Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op die tempelpoort by Delphi bokant die deure van die Griekse tempel was die woorde geskryf: “Ken jouself” Hieruit spruit die oeroue wysheid dat slegs as ons na ons innerlike self kan luister sal ons geplaas word op die weg wat lei na selfbemeestering. Die Leermeester Jesus het gesê: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” en daarmee aanvaar dat selfliefde ‘n natuurlike uitvloeisel is van die lewe. Om jouself lief te hê op so ‘n intieme wyse is ook om die self op ‘n vlak te verhef van ‘n byna bomenslike ideaal. Dalk nie in letterlike terme nie maar beslis om te streef na ‘n ideaal waar jou wil belyn is met die van die God van jou hart en van jou verstaan. Die apostel Paulus het selfbeheer omonwonde gestel as ‘n vrug van die Gees. Die eerste les van jouself is om jouself te waardeer. Inderdaad is die verlede dalk besaai met foute maar dit maak self respek nie oorbodig nie. Inteendeel om jouself te beheer vereis self respek en kennis van wat binne jou beheer is. So baie maak die fout om te streef daarna om omstandighede te beheer of ander mense terwyl die vrug van die Gees onomwonde is om net jouself te beheer.

Tog is dit makliker gesê as gedaan. Want daardie self is nie so maklik definieerbaar nie. Ons speel so baie rolle wat moet voldoen aand verskillende rolle dat die werklike self soms onder laag na laag versteek word. Ek is die rol van ‘n pa wat tyd aan my kind prioritiseer maar ek is ook die rol van ‘n werknemer wat ander vereistes op my gewete plaas. Wat belangrik is, is om te besef dat beide rolle is en nie een die werklike self is nie. JY is nie pa nie en ook nie werknemer nie... beide is en bly net rolle of spieelbeelde van die werklike self. So hoe weet ons wie die werklike self is? Dit begin deur net waar te neem hoe ons optree in elke oomblik en deur te onderskei watter rol vertolk word. Elke mens het ‘n innerlike swaartekrag waarom alle aktiwiteite deel. Die geheim om jouself te ken is om daardie swaartepunt te ken en te verken totdat die werklike ek die waarnemer van al die rolle homself begin openbaar.

Ken jouself is ‘n antieke wysheid wat steeds weerklink en selfs vandag ‘n oproep is tot elke moderne mens. Want wat anders bring geluk as om net eg jouself te wees. As jy dit leef wat ander mense van jou verwag of streef om te wees wat iemand anders is dan vervaag die ware self en begin geluk jou ontglip. Ware geluk is om uit te leef dit wat jy is in wese. Soek dus daarna om jouself te vergewis van die ideale self wat jy wil wees. Streef om jou beste te wees binne jou eie uniekheid. Daar is geen ander self soos jy nie, so hoekom dan verlang om soos ander te wees. Elkeen is uniek en wanneer jy daardie uniekheid na vore bring dan begin jy werklik te leef tot eer van die Skepper van jouself.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jouself
Mmmmm...groot GROOT waarheid en 'n baie waardevolle bydrae tot die tema! Dankie.
4 jaar 6 maande 3 dae 11 ure oud


ken
Ware geluk is om uit te leef dit wat jy is in wese

Ware woorde wat jy hier neerpen. Dankie vir die deel.
4 jaar 6 maande 4 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar