet eerder deur die aard van julle denke vernuwe word. Ja, trek die nuwe mens aan wat in geregtigheid en ware heiligheid na God se beeld geskep is.”

Iemand het dit so gesê: Jesus het nie verniet Sy volgelinge ook “vissers van mense” genoem nie. As iemand tot bekering kom is dit werklik soos ’n vis wat gevang word. Maar ons moet nie net vissers van mense wees wat aanmekaar net visse vang nie. Ons moet maak soos enige goeie visserman weet om te maak: ons moet die visse wat ons gevang het, so gou moontlik skoonmaak, anders kan hulle maklik niks vir enigiemand beteken nie.

Daarom glo ek moet daar ’n pad met elke nuwe jong bekeerling gestap word om hulle te help om klaar te maak met die verlede en met al die seer en sonde van voor hulle bekering. Dit is deel van effektiewe “dissipelmaking”.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar