Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tog wonderlik hoe kinder-kleinode, soms familie gesegdes word.
Graag deel ek klein Flippie se guitige vertelling met
julle.

My beste vriendin, een van 'n tweelingsusters, se suster was
self ook geseend met 'n tweeling, 'n boetie en sussie. Die
Boetietjie se naam was Flippie, en die sussietjie, Grietjie.
Hierdie twee kinders is self ook nou al getroud met hul eie
krose.

Wel, dit het so gebeur. My vriendin, Marie het by die twee
woelwatertjies op die groot bulsak-kooi van Ouma Koba gele,
want vir die tweetjies was dit slaaptyd.

Soos altyd was klein Flip, die verbeeldingryke enetjie, aan
die woord: 
"Mahie, as ek eenag goot is, dan koop ek 'n goot
plaas met 'n goot huis en 'n goot dam en baie beeste en skape
en donkies en vakke. Alles net vi jou, Mahie!"

Dan vra klein Griet wat altyd baie entoesiasties na haar broertjie geluister het:
"En wat ky ek Fip"?
Waarna hy antwoord: "Niks, jy hy op my ped"!

Nouja, vir jare al in ons familie, as die een vir die ander
vra: "En wat kry ek"? Kom die antwoord onmiddellik:
"Niks, jy hy op my ped"!


Julle Woesters, julle is ook mos nou familie, of hoe?
Geniet maa die rysies op my ped!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hehe
Dis 'n goeie ene!
6 jaar 8 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


Ped
Magties man, wat n heerlike vertelling. Dit moet plek kry in die "showcase'!
Ek hy saam, alli pad!
6 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


Hiehie!!
Vek lekke he-lees en he-lag!
6 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 7 ure oud


my ped
Lekker gelees dankie.
6 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Dit het sommer 'n groot glimlag op my gesig geplak!
Dankie vir die deel van hierdie kostelike stukkie werk. Ek het dit nou werklik baie geniet.
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar