Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ja - hulle soek knaend liefde - en as hulle dit nie kry nie dan vat hulle maar vir hulself - al is dit dan nou ook surrogaat liefde -
Nou sal jy liewe leser heelwaarskynlik die frons plooie tussen jou oe na 4 dubbel vergroot - van wonder en peins oor die affere.
Maar laat ek jou vertel
Mienkie en Max is 2 Boerboel kinders oppi werf. Self het ons hulle groot gemaak en deur die alewige bosluis koors en ander skete soos wurms, parasiete, oorgoggas en "vliee op die neuse" sere en al die ander bose swere en geite wat maar met elke dier saam gaan hulle uiteindelik nou op die woelige 6 maande staduim gekry -
Max is 'n mollige replika van Jogi Beer - en flop homself neer met 'n groot gesug net waar hy homself bevind, en is dood te vrede met sy wereld. Hy waggel met sulke boud-swaai bewegings wat enige "Latin-dancer" bewoe sal laat. Maar Max is happy . Come what may.....

Mienkie daar in teen is die roekelose, avontuurlustige ontdekker van k ..k. As daar iets onheiligs broe kan jy maar seker wees iewers het sy 'n vinger in die pie.

Nou ja - nou die liefde ding. Ek is nou heeltemal daarvan oortuig dat Mienkie met my 'n vurige liefdes verhouding het - as sy my sien dan word ek van bo tot onder gelek en gesoen tot ek naderhand netso nat en vuil soos sy is. Maar die cherrie op die koek was maandag nag.

Woolies het oulike nuwe bloese en die swart nommertjie met die langmoue het my al te aardig getempteer - soveel dat ek maar gedwee aan die drag toegegee het en ewe "grand" die winkel uit is met die nuwe treffer vir my klere kas.

Tuis was die lieflike nommertjie sorgvuldig handgewas en ge"stasoft." Toe is dit draad toe vir "drip-draai" soos die aanwysings dan nou voorstel.

En omdat maandag 'n riller was en die wasgoed al die naweek afgehandel het swartnommertjie per abuis om die draad bly hang.

Dinsdag oggend met eerste lig moes ek toe die spektakel op my nugtermaag aanskou - en dit boon-op voor my eerste koffie. Mienkie het haarself 'n nuwe liefde loop soek in die vorm van ma se nuwe bloes.
Sy het lettelik die stukkie haar eie gemaak en dit speels in die lug in gegegooi en rats gevang en self daarvan 'n leplek gemaak - Hoog in haar skik begin sy dan sommer ook liefderig nie ou bloesie lek en kou - minne sang van 'n nuwe liefde.

Ma se reaksie en die onmiddelike geraas en dinge was nie vir die honne brein verstaanbaar nie - so sy het maar haar nuwe pel gevat en druipstert in die honnehok loop le. Salk van beide kante en die afwesigheid van die lekker oggend "treat" het ook die honde hart erg onstel.

Ma is toe maar terug Woolies toe - oe toegeknyp en die laaste nommertjie van die rak gaan gryp - en nou

Spog ma met haar eie bloesie en Mienkie met hare -
en Ns - Mienkie en bloes is onafskeidbaar .... suggggggg..... Ai wat 'n hondewereld.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Ja nee, dit is sowaar mooi. Jy het dit baie goed beskryf. Ek het dit geweldig geniet.
12 jaar 8 maande 4 dae 10 ure oud


Ek beaam
Sowaar ek beaam, 'n gawe Happie en stuur 'n foto van julle twee met julle se hempies aan. Ek weet darem nou nie of ek so vergewensgesind sou wees as dit my nuwe hemp was nie.
12 jaar 8 maande 4 dae 21 ure oud


Ag moeder ..
Haai, weet jy ... ek stem saam met Johanna, ek kon die hele affere voor my sien afspeel.
Jy se Mienkie is mal oor haar bloes ... nou kan ma en dogter dieselfde lyk....

Baie lekker om weer iets van jou te lees, bv.
12 jaar 8 maande 5 dae 2 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar