Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In Hooglied 2:15 lees ons: Vang julle vir ons die klein jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei. Hierdie teks het dan ook 'n Afrikaanse spreekwoord geword.

Alle gelowiges sit met sulke klein jakkalsies in hulle lewens wat voortduend allerlei struikelblokke voor hulle geloofsdeure kom plaas. Hierdie klein jakkalse verskil van persoon tot persoon.

Die vraag hier is: Aan wie word die opdrag gerig? En wie is die jakkalse wat die wingerd wat in bloei staan, verniel? Die Woord leer dat Jesus Christus die wingerd is en in Hom, ook die ware gemeente in Christus reg oor die aarde. Dat die wingerd in bloei staan, dit wil goeie vrug dra, maar word gedurig deur die klein jakkalse (Satan werkend deur mense) verhinder. Gelowiges kry die opdrag om op te staan vir hulle geloof in Jesus Christus. Jesus belowe dat as ons, ons nie vir Hom skaam nie, Hy hom ook nie vir ons sal skaam voor sy Vader, waar Hy gedurig vir ons intree nie.

In Rigters 19 lees ons 'n gruwelverhaal. Net so erg as die eeu waarin ons leef, se daaglikse TV nuus:

'n Levitiese man het na Betlehem-Juda gereis om sy byvrou by haar vader te gaan haal. Sy skoonpa het hom goed ontvang en hom oorreed om vir vier dae oor te bly. Op die vyfde dag vertek hy teen laat middag terug na sy huis. Alreeds laat, wou hy nie uitdraai na Jabes toe waar heidene woon nie, maar stoot hy aan tot by Gibea wat aan die Benjaminiete behoort het, om daar te vernag.

'n Ou man uit die gebergte van Efraim sien die man op die plein en nooi hom na sy huis. Terwyl hulle vrolik kuier, omsingel slegte manne van die stad die huis. Hulle eis dat die eienaar die man moet uitbring sodat hulle hom kan beken. Die ou man pleit by die bose manne om die Leviet te los en bied sy dogter en die man se byvrou vir hulle aan.

Toe die manne nie na hom wou luister nie gryp die Leviet sy byvrou en gooi haar uit. Die bose manne het haar beken en die hele nag deur mishandel. Teen dagbreek val die vrou neer voor die ingang van die huis waarin haar heer was. Toe hy die volgende oggend die deur oopmaak, le sy daar met haar hande op die drumpel. Hy beveel haar toe om op te staan, maar toe sy nie antwoord nie, laai hy haar op sy esel en neem haar terug na sy huis. By sy huis neem hy 'n mes en sny haar volgens haar gebeente in twaalf stukke en stuur dit na die hele grondgebied van Israel.

Elkeen wat dit sien se: So iets het nog nooit gebeur vandat Israel uit Egipte getrek het nie. Neem dit ter harte en spreek. Die uiteinde van die verhaal is dat Isael teen die stam Benjamin uitgetrek het in oorlog. Nadat hulle baie manskappe verloor het, oorwin hulle Benjamin uiteindelik in 'n hinderlaag. Daar het net seshonderd Benjaminiete, wat na die woestyn, die rots van Rimmon, gevlug het, oorgebly.

Die vraag hier is: Waarom staan daar sulke negatiewe en gruwel verhale in die Bybel opgeteken? Die antwoord is sodat ons lesse daaruit kan leer. Dit bring ons by die televisie. Dag vir dag sien en hoor ons van gruwels wat dwarsoor die wereld plaasvind. Moet ons, ons televisies afskakel om ons te beskerm teen negatiewe nuus? Die feit bly, dit is die wereld waarin ons leef.

Om kennis te neem van nuusgebeure gee vir ons die geleentheid om voorbidding te doen. Soos bv. wanneer daar 'n orkaan op pad is, of 'n meteoriet bo Rusland gaan ontplof begin gelowiges dwarsoor die wereld te bid. Opregte gebed in geloof het oneindig baie krag en kan God die tornado laat afneem sodat daar feitlik geen skade aangerig word nie. As gelowiges moet ons lig juis oral in die wereld skyn, moet ons, ons na gruwel tonele haas om bystand te verleen. Soos tydens die inmekaar stort van die Trade Centre in Amerika, het daar baie helde na vore getree.

Nou, die klein jakkalse in my lewe wat my wingerd probeer verniel. Die misbruik van die Here se Naam en naakte en seks tonele wat ongesensor op TV deurgelaat word. Moet ek nou ophou kyk na goeie rolprente wat 'n goeie les inhou? Moet ek ophou kyk na talentkompetisies waar mense se gesprekke deurvleg is met my Here se Naam. Hier in my stad gebeur dieselfde, maar kan ek immers mense daarop wys dat hulle dikwels onwetend die Here se naam onteer. Hier kan ek opstaan vir Jesus Christus en my geloof. Maar oor die TV is die sondebokke onbereikbaar. Elke keer wanneer my Here se naam misbruik word is dit soos 'n dolk deur my hart. Intussen het ek my strategie teen die Duiwel verander. Hoewel ek die mense nie ken nie, bid ek vir hulle. Bid ek teen die Satan se bose werk wat mense vir homself inpalm.

Waarom is dit net Christene se Drie-Eenheid wat aangeval word. Dit is die stryd tussen die lig en duisternis. Dit is die Naam wat Satan haat, die naam teen wie hy veg, en so dan ook teen die gelowiges in sy Naam (Op 12:17).

Maar waarom is Christene so traag in hulle geloof. As driekwart meerderheid Christene waarop Suid-Afrika roem, neem ons maar verlief met die Publikasie Raad wat nie ons geloof respekteer nie. Islam sal nooit toelaat dat Allah of Mohammed se Naam ontheilig word nie. Hulle sal die roprentvervaardiger summier teregstel. Christene vergeld nie kwaad met kwaad nie. Maar is daar baie ander metodes wat hulle kan volg om vir hulle reg op te staan. Die Christelike tydskrifte was gou op Woolworths se rakke terug, toe gelowiges met 'n boikot begin het. Ons is 'n demokratiese land. Ook ons het die reg dat ons geloof respekteer sal word.

God werk nooit met 'n massa nie. maar met 'n klein Gideonsbende. 'n klein Bende wat die klein jakkalse wat ons geloofswingerd opvreet, sal vang.

Gideon, is jy bereid om op te staan vir God se Naam in sy volheid van Vader, Seun en Gees?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jakkalsies
38 Jaar gelede met ons troue was die boodskap. Hou die klein jakkalsies uit jul huwelik.Die huwelik hou nog steeds.
6 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Klein Jakkalsies
Dis so waar, ons moet die jakkalsies nek omdraai voor hulle aantee. As jy eers iets klein toelaat word dit wat jy toelaat later groot. Dankie baie waar ek het lekker gelees.
6 jaar 7 maande 3 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar