Rubrieke

Titel: KATLIEFDE
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vriende wat ek ken het twee huiskatte. ‘n Mannetjie en wyfie kat en hulle het altyd snags saam geslaap in die huis. Die mannetjie kat is later van ouderdom dood en hulle het hom agter op hulle erf begrawe. Hulle het seker gemaak dat die wyfie kat in die huis is sodat toe hulle hom begrawe sy nie weet waar die graffie is nie. Hulle kom daarna agter dat die wyfie gedurende die dag in die huis is maar nou skielik snags begin rondloop. Dit het hulle egter ‘n tydjie geneem om uit te vind dat sy nie rondloop nie maar elke nag op die graf van die mannetjie kat gaan slaap. Dit is nou reeds drie maande na die mannetjie kat oorlede is en sy doen dit nog elke nag. Nou wat is dit anders as ware liefde. Of noem mens dit katliefde. Nie eens ons as mense doen dit nie. Dan is daar mense wat se dat diere nie ‘n siel het nie. Hoe het die wyfiekat geweet waar die mannetjie begrawe was as hy nie ‘n siel het wat na sy dood vir sy wederhelf die plek van sy graf aanwys nie?
Hoekom vertel ek dit?
Die lewe is maar kortstondig en ons word tyd daarin geleen. Somige langer as ander. Dit maak nie soseer saak wat ons in die lewe gedoen het nie, maar vir watter goeie dade ander ons sal onthou en hoe lank hulle ons daarvoor sal onthou.
Die wyfiekat het die mannetjie daarvoor onthou dat hy nie gaan rondloop het in die nag nie, nee hy het rustig by haar geslaap en sy het hom daarvoor onthou al is hy reeds drie maande dood. Dit is dalk meer as wat ons as mense doen.

DIT IS ‘N BAIE HARTSEER STORIE !!!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Katliefde
Ja, hulle het siele, die pragtige skepseltjies. Dankie vir die deel van hierdie mooi verhaal.
6 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud


kat liefde
Dis so harstseer en so mooi ...
Baie dankie dat jy hierdie pragtige bydrae met ons deel. :)
6 jaar 6 maande 1 week 1 dag 12 ure oud


Katliefde
Liefde bly liefde, mens of dier, dis 'n gevoel wat deur ons Skepper as deel van ons menswees ingeplant is. Dankie vir die mooi vertelling :)
6 jaar 6 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


...
Vir my 'n baie mooi, deernisvolle storie. Dankie!
6 jaar 6 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


kat
Ja dit laat 'n mens dink nê? Mooi neergepen.
6 jaar 6 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Ano
Kat
Ahw! Dis so spesiaal. Dis jammer dat ons mense so voortspoed asof daar nooit 'n einde sal kom nie.
6 jaar 6 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


Katliefde
Dankie vir die deel .. soms het ons nodig om weer herinner te word ook aan God se ewigdurende liefde vir ons as sondaar mense
6 jaar 6 maande 1 week 6 dae 16 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar