Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Slegte vry bly ‘n slegte vry en sover ek al geleer het is daar niks om dit reg te maak nie.

‘n Paar dae terug het ek ‘n boek gelees wat verduidelik het wat om te doen as jy iemand in jou lewe het wat nie lekker kan soen nie. Hulle advies was dat jy die persoon moet soen soos jy gesoen wil word. Nogal ‘n eenvoudige oplossing as jy dink die hele lewe is gegrond op daardie beginsel van doen soos jy gedoen wil hê.

Ek stem saam dat in teorie dit gaan werk maar nie prakties nie. Elke vrou se eerste vraag gaan wees “Wat, doen ek dan iets verkeerd?” en glo my as ek sê dit is nie ‘n posisie waarin jy jouself wil vind nie.

Wat my gat krap as dit by soen kom is die volgende paar scenario’s. Die ander persoon druk hulle tong so diep in jou mond af dat dit voel asof hulle jou naeltjie van enige wolletjies wil bevry.

Die ander ding is as sy haar mond so groot oopmaak dat dit voel asof jou hele gesig in haar mond gaan pas. Hoe eroties dit ook al mag klink is dit glad nie lekker nie.

Ek glo jou soen styl word gevorm met jou eerste ware soen. As jy iemand soen wat aaklig soen gaan jy ook aaklig soen.

Dit is waar ek so bly is oor die vrou wat my eerste gesoen het, Hanlie. Mapstieks ek het dit al oorweeg om Bloemfontein toe te ry en vir haar ‘n trofee te gee. Ek weet nie of haar man wel so genoeë gaan wees met die idee nie maar ek wil darem net dankie sê.

As iemand wel van ‘n manier weet oor hoe om mense weer in die kuns van soen op te ly laat my weet.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

HEHE
Wel ek het die nou gelees en so lekker gelag... ek stem. 'n Slegte vry is 'n slegte vry. Het nou die dag 'n ou gesoen, net omdat ek wou voel hoe hy soen, want dit het gelyk of hy kon... oh my word! Ek het amper gekots...skuus. Dit was asof jy 'n pap baberbek beet het. Geen passie, geen niks! Sal soek tot ek die perfekte soen kry...
9 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


kan jy iemand beter leer soen ?
ai,wat doen jy nou aan my.ek wil so graag 'n eier le maar weet nie meer waar die bel is nie.al wat ek weet jy't 'n lus loop los maak wat ek liewer onder slot en gendel wou hou.laat ek net so 'n klein wyle 'n vryheid toelaat en my verbeelding vryheid gee !ai,ai,ai !loop ek mos nou die dag 'n vroutjie raak,na 40 jaar wat my my eerste genuine oopmond soen gegee het(langs hulle swembad i jo'burg)nogal die pastoor se dogter !ek kan nie die detail onthou nie,ek was maar heeltemal styf en verskrik.maar ek gaan nou-nou bietjie le en kyk hoever ek kan terugdink.miskien,net miiskien kan ek daar bykom.ai,ai,ai !
9 jaar 6 maande 2 weke 8 ure oud


Oor SOEN en so aan ...
Ek sien toe mos vandag eers die stukkie raak wat jy al jarre terug geskryf het !! Ek stem met jou heelmondig saam !!! :-)
En ek sou nogal wat wou gee om kommentaar van jou te ontvang oor die Happie wat ek so paar maander terug geskrywe het oor dieselfde onderwerp ... ja, oor soen !! So tipe van n kort handleiding !! Hehehe !! Sal jy dit lees en vir my se wat dink jy Willem, as jy nie omgee nie !! Of lees dit vir ma by die huis, en se my wat se sy !! :-)

Lekker dag (vol soene) jou toegewens !!

L-M
11 jaar 2 maande 2 weke 3 dae oud


Ek moet byvoeg dat Bloemfonteiners baie dinge kan goed doen.
11 jaar 8 maande 4 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar