Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 549
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Oct 2015
Ek kyk terug na my kinder jare gevul met sorgvrye vryjeid en geluk. Vakansies saam Oupas en Oumas. Lui lekker dae op die strand. Skooldae gevul met kennis en poetse bak. EK raak rustig in myself terwyl ek so deur my gedagtes ry. Wat is dan nou lekkerder as om aan die goeie ou dae terug te dink.
Om ‘n draai kom ek af op ‘n ou bouvallige huis en langs dit staan ‘n negentien voertsek Volkswagen Beetle wat op geroes is en op bakstene staan. Dit pas nie in by hierdie prag landskap nie. Dit staan uit soos ‘n seer toon . Lyk lelik en sleg. Ek probeer verby dit kyk na die mooi, maar dit staar my in die gesig. Hierdie monument van hartseer en pyn. EK kan nie om dit ry nie. Dit bly voor my in die pad.
EK wil dit nie onthoy nie, maar ek kan dit nie vergeet nie. Maak nie saak hoe hard ek probeer nie, dit sal altyd deel wees van my verlede, van my geskiedenis. Die ding met geskiedenis is, maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jy kan dit nie verander nie. Jy kan die boeke herskryf en die verhaal anders vertel, maar die geskiedenis sal altyd dieselfde bly. Jy kan plekname verander en standbeelde afbreek, maar aan die einde van die dag het jy steeds nie die geskiedenis verander nie.
Hier staan die bouval en wrak van my eerste huwelik. ‘n Huwelik wat gebeur uit verlusting in plaas van liefde. As gevolg van my eie hartkoppigheid het ek die liefde van my lewe gelos. Daarna by ‘n ander op geeindig. ‘n huwelik wat nooit moes wees nie, maar wat wel was. Die hartseer van dit alles is dat saam met die bouval van hierdie huwelik staan daar ook ‘n wrak. ‘n Wrak wat nooit gevra het om daar te wees nie.
Sien ons het ‘n pragtige dogter saam gehad. SY is nie die wrak nie. Die wrak is die verhouding tussen my en haar. Daar is tans geen verhouding nie. Dit is verroes en vol duike en staan op bakstene. D ie skuld is dalk myne. Ek het ‘n besluit geneem wat ek geen ander ouer ooit toewens nie. ‘n Besluit wat geen ouer ooit voor te staan moet kom nie. Ek het dit egter geneem juis om dat ek nie wou hê my dogter moes daai wrak word nie.
Eindelik kan ek verby die bouval en die wrak ry en kyk. Daar agter staan die mooi landskap wat my huidige huwelik is. Gevul met ;n tuin van liefde. Liefde van ‘n pragtige vrou en twee dogters. Daai besluit het dit tot gevolg gehad. Anders het daar vandag nog 'n bou‘al gestaan met twee wrakke langs dit parkeer.
As ek kon sou ek egter nooit my verlede verander nie. Die gevolg sou wees dat ek net twee in plaas van drie pragtige dogters gehad het.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek