Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was bevoorreg om Saterdagaand vir die tweede keer aan die Kansa Aflos in Potchefstroom deel te neem. Waar ek laas jaar baie krities was oor die organisasie, wil ek die jaar graag vir die organiseerders ‘n pluimpie gee – die byeenkoms was baie goed georganiseer, dit het op tyd begin en die sprekers het hulle sê kort, alhoewel nie altyd kragtig gesê.

Voorts dink ek ook dat die Jool-plaas ‘n baie meer geskikte plek is om dit te hou. Daar was spasie om te stap, lekker groen gras en selfs die toilette was baie mooi skoon en het deur die nag so gebly.

Ek dink ook ons kan trots wees op ons jeug – ek het nie een persoon gesien wat hom/haarself wangedra het of aan alkohol vergryp het nie.

Een van die dinge wat ook laas jaar gekrap het was die onophoudelike, onsinnige en irrelevant geklets van die radio stasie se omroepers –gelukkig was die twee nie hierdie jaar darem nie daar nie – weet nie of dit aan my skrywe te danke is nie, maar die eindresultaat is wat belangrik is.

Nog ʼn ding wat laasjaar gekrap het, was die kwaliteit van die sangers/musiek groepe. Ek het nie laas jaar gedink dit kan erger gaan nie, maar my vrese is oortref.

Ek praat nie van die tipe musiek nie want smaak verskil tog en daar moet vir jonk en oud voorsiening gemaak word . As mens nou moet probeer genres uitdink vir die snert wat ons na moes luister, dan kom dinge soos Rebel Christelik, Rebel Grammatika vry, Rebel Eiesoortig, Rebel Soek die Noot, Meisie (af) van die wysie, ensovoorts in die gedagtes op.

Waarteen ek dit egter het, is die kwaliteit en /of gebrek aan talent. Hoe die kunstenaars gekeur is, weet ek nie want sommiges was so swak en pateties dat hulle nie eers toegelaat behoort te word om by hulle huise radio te speel nie, laat staan nog in die openbaar optree. Nie net het hulle musiek keuses nie by hulle (baie beperkte) stemme gepas nie, maar meeste kon nie in pas bly of op die noot en wysie nie. Van die groepe wat gespeel het, het mekaar sweerlik Saterdagaand toevallig ontmoet – van saam oefen was daar nie hoorbare sprake nie, as ek my metafoor so bietjie kan meng.

Word daar nie oudisies gehou voor die tyd nie? Ek is ‘n voorstander daarvan dat ontluikende kunstenaars ‘n kans gegun moet word om hulle talent uit te leef, maar dan moet hulle darem talent he om mee te begin! Ek glo ook ouers moet hulle kinders aanmoedig om hulle drome te verwesenlik maar sekerlik moet ouers ook hulle kinders beskerm teen hulle self belaglik maak.

Daar was ʼn paar uitsonderings maar almal met wie ek gesels het was dit eens – dit was grotendeels ‘n verleentheid en ‘n steurnis vir die mense wat vir amper twaalf ure lank daarna moes luister. En hoekom kunstenaars dink hulle is bestek ook komediante, motiverings-sprekers, ens., gaan my ook verby. Pleks dat hulle net sing, dan dink die mense darem net hulle kan nie sing nie, nou dink ons hulle is nog dom ook.

Kom aan, organiseerders – julle doen so baie moeite met die geleentheid – moet nie kort pad vat met die kunstenaars nie. As hier plaaslik dan nie talent is nie (En Shane Sit’nDroom is nie een nie)– leen ‘n klomp CD’s êrens.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar