Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My GROOTste pak

Ja, dat mens sy eerste groot pak so helder kan onthou ..
Ma se pakke was gewoonlik minder erg –
Ons het selfs mettertyd immuun daar teen geraak.
Die koggel en rond spring oor die bed sodat sy jou nie kon vang nie het amper ’n speletjie geword.
As Ma gese het –“Kamer-toe – dan het jy kamma-kamma langlip gegaan.
Maar as Pa gese het "KAMER TOE “ –
dan het die oordeelsdag aangebreek.
Nou kyk Pa was nie ’n monster of ’n kindermishandelaar nie.
(Alhoewel – met vandag se denkwyse – wie weet.)
As Pa vir jou gekyk het .... aai
Daai kyk het gewoonlik alles gese..
Dit het jou die hel en vuur van ’n verdoemde lewe toegesnou
Sonder ’n woord kon hy jou tot trane bring.
Daai ys blou oe .....Dis ‘n kyk wat jou vinnig in jou spore laat retireer het.

Die dag as pa die bree swart broekbelt gevat het ..
Dan het die aarde vergaan
Jy het bietjie-bietjies begin bibber en heilige gedigte opgese.
So dan ... om nou by die storie te kom van my eerste pak
Ek was 6 jaar ou ... en al goed kontant daar in Pa se garage.
Van spenners aangee en kar werk doen – nou dis nou dinge soos die pedaal trap om die brieke
Te bloei – (groot verantwoordelike werk daai) As Pa se “Trap” dan trap jy. As hy se “Los”
Dan los jy – en geen verkeerde trappe word geduld nie.
Of check of die “fliekers” werk . Die was ek al mooi gekonfyt in.

Nou terwyl mens dan goed gevorderde “makeniek”is
– dan kan mens seker dan maar die bestuur van so gawe Austin mos ook aandurf.
Mens kan hoeka bestuur as jy so gereeld op Pa se skoot dan die stuurwiel en die pad
Genegotiate het – en hy jou pryse met “mooooiiii soooo – bietjie diekant toe “

Sondag middag slapies vir groot mense was heilig. Die dat ek
nie vir Pa loop bodder het oor die bestuurdery nie.
My tone die raak nie onder op die pedale
nie so sit op die sitplek is uit. Om dan nou die pad te kan sien waar ek moet ry,
is die beste om regop te staan sodat ek oor die stuurwiele kan sien.
Die Austin’tjie purr soos ’n jong katjie wat aan sy ma suip en ek is reg vir vertrek.
Stadig rukkerig kom die tjorrie in beweging. En ek kan hoeka nie verstaan hoekom die
Masjien so loop en ruk en sluk nie – As ek op Pa se knie sit verloop dit baie vlot.
Met ’n hak en steek, hoes en proes en bokspringery vorder ek darem so klein entjie.
Skielik onthou ek – die ding kort seker vet..
En trap daai pedaal met mening .

Nou ja toe ek weer tot my sinne kom is dit met ’n knop aan my voorkom en Pa wat
Oor my toring.... En julle daar was donderweer en bliksem strale op sy gesig.
Na die eerste skok oor was en almal asem kon skep, is ek aan tou, en met Pa se bree broekbelt
Huistoe ge”escourt” – Ek het opgehou teling hou na die 4 de hou ..
En was net dank vader bly toe ek in die doodse stilte in my kamer my “wonde” kon loop lek.
Wat gevoel het soos ure later toe dit reeds stik donker om my was, het ma ingeloer.
Sy het Milo gebring – warm en soet om die kind te lawe. Die knop aan my kop het skielik verwoede begin pyn, en haar simpatie en troos het my nog dieper in die verdried gedompel.... Later onthou ek dat sy my mooi toegevou en nag gesoen het. En my laaste gedagte was dat ek Pa nooit weer wou sien nie....
Hy kon maar daai stupid Austin stiek... Die ding was in elkgeval bevoeterd en van die duiwel besweer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar