Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kon nooit vir lank iewers wortel skiet
was nie vir lank beperk tot een gebied
omstandighede het dit, as kind, ingelei
dat ons kort-kort op 'n ander plek sou bly

gebore in Pretoria, dikwels weer ingeloer
draaie deur die Vrystaat, jare daar rondgetoer
Bethlehem, Harrismith, Ficksburg en Welkom
op Kransfontein my aanstaande teegekom

verplasings al om die tweede of derdejaar
kinders se skool loopbane was ietwat swaar
slim genoeg was hulle, onderskeidings behaal
leer was nie eintlik by ons familie 'n kwaal

vanaf Pretoria, Potchefstroom na Benoni
Vanderbijlpark, Vereniging, wil nie ophou nie
toe beland ons in die Oos Transvaal, Tzaneen
daar goed vasgesit vir meer as 'n jaar of tien

my harte hemel, al het die son ons so verbrand
die mooiste plek vir my, my tropiese blomme land
kinders kon gevestig raak, vastrapplek hê
geluk en rustigheid in ons harte kom vas lê

tog was het einde niet, bevordering het opgedaag
terug na die Jakarandstad, na 'n lewe van gejaag
die dood het rustig saamgetrek, stilweg gekuier
gereelde waarskuwings gebring, afwagtend geluier

ontydig toegeslaan, was nie hierop voorbereid
met 'n kishou geslaan, gedink ons het hope tyd
weereens 'n Israeliet, van bakboord na stuurboord
as enkelma moeilik om plek te vind waar jy hoort

gelukkig het werk meer stabiliteit aan my besorg
tot my aftrede dag, was vastrapplek gewaarborg
in September die jaar, my laaste skuif gemaak
dié swerwerskind het nou langsaam moeg geraak.

09/12/2010 Joan Lotz





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Swerwerskind
Ja, dis mooi... weereens. Hulle sê mos waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Eendag gaan jy ook rus vind vir daardie vlugtende siel.Vasbyt vrou, vasbyt. Mooi geskryf!
8 jaar 6 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


SWERF
Of so dink jy, en wie sal weet? Het self so geswerf. Nogal opwindend, dink ek, kyk waar het dit my nou laat beland. Begin al klaar weer kriewel. Goed beskryf.
8 jaar 6 maande 2 weke 2 ure oud


Swerwer
Die fisiese deel van swerf staak
Skrywers is geseënd
Geestelike swerf staak nooit!
Jou skrywe is die voorbeeld.
Ons swerf tot...
Die deksel toeklap!
8 jaar 6 maande 2 weke 6 ure oud


Knipoog van 'n swerwer
Baie mooi verwoord
9 jaar 2 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


baie in 'n kort gedig vertel, so treffend, perfek uiteen gesit, bly oor mma se nuwe hawe, huwe begin, hoop die swerwer het nou haar siel en tuiste gevind, home sweet home.
pragtig mma, liefies xxx
9 jaar 4 maande 14 ure oud


En dit was ook lekker jare nê...hoop jou skip gaan goed vasgemeer wees in daardie hawe! Luvvies
xxxxxx
9 jaar 4 maande 1 dag 3 ure oud


'n leeftyd in 'n vers... wat 'n vol lewe... 'n volwaardige reisiger...
9 jaar 4 maande 1 dag 14 ure oud


Nou is daar trane in my hart.
*GROOT hug* vir jou swerwers-mens.
..en nou droog my woorde op.


( Een van jou heel beste werke...hierdie lewensverhaal-swerftog van jou...)

♥ ♫ ♥ ♫ ♥
9 jaar 4 maande 1 dag 16 ure oud


kinders is gelukkig baie resillient en solankk daar genoeg liefde en kos in diehuis is kan hulle enige iets deurstaan. Mooi geskryf Ma-lingi!
9 jaar 4 maande 1 dag 22 ure oud


Ek het ook so baie rondgetrek agter werk aan. Nooit langer as 3 jaar op een plek gebly nie. Dit was vir my nogal 'n avontuur, en al die mense wat jy leer ken! en agterlaat! Jy het dit baie mooi opgesom met jou gedig.
9 jaar 4 maande 1 dag 22 ure oud


Knipoog van 'n swerwer.
Wat 'n besonderse wyse om 'n lewensverhaal onder rym te bring!
die ontberings, die soet en die suur en die hartseer...
Baie goed gedoen, Joan!
9 jaar 4 maande 1 dag 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar