Rubrieke

Titel: Kersfees
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kersfees?
Wat is dit?
O ja, Iemand se geboortedag word gevier.
Wie is hierdie iemand?? Ek weet nie en dit pla my ook nie. Al wat ek weet is dat dit tyd is om fees te vier, geskenke vir mekaar te koop. Ook nie sommer enige geskenk nie. Hoe groter, duurder, hoe beter. Ek kan nie, ek mag nie afsteek by vriende, familie en die bure nie. Gelukkig het ek 'n kredietkaart wat baaaaie geduldig is. Ongelukkig is die banke, krediteure nie so geduldig nie en sal vele vir die volgende jaar maar pap en tip moet eet om die skuld te kan delg.
Winkels maak spesiaal van soggens 7 uur tot saans 9 uur oop sodat swaar verdiende geld en bonus spandeer kan word op gemors teen spesiale kers-aanbiedings.
Kersoggend. Kersboom val om soos almal gryp, ruk en pluk om hul geskenk in die hande te kry. Papiere waai in alle rigtings. Helfte is glad nie tevrede met die geskenk wat hulle gekry het nie. Maak nie saak dat dit baaaie rande gekos het nie. Dis nie wat ek wou gehad het nie.
Iemand vra of die gesin kerk toe gaan?? Is jy stupid, of is jy mal? Op 'n Vrydag? Ons was mos Sondag in die kerk!!!
Is die piekniekmandjie gepak? Ons ry nou see toe vir die dag. Visvang, swem, braai en 'n paar lekker doppe!
Geen Kersmusiek meer in winkelsentrums nie. Dit gee aanstoot aan ander deenominasies.
Wat as Hy nie meer omgee vir ons nie? Wat as dit Hom aanstoot gee? Wat as Hy sy rug op ons draai, soos wat ons doen????



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kersfees
Dis so jammer dat dit so komersieel geraak het. Sommige mors geld en 'n paar besigheidseienaars (Ook daai van ander gelowe) skep emmers vol! Hoop julle fees was heerlik en waardevol.
4 jaar 3 maande 1 week oud


Kersfees
Dit is baie waar wat jy hier skryf Jan, die mensdom het lankal vergeet watter groot geskenk aan ons gegee is in die krip. Geseende Christusfees vir jou en jou geliefdes
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


Ano
Kersfees
Ja = beslis 'n mal tyd van die jaar! Darem is dit nou byna verby en kan ons amper weer asemhaal :-D
Mag jy 'n langverwagte, maar bruikbare artikel in jou pakkie ontvang wat nie die kaarte laat kreun het nie :-)))
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Kersfees
Geseënde Kersfees vir julle Jan
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Kersfees
Ek het my perspektief ook neergeskryf en hier geplaas . . . ja, dis jammer dat so baie nie (wil) besef waaroor dit gaan nie!
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


Kersfees
Wat verstommend is, is dat soveel aandag aan hierdie dag gewy word, geen winkel is oop om besigheid te doen nie (nêrens in die Woord lees ek 'n datum van Sy geboorte nie). Kom dit by die Kruisiging van ons Verlosser word Hy eerste vergeet, want dit heet nou mos paasfees wat nog 'n ander heidense dag is (Nêrens lees ek ook in die Woord van hierdie gruwel nie).

Ek sal dit waardeer wanneer iemand dit vir my in Sy Woord sal bewys.
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar