Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Almal ken iemand wat uit die bloute gediagnoseer is met ‘n lewensgevaarlike siekte. Ek het al verskeie geliefdes verloor… So-ook het vele ander.

Maar dit hoef nie te wees van ‘n tekort aan fondse of die skenking van die nodige organe/ bloed/ murgbeen nie.

Die “Sunflower Fund” (sunflowerfund.org.za) probeer alle Suid-Afrikaners help om te veg teen lewensgevaarlike bloedsiektes. Nie net maak hulle seker dat almal bewus is daarvan dat jou eie bloed tot jou dood kan lei nie, maar dat die nié noodlottig hoef te wees nie.

Tussen al die goed wat hulle doen, lê Nasionale Bandana Dag (2000 – 2015) my die naaste aan die hart. Miskien omdat dit my ‘n bietjie nostalgies maak: op een van die eerste bandana dae het my alma mater – elke liewe person daar – ‘n bandana gedra en tot by die naaste PicknPay as ‘n groep geloop en alle verbygangers bewus gemaak van Nasionale Bandana Dag.

Sedertdien koop ek getrou my bandanas elke jaar.


“Koop jou bandana by PicknPay of Round Table en dra dit met trots op Nasionale Bandana Dag, 12 Oktober 2015.”


Elke jaar se bandanas het hul eie ontwerp en kleure. Dit laat my elke jaar voel asof sonneblomme in meer as net geel-en-swart kan voorkom.
Die kreatiewe sy van my het hierdie bandanas tot nut gesit. Tafeldoeke, servette, kopdoeke, stofkeerders vir my rekenaar en selfs bloese sien kleurvol daaruit. Hierdie jaar was ek meer ambisieus en het ‘n rok gemaak.


“Bandana dag is ter ondersteuning van pasiënte gediagnoseer met leukemie en ander lewensgevaarlike bloedsiektes.”


Jy weet nooit wanneer ‘n lewensgevaarlike siekte by jou gediagnoseer kan word nie. Ondersteun dié wat jou (of ‘n geliefde) eendag sal ondersteun. Deel ‘n bietjie van jouself…

Jou troeteldier kan ook hierby baat. Neem ‘n foto van jou diertjie met die 2015 bandana aan – wees kreatief! – en plaas dit op facebook en deel dit met almal. Onthou om “the Sunflower Fund” se bladsy te “like”. Epos hulle dan om seker te maak dat hulle weet van jou. (Al die inligting is op hulle webtuiste.)
Tussen al die kos- en spa-pryse wat die wenner ontvang, is ‘n foto van Woefie in ‘n R25 bandana nie te veel gevra nie.
(Geborg deur: Hill’s Pet Nutrition, MediPetSA, Panorama Group, Pet Clippers, Royal Paws Mobile Grooming Spa en Zana Products.)


Volg Nasionale Bandana Dag op sosiale media. #BandanaDay2015 (op instagram / tumblr / twitter)


Komaan, deel ‘n bietjie en red ‘n lewe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jouself
Dankie dat jy ons weer 'n slaggie inlig hoe maklik dit is om van jouself te gee. Sal darem graag n foto van daai rok wil sien. Myne is omskep in 'n peak-cap.
4 jaar 2 weke 6 dae 21 ure oud


Sonneblomme
dankie vir die deel Ronel
4 jaar 3 weke 2 dae oud


sonneblomme
Dankie vir die interessante deel
4 jaar 3 weke 2 dae 16 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar