Rubrieke

Titel: KAMP
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons sit vanoggend voor werk gou en koffie drink en begin praat oor wat almal die naweek gaan doen. Die een dame dat sy en haar familie die naweek bietjie gaan kamp daar by Mabilingwe. Sy is bekommerd oor die koue en met goeie reg. Warmbad is wel bietjie meer noord as Johannesburg en effe warmer, maar dit raak maar vrek koud in die nag.

Ek vra of hulle in ‘n huisie daar gaan bly. Dit blyk hulle gaan in tente bly. Hulle wil kwansuis die kinders die natuur laat ervaar en wild us nie onder ‘n dak tussen mure bly nie. EK vra bietjie meer uit en besef dadelik dat die jeug van vandag nie wee twat dit is om werklik te gaan kamp en in ‘n tent of karavaan te bly vir ‘n naweek of vakansie nie.

Sam vertel hoe georganiseerd haar broer en sy gesin is as dit by kamp kom. Hy het een van hierdie Bushbaby sleepwaentjies wat in ‘n tent op slaan. Hy het al soveel ekstra panele vir die tent dat hulle twee staan plekke moet boek anders is daar nie genoeg plek om die hele ding op te slaan nie.

Daar is ‘n sit/eet/leef kamer. Dan het elke lid van die gesin hulle eie kamer en ‘n kombuis sluit die hele spul af. Daar is “strechers” in vir elkeen en opslaan kaste vir die klere. Genoeg weater in ‘n 100l watertenk onder die sleepwa. Al wat die ding nie het nie is ‘n stort en toilet. Die water word vir gesig was, kook ens gebruik.

Hulle w=vat ‘n tv, DSTV en selfs die kinders se playstation saam. Dan is daar ‘n yskassie en vrieskassie wat in gepak word. Die nodige haardroërs en dies meer word ingepak vir die dames se hare doen. ‘n mikrogolf en ketel en ook ‘n klein twee plaat stofie en oondjie. En dan natuurlik ‘n verwarmer. Dit alles word gehardloop an ‘n 10kva kragopwekker af wat ook ingepak word.

Nou ja hoe die kinders die kinders nou eintlik die natuur en die rof en onbeskof van kamp gaan ervaar weet ek nie. EK vra dus nou waar kom die kamp in. Nee kyk hulle slap mos darem in ‘n tent op ‘n kampbedjie.

Ek onthou as kind het ons Karavaan vakansies gaan hou. Ja die karavaan is meer luuks as ‘n tenet, maar hel ons het net die nodige sama geneem. Yskas was daar wel en ons het ‘n ou klein swar en wit TV met haasore geahd. Of die ding ooit aangesit is kan ek nie onthou nie.

Die karavaan se stofie is net gebruik om eiers te bak in die oggend. Die res van die tyd is dit braaivleis of potjie kos gewees. Van haardroeër en dies meer kan ek nie onthou nie. Ons het die een tent gehad. Ma en pa het in die karavaan geslaap saam met sus en ek en ouboet buite in die tent.

Ons het dus die ervariIs dit kamp of is dit huis verskuif vir die naweek? EK kan net dink hoe lank vat dit om alles op en aft e laai en dan nog georganiseer te kry Teen die tyd wat hulle kla is, is die naweek verby.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kamp
En so kies elke mens hoe hy wil kamp! En sommige geniet dit en andere haat dit, maar vir baie is dit die lekkerste lekker en vir ander net plein goor.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


Kamp
Ons het ook altyd met die kinders gaan kamp met woonwa, maar net die noodigste saamgeneem, omdat ons die meeste van die tyd by die see deurgebring het met visvang en swem. Ek en Schatsie kamp deesdae net met die bakkie, 'n kazebo en tweeplaat gastofie. Dis die lekkerste. Niks gesukkel met die woonwa. Gou opgeslaan en weer afgebreek en opgepak.
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


Kamp
Hoekom het hulle nie sommer by 'n hotel oorgebly nie. Baie makliker en minder moeite.
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


Kamp
Nee beslis ek stem saam. My pa het ook n karafaan gehad en my ma het aangedring op sekere luukse ietems maar anders het ons vakansie gehou, nie die vakansie lank uitgepak nie.

Dankie vir die lekker lees.
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Kamp?
Soos almal sê, dan bly mens liewer by die huis ... of slaan die tent op die grasperk op!
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Kamp
Soos Voetspore se leier se vrou gese het: as jy kan sny met 'n lepel, vat jy net 'n lepel! Ons gaan juis oor 'n maand Botswana Delta-toe, slaap in die daktent bo-op die jeep.

Sommer gou geleer om multi-tasking, met die minimum te doen!
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


kamp
Liewe aarde...ja...as hulle al daai goed inlaai net vir 'n naweek...kan hulle maar net sowel by die huis bly. Dis darem te veel oppakkery...selfs vir 'n tweeweek vakansie :-D
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


kamp
Ja-nee kyk vandag se jeug glo ek nie kan eers kamp reg spel nie laat staan nog toepas. Dis maar ons plig as ouers om dit van nageslag tot nageslag toe te pas. Gelukkig kamp ons nog op die ware jakob manier en niks kan daarby kom want dit is tog waaroor dit gaan.
5 jaar 3 maande 2 weke 2 ure oud


Ano
kamp
Ja-nee-wat, hulle moet liefs by die huis bly en op die grasperk slaapsakke uitrol. Dit sal heelwat goedkoper wees met al dieselfde geriewe as wat hulle wil saamsleep.
5 jaar 3 maande 2 weke 3 ure oud


kamp
deur so luuks te wil kamp het seker sy voordele.. maar ek verkies die outydse manier.. sommer in n slaapsak op die tentvloer en dan daai lekker oggend moerkoffie op die oopvuur en tot laat vanaand onder die sterre met net die naggeluide as enigste musiek
5 jaar 3 maande 2 weke 3 ure oud


Dave

. . . . ek stem saam
5 jaar 3 maande 2 weke 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar