Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons laaste voldag in Germanië begin vroeg al. Ons moet 7h30 oppie bus wees want 8 uur is ons eesrte afspraak. So 6 uur is ons op. Ek rook gou op die venster bank terwy my kamer maat stort Daarna is dit stort en aantrek voor os weer van daai heerlike gebak gaan geniet vir brêvi saam met daai wonderlike koffie. EN kyk ek het baie nodig na die min slaap en die groot dors van gisteraand.

Boston Consulting Group is ons eerste besoek virrie dag. Gelukkig vertel die man ons betje iets anders. Hy praat rekenaar goeters en hoe dit ons bedryf nou gaa laat gat oor kop draai. So hou hy ons wakker. Hy sorg ook dat ons baie offie het om te drink. Sien hy was ook daar by die Hofbrau Haus en het gesien hoe ons die bier geniet. Hy hou ons net so uur besig.

Ons sit af na die BMW museum. Die res van os dag is wel beplan maar darem meer plesier as werk. BMW is ‘n baie snaakse plek. Sien hulle het begin deur airrie enjins te bou. Van daar het hulle vir die eerste 15 jaar eers vinnige musietkryers gemaak (Motorfietse). Eers in die middel 20’s het hulle begin met motrkarrebou. Snaak genoeg het nie een van hulle se muskietkryers kettings soos die ander ouens sin nie. Dis seker hoekom min ouens in oppie Oos-Rand met hulle ry. Hulle gat mos nou nie ‘n ketting naby hê as hulle in ‘n bakleiery kom nie.

So loop ons en kyk na al die ou tjorries wat BMW gemaak het deur die jare. Hulle het enetjie wat se deur voor gesit het. Hulle die van ‘n ander plek gekoop. Die was voor hulle tjorre gemaak het ‘n yskas fabriek. Van daar die deur wat voor by die windskerm sit. ‘n Ander van BMW se tjorre het hulle so verander dat hulle dit met ‘n muskietkryer enjin kon aandryf. Klomp slim manne die van BMW. So het hulle die maatskappy aan die gang gehou in die mear jare.

Na ons toer is dit tyd vir middag ete. Ons sit sommer daar by die museum en gryp ‘n happie. Natuurlik word dit af gesluk op die gepaste Germaanse manier met ‘n bier. Na ete vat ons pad na Dachau. Die eerste konsentrasiekamp in WWII. DIt is ‘n 40 munite bus rit seintoe en kry ek ‘n kansie om darem so vinnige uiltjie te knip.

Kyk Dachau is sekerlik een van die mees somber plekke wat ek nog besoek het. Hier is nooit iemand met die gaskamers vermoor nie, mkaar daar is duisend hier dood. Sommige is as selfmoorde neergepen, maar dit is ook as rede gebruik wanneer die Nazi’s iemand vermoor het. DIe hostelle is oorspronklik gebou om 200 mense elke te huisves. Aan die einde van WWII het hierdie selfde vertrekke tot 2000 mense elk in hulle gehad.

Dit laat mens nogal dink oor hoe ons anner mense behandel en benader. Hoe ons mense sien gebaseer op geloof, ras, velkleur en hulle verskeie oortuigings. Plekke soos Dachau het begin omdat een groep mense nie ‘n ander groep hulle regmatige plekkie onder die son gegun het nie. Mag ons tog nooit weer so iets beleef nie. DIt is onmenslik gewees en as ons nie waak nioe kan ons dit so maklik weer ervaar. Mag en die midbruik van mag is gevaarlik. Maar wag dit is nou genoeg van die ernstige en sombere deel van die dag.

Na Dachau vat ons pad terug na die hotel. Ek pas darem weer so vinnige slapie in terwyl ons ry. By die hoitel gekom het ons ‘n uur dan moet ons voere klap. Sien ons gaan Oktoberfest toe en het ons plekkie bespreek. As jy egter laat is, en ek bedoel selfs net ‘n minuut, dan word daai plekkie vir iemand anners gegee. Die Germane is darem erg oor op tyd wees. Ok maar goed hulle woon nie hier in donker Afroika met Afrika-tyd nie. Onse geliefde regerende party sal ok maar sukkel daar. Is mos ewig laat met hulel dinge begin.Ons is egter op tyd en kan so in ons plekkie sit daar een vannie tente.

Jong hulle noem dit tente maar dit is massiewe sale wat uit hout gebou is. Binne si daar ‘n balkon gedeelte ok nog. Hierrie tente kan eneige iets van 2 000 tot 10 000 per tent laat sit. Daar is 13 van die tente. Buite die tente sit daar dan seker nog so 1 000 tot 2 000 mense in ‘n afgebakende area. Alles saam husives die tente so 119 000 ter enige gegewe tyd. EN jy wag nie om ‘n Mass Bier of ‘n ietsie te kry om te eet nie. Nee jong die Germanse anties wat jou bedien is vinnig. Jy bestel jou bier en kos en 10 minute later is dit op jou tafel. En dan skryf die antie nie eers die order affie. Germane is goed met die tipe dinge. So kuier ons al te lekker. Sing en dans en drink bier. Eet darem ok so stukkie tussen in. Later dans ons sommer oppie bankies en stoele.

Teen 10 uur maak die tente toe en moet ons pad vat. ‘n Paar manne nou sterk van die tierwater besluit hulle gat nou eers merrie-go=round ry. EK onthou wat oom Tolla vertel het van die merrie-go-round na jy ietsie gevat het en besluit daar teen. Ek klap voet terug hotel toe. Daar bestel ek my koffie en kuier maar die res van die aand op die Boere troos, of sal ek nou liewer sê Germaanse troos. Teen mirrenag is ek innie bed. ‘n Laaste slapie voor ons Germanië waarvel roep. Dan gou vir ‘n uur of wat oppie Eiland vertoef voor ons terug keer na die Republiek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

7
Mmmm dem julle het omtrint laat wiel. Jy het seker 3 dae lank geslaap toe jy terugkom.
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 2 ure oud


Dag 7
Jy weet seker van die Oktoberfest in Namibië wat in byna elke dorpie (in 'n ander maand) gehou word. Windhoek s'n is Aprilmaand. Hulle noem dit ook Wikka-fest. Tot hier in Kanada het ons eenmaal 'n Oktoberfest (in Oktober) in een van die Duiste nedersettings hier bygewoon. Ook al daardie selfde ou 'umpa' musiek liedjies word oral gesing en natuurlik gedans . . .

"Trink, trink, Brüderlein trink
Lassen die Sorgen zu Haus . . ." und so weiter!

(Weet jy wat was die ontstaan van die Oktoberfest?)
4 jaar 1 maand 2 weke 1 uur oud


Dag7
Interessante foto's en heerlik gelees, dankie Dave!!! Ek wens eintlik jy bly langer daar sodat jou stories kan aanhou :)))
4 jaar 1 maand 2 weke 2 ure oud


Dag 7
Hoeveel gellings vat daai beker?
4 jaar 1 maand 2 weke 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar