Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy droom al so lank daarvan om ʼn boek te skryf. Jy skryf reeds stories. In jou lessenaar se laai is daar ʼn lêer vol skryfsels. Gedigte, kort stukkies prosa, kort stories, twee of drie boeke wat jy begin skryf het en toe in die laai weggesit het omdat jy nie geweet het wat om verder te skryf nie.

Klink dit bekend?

Almal moet iewers begin. As dit jou droom is om ʼn boek te skryf, wil ek jou graag help om dit te doen. Ek beplan om oor die volgende paar weke ʼn reeks rubrieke te plaas oor alles wat met die skryf van 'n boek te doen het.

Hoekom wil ek dit doen?

Ek het self reeds 11 boeke geskryf en self uitgegee. My boeke verskyn in al die groot boekwinkels in Suid-Afrika en ook in die buiteland. Dit het nie oornag gebeur nie. Ek het ʼn lang en ʼn moeilike pad gestap om tot hier te kom en juis daarom weet ek wat dit beteken om alleen so ʼn reis aan te pak. Ek het baie gely, baie geleer, baie vreugde en teleurstelling beleef tydens hierdie reis, maar nou, na twee jaar, voel ek het die tyd het gekom om dit wat ek geleer het met nuwe en voornemende skrywers te deel.

My oogmerk is om vir jou ʼn padkaart te gee vir jou toekomstige reis as skrywer. Maar jy gaan self kies of jy die reis wil aanpak of nie. Ek kan slegs die pad aandui en die slaggate uitwys, maar ek kan nie jou storie skryf nie. Dis iets wat jy self gaan doen.

Of jy sukses gaan behaal, gaan van jou afhang. Dit gaan jou skepping wees, jou breinkind wat die produk sal wees van jou verbeelding, jou toewyding en deursettingsvermoë.

Ek gaan probeer om die vrae te antwoord wat voornemende skrywers vra, om die onsekerheid en die twyfel te besweer. Ek gaan jou help om die eerste tree te gee op die pad na vervulling, want as skryf jou droom is, as dit jou begeerte is, en as dit die lekkerste ding is waaraan jy kan dink om te doen, dan is ek hier om vir jou die pad te wys.

Bly by my. Ons gaan saam stap tot jou boek op die winkelrakke pryk.

Vir meer inligting oor my kan jy kan my webwerf besoek by http://rachelledubois.com.Jy is welkom om my te kontak en saam te gesels.

Groete tot volgende week.

Rachelle
Onafhanklike skrywer, self-uitgewer en vryskutskrywer



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy wil graag 'n boek skryf, maar . . .
Dankie vir die deel, soos jy sê dit is 'n pad vol uitdagings om 'n e-boek op die e-rak te kry.

Ek volg graag.
4 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


Dankie
dat jy bereid is om jou kennis en ondervinding met ander te deel. Stuur gerus vir my 'n leesversoek wanneer jy hierdie rubrieke plaas. Ek is baie swak met selfbemarking en sal sekerlik iets kan leer by jou :-)
4 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


Rachelle
Baie dankie vir hierdie belangrike inligting en dankie ook dat jy my reeds help met my boek, Dogters van die Son :)))
4 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar