Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jood, Hindu, Boedhis, Moor en Mohammedaan vryf hulle hande in afwagting op die inkomste wat weereens hierdie jaar uit een van die grootste Christenfeeste gegenereer gaan word. Maar, in die proses propageer hulle natuurlik geen geloof in die “Bethlehemskind” nie. Om hulle eie gewete te stil, sal daar bloot verwys word na X-mas in al die “X-mas Specials” wat elke dag uit die dagblaaie uit val. “Save hundreds this X-mas – buy this Flat Screen TV for only R11,000.00 and save an amazing R500.00”, “Buy a wheelbarrow for the man in your life this X-mas and get this pair of pruning scissors for free”, “Koop twee sakke sement vir Kersfees en kry ‘n troffel absoluut gratis”.
 
 In die stad van Koning Dawid....
 
In die supermarkte, drankwinkels, hardewarewinkels, meubelwinkels, musiekwinkels, ens. ens. word die koperspubliek al van middel November af gebreinspoel om vroegtydig te koop, “Moenie wag tot die dag voor Kersfees nie, beplan jou inkopies vroegtydig”, “Spesiale terme. Koop nou en betaal jou eerste paaiement eers in Februarie”. In die agtergrond sing Mariah Carey, Britney Spears of ander bekendes hulle weergawes van populêre kersliedere tussendeur blikkerige aankondigings van “Amazing specials at our toiletry department”.
 
Away in a manger....
 
Selfs die tydskrifte se artikels is Kersfees georiënteer. “Moet ek my vriend/vriendin of man/vrou na my kantoor se Kerspartytjie toe neem?”, “Wys meer been hierdie Kersfees”, “Hang bietjie uit vir Kersfees”, Is jou klerekas op datum vir Kersfees?”, “Hoeveel is jy bereid om Kersfees te spandeer op die liefde in jou lewe?”.
 
Die Heiland is gebore....
 
Die sangers en sangeresse bly natuurlik ook nie agter nie. Hierdie tyd van die jaar word gefokus op dinge soos: “Kurt Cobain’s Ultimate Christmas Collection”, “Abel Swart se Kersfees Gunstelinge”, “Groot Afrikaanse Kersfees Treffers deur drie-en-dertig Afrikaanse sangers”, “Santjie Knoetze en die Knypkeelkwartet sing tradisionele Kersfeesliedjies”.
 
Stille Nag, Heilige Nag....
 
Moenie die kaaltydskrifte weggooi nie. Op elke voorblad pronk ‘n anoreksiese, silikonvergrote modelletjie (all our models are 18 years or older) met haar botox-opgepompte lippe in niks behalwe Krismisvader se rooi en wit kepsie en ‘n blinkertjie so hier en daar nie. “How to cheat on your partner this Christmas”, “How to make love to four people at the same time during the office party”.
 
Slegs Maria, geseënde vrou....
 
Drank bly natuurlik glad nie agter nie. Te midde van die Padveiligheidsowerhede se pogings om die dood in die feesseisoen van die paaie af te hou word miljoene deur die drankmaatskappye gespandeer om te verseker dat elke huishouding in Suider Afrika, willens en wetens, ten minste twee ekstra bottels drank aankoop. “Drink ‘n glasie saam met jou geliefde op Kersfees”, “ Kry hierdie unieke glas saam met elke bottel Meteish wat u koop”, “Ensure that you don’t run out of liquor this X-mas”, “Make use of our once-only beer offers this Christmas”, “Let Santa bring you a bottle of the finest Cognac, now available from our fifty outlets throughout the country.”
 
bring aan God die eer....
 
Die hooggeleerde leiers van die kerk redekawel nog vir oulaas oor die onwaarskynlikheid van ‘n maagdelike geboorte, of die stal werklik ‘n stal was, die presiese hoeveelheid wyse manne asook die simboliek van die goud wierook en mirre. Die inhoud van die Bybel is met die laaste Sinodesitting in elkgeval so totaal uit konteks uit bevind dat weinig van waarde oorgebly het om nog oor te preek (... ons moet dit altyd lees in die konteks van die tyd waarin dit geskryf was). Alles onder die son is bowendien geoorloof solank jy net vooraf daaroor bid en mediteer. Ahummmmm. Kersangdienste word sorgvuldig beplan (met gehuurde sangers en musikante van naam) vir die laaste Sondag voor die skole sluit sodat die prediker, dominee, pastoor of priester vroegtydig kan wegkom om by sy/haar luukse vakansiehuis by die see te gaan ontspan. En, dan bid ons vir oulaas vir die armes en die eensames voordat ons huis toe gaan om verder te beplan aan ons vakansie.
 
Eer aan God in die hoogste hemel....
 
Terwyl sjampanjeglasies om middernag geklink word en derduisende rande se geskenke (waarvoor vroegtydig oortrekkingsfailiteite of ekstra krediet op die kaart gereël is), onder kunsmatige kersbome met kunsmatige glimlagte aan mekaar uitgedeel word, dink ons solank aan die Kersete.
 
Vrede op aarde in die mense ‘n welbehae....
 
Lucy en Maria (hulle man en kinders in ‘n sinkhuis êrens in die “Townships”) spook al van vroegoggend af (julle moet tog vroeg kom, ons kry gaste) om alles betyds reg te kry. Die kinders sit verveeld onder die kersboom en speel met die boksies waarin hulle “state-of-the-art” speelgoed gekom het. Na die ete, as ons keunend onder die vrag eksotiese kos en half besope van te veel wyn wegwaggel om ‘n uiltjie te gaan knip, ruim Lucy en Maria op om daardie namiddag laat ‘n bus te probeer haal huis toe. Elkeen met ‘n roomysbak oorskietkos en ‘n sak goedkoop toffies en koekies as “krismisboks” in die hand. En, al wat oorgebly het van die Seun van die Oppermagtige God in hierdie Kersfeestyd, is ‘n rooigesig, boepens Kersvader wat dronk op ‘n bankie in ‘n park sy roes lê en afslaap.
 
Hêppie, Hêppie ....
 
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ten minste
Nog 'n Jood, Bob Dylan, het gesingsê: "The times they are a changing". Die swartgallige benadering is darem net een kant van die storie. Nes die sabbat was kersfees ook maar seker gemaak vir mense en nie mense vir kersfees nie. Ten minste vier al die ander mense dan ook 'n fees wat sy oorsprong aan een kant vanuit die Christendom het terwyl Christene nie sommer iemand anders se feeste vier nie. Ek skat dis al 'n goeie begin.
9 jaar 1 maand 1 week 6 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar