Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis met ‘n swaar hart dat ek moes aanhoor dat WOES haas tot ‘n einde kom. Ek dink WOES was vir baie van ons as skrywers soos ‘n koel lafenis in ‘n dorre woestyn. Ek onthou nog baie goed hoe ek jare terug WOES ontdek het en hoe opgewonde ek was om van my skryfsels op die webwerf te publiseer. Ek het as’t ware my slyptande op WOES geslyp. Vandag het ek ‘n blink skryfloopbaan en is ek uit my hart uit dankbaar vir my wortels wat diep geanker lê op WOES.

‘n Hoogtepunt vir my is die uiters suksesvolle WSW 2015-projek – ‘n uitgewer het my inskrywing, Die Roofdier, raakgesien en besluit om dit te publiseer. Die bekende en beminde meesterskrywer, Paul C Venter, het ondermeer op fb die volgende oor my boek te sê gehad: “... ek glo (Ray) Bradbury sou applous gegee het vir die vernuftige wyse waarop Louise Viljoen die lewe van 'n mooi maar doodgewone groenteboer in 'n baie ongewone nagmerrie verander. Spanning word flink en met mening gebou. Ek gaan niks weggee nie, lees self, die ontknoping van Die Roofdier is die moeite werd. Persoonlik wens ek die storie was langer, die skrywer maak mens gulsig vir nog. Gaan koop Die Roofdier en help wetenskapfiksie om weer sy plek in Afrikaans terug te kry. So 'n boek hoort op jou rak!”

Hemelse woorde vir enige skrywer – alles danksy die WSW 2015-inisiatief. (Vergeef my dat ek skaamteloos spog, maar dis wat WOES so besonders gemaak het – ons kon ons skryfsuksesse met mekaar deel! Bestel Die Roofdier by Thompson Boekdrukkery vir slegs R19.60 vir die eBoek en R104.70 vir die gedrukte boek.)

Ek wil hiermee vir Willem Gous, Carol Williams, Anze, Lynette en die res van die span bedank vir die onverpoosde ywer waarmee hulle gewerk het om van WOES die reuse sukses te maak wat dit is. Ek groet WOES en al die woestelinge met ‘n swaar hart, maar ...

... ek het ook opwindende nuus!

Ek en Carol Williams beplan, in ons private hoedanigheid, 'n een-stop webwerf waar ons gereeld opwindende skryfprojekte wil loods met die doel om skrywers die geleentheid te gee om met hulle talente te woeker Dit sal ook 'n een-stop webwerf wees waar skrywers sakpas skryfdienste kan bekom.

Laat gerus in die kommentaarblokkie jou e-posadres as jy graag op hoogte gehou wil word van wanneer die webwerf aktief gaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hallo
Dit was 'n reuse voorreg om deel van WOES te kon wees.
mcmillan@absamail.co.za
3 jaar 8 maande 6 dae 22 ure oud


Ano
Hallo
Mmmm. Sal dit bietjie moet ondersoek, of hoe? :-D
floksie@telkomsa.net
3 jaar 8 maande 2 weke oud


Carma
countrycraft@telkomsa.net
3 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


dankie
Neels.claasen@vodamail.co.za
3 jaar 8 maande 2 weke 2 dae oud


Dankie
Baie dankie, Arnold en Carol. Sterkte met julle eie skryfwerk ook. Julle kan!
3 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


Koebaai WOES - Hallo Toekoms
Geluk met jou prestasie en mag daar nog vele uit jou pen vloei.
3 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


Louise
Baie dankie aan jou. Dis mense soos jy wat woes so spesiaal gemaak het. Alles van die beste vir 'n blink toekoms as skrywer en ja ... jy beter jou GAR (Groot Afrikaanse Roman) uit die hoed uit pluk. :)))
3 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar