Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nou terwyl ek so die letsels bekyk
Toe kom een met ‘n hartsee pyn by my op
My eerste kaskar....

Nou kyk vir meisies was seunsgoed taboe
Maar omdat ek altyd vir Pa so mooi gehelp het
daar in sy garage en eintlik maar vir ma bietjie
Geignoreer het – veral as sy begin metd daai gemoan van aartapels skil en wasgoed ophang.
(Afterall – Pa het moes niemand wat vir hom kan
Spenners aangee nie – en as hy so onder die
Ou Ford Fairlane moet in en uit - .....)
Besluit Pa toe ek verdien ’n kaskar.
Daar word weke aan die bokskontrepsie gewerk
Aan die as word my ou fiets se wiele getimmer
Die stuur plank word mooi afgewerk en die gate vir die stuurtou
Netjies rond geboor en geveil sodat daar nie te veel wreiwing kon wees wat dalks mens op ’n ongelee tyd in die steek kon laat nie.
“n ou stoel kussing wat Ma al lankal uit die huis gegooi het voor die sitplek. En 'n regte wafferse stuurwiel - alhoewel dit net vir Show was...
En die tjerrie op die koek was die “trimmings”
Pragtige silwer versierings vir liggies en ”badges” het die
Pronk stuk netjies afgerond.
Kyk die laaities van die buurt was behoorlik donker-groen
En ek die trotste eienaar.

MAAR ... daar was net een vereiste toe Pa die kar aan die nuwe
Eienaar afgee – sleutel en al.
“Ek soek jou nie in die straat nie – Buckingham is die besigste en boon-op die hoof straat
En ek wil jou nie onder ’n bus of ’n ding loop uithaal nie –GEHOOR”
Met ’n vinnige “JA Pa- is ek vort om die kar sy eerste toetsrit te gee.
En was dit nie ’n maidenvoyage nie – Die wind deur my hare
Die gewoer van rubberwiele – en die stof wolk wat ek agterlaat...
Seuns se verwonde ego’s en jaloerse kyke – die laat ek sommer net
daar in die stof agter – en ek voel voel vry ...invinceble ...

Daardie aand slaap Kar mooi toe gegooi langs die Ford in die garage.
In my drome jaag ek en Kar deur die vlaktes en strate
Verken nuwe werelde – jaag dat my twee dun vlegseltjies stokstyf reguit in die wind agterna vlieg.....
Die volgende dag kan ek nie wag om met lap en emmer Kar sy eerste was te gee nie.
Daar blinkgoed moet mos hoeka ge”polish” word..... Oppadwerk toe laat Pa my in sy heiligdom om Kar se blinkgoed met Brasso op te vryf.
“Onthou om die chammie mooi uit te was en droog in sy kassie te bere “ – roep Pa toe hy om die hoek verdwyn.....
Kort voor lank staan Kar in die oggend son en blink. Ek hoogs tevrede met my aarbeid resultate. Maar aai so ’n vinnige paar draaie kan mos nie kwaad doen nie. En met een vel afknie op die agterste bumper – stoot ek met mening om darem spoed te maak.
Ongelukkig staan die voor hek waawyd oop. Die lekker lang afdraand hek toe- het mooi spoed op gebou en Kar gly soos ’n wafferse Formule 1 gedoente die sement pad af.
Voor ek nog mooi kan besef wat kom is die teerpad voor – en dis hier waar die Duiwel aan ’n arme onskuldige kind se gemoed kom peuter.
En voor redelikheid bo waaghalsigheid kan uit troon en gehoorsaamheid inskop bo avontuurlus – vlieg ek en Kar met ’n kaapse draai uit die werf – straat op.....
So met die opkyk gewaar ek vir Ford met Pa agter die stuur pad-af kom. En tot vandag onthou ek sy wydgesperde blou oe oor die Ford se stuurwiel....
Onmiddelik was my agterstewe vuurwarm en met my en Kar op sleeptou agter Pa aan terug jaart toe word ek geskrou van Moses tot by die wederkoms ... By die garage aangekom gryp Pa die hout byl en jy sien net stukke waai soos Pa vir Kar op kap tot ’n lewelose bondel vuurmaak hout.... Met elke byl slag krimp ek ineen en snik ek tot binne in my verwonde siel.... Trane spoel oor my wange – en nie vir myself nie – maar vir my Kar... my Beminde Kar....!!!!.
En toe die laaste doodsnikke van die sage uitgespeel het .. Pa se woede tot bedaring... en ek verby troos, of dit nou vir my eie beswil was of not..... besef die kinder hart ... ge”scar” sal ek my lewe lank bly ........En hier is die DUIWEL die skurk en aanspreeklik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar