Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil graag die goeie nuus met julle deel. Die WOES digbundel vir KANSA: Brose genade is ook op Kunsweb bespreek. Ek wil elkeen nooi om na die skakel te gaan loer. Die bundel word ook nou op 300 sosiale blaaie geadverteer!

http://www.kunsweb.co.za/brosegenade

Meer oor KunsWeb

KunsWeb is 'n gratis platform vir die Afrikaanse Kuns en Kultuur, hetsy digters, skrywers, skilders of beeldhouers. Ons bied gratis resensies en blootstelling vir opkomende Afrikaanse kunstenaars aan. Ander betaalde dienste is ook beskikbaar.

Klop kuns in jou hart?

KunsWeb dien as 'n aanlyn vertoonvenster waar jy jou kunswerke GRATIS ten toon kan stel in die vorm van artikels wat deur ons kreatiewe span geskryf word. Jy is ook welkom om foto's van jou werke saam met die artikel te plaas. So gee ons aan opkomende kunstenaars die geleentheid om mekaar te ondersteun en beter te leer ken. Die artikels word op ons webwerf geplaas en deur sosiale media versprei, sodat jy jou passie vir enige vorm van kuns met die publiek kan deel.

KunsWeb beoog om 'n gesonde netwerk van opkomende Afrikaanse kunstenaars te skep, waar jy jou talente gratis met die wêreld kan deel!

Indien jy graag 'n artikel van jou en jou kunswerke op hierdie webwerf wil sien, kontak ons gerus by info@kunsweb.co.za vir verdere inligting.

Projek bestuurder
Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Korreksie, dit moet "Anze" wees. Jammer Anze
4 jaar 5 maande 1 week 3 dae 22 ure oud


Dankie
Baie dankie Aze vir die wonderlike inligting
4 jaar 5 maande 1 week 3 dae 22 ure oud


Dankie
Dankie vir die inligting Anze ek waardeer dit opreg.
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


Ano
KunsWeb
Wow. Dankie vir die inligting en vir mense soos Francois Meyer!
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


en joune kan ook!!
Ek sal ondersoek gaan instel, dankie vir die inligting.
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


KunsWeb
Baie geluk aan almal wat deel van Brose Genade vorm - wat 'n puik projek!! Geluk aan WOES en ook DANKIE dat julle so 'n verskil in mense se lewens maak.

Ek het KunsWeb gestig vir een rede: om opkomende en reeds gevestigde Afrikaanse kunstenaars te help om blootstelling te kry op 'n unieke manier. Ek is self 'n jong gepubliseerde digter en weet watter werk daarin gaan om 'n digbundel uit te bring. Ek weet ook dat dit nie 'n goedkoop proses is nie en dat die Afrikaanse mark vir kuns maar effens stil is. Ek is ook in die bemarkings- en grafiese ontwerp bedryf, daarom besef ek ook dat almal nie altyd bemarking kan bekostig nie. Daarom het ek besluit om die gratis blog diens op KunsWeb te doen, waar ons beoog om ten minste een of twee gratis blogs per week te plaas.

Ek is dankbaar dat ek reeds gevestig in digkuns en besigheid is en daarom gebruik ek KunsWeb om 'n verskil in ander se lewens te maak.

Dankie aan WOES vir die asemrowende platform wat julle skep vir Afrikaans! Ek glo dat ons saam Afrikaans na nuwe hoogtes kan neem!

Ek het verskeie versoeke vandag ontvang en sal Maandag op almal reageer. Ek sien uit daarna om almal aan die publiek voor te stel - op meer as 300 sosiale media bladsye. GRATIS!

Lekker naweek!!

Francois Meyer
KunsWeb stigter
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 23 ure oud


web
Baie dankie vir die deel van hierdie inligting, Anze. Dit klink vir my na 'n baie positiewe inisiatief. Ek sal bietjie later gaan loer :-)
4 jaar 5 maande 1 week 5 dae 23 ure oud


KunsWeb
Baie dankie.Ek het inligting aangevra.
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


Carol
Ek hoop werklik dat die WOES lede van hierdie geleentheid gebruik sal maak. Dit is wonderlike blootstelling vir nuwe of ou publikasies en word baie wyd geadverteer namens die skrywers

Ek dink veral aan al die lede wat betrokke was by die WOES skryf WOES projek... hierdie is nou jou geleentheid om jou publikasie bekend te stel aan die publiek

Ook lede wat graag n boek/bundel wil publiseer kan gerus gaan loer wat alles op Kunsweb aangebied word
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


Kunsweb
Dankie, Anze. Ek glo dat Woes en Kunsweb nou sal kan saamwerk in die toekoms. :))
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar