Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe kan daar verwag word dat my manlikheid deur die grote van my kar se uitlaatpyp bepaal word?

Soos julle al agter gekom het spandeer ek ernstig tyd in my kar (motor vir die ATKV lesers). Soos ek rondry, sien ek maar hoe party ouens hulle motors tappetiseer met elke moontlike mags, getinte ruite, windgat ligte en dan kom die PYP.

Laat ek verduidelik. Hier is hierdie mannetjie met ‘n klein Fiat Uno en ek glo ‘n Uno het maar ‘n 1100 enjin in maar as gevolg van wat hy aan die kar gedoen het kan jy hom 5 straatblokke vêr hoor aankom.

Die uitlaatpyp is so groot dat ek die binnekant van die enjin kan sien van waar ek sit. Hy kan ook nie met hierdie pyp net stop by ‘n verkeerslig nie. Hy moet die heeltyd sit en rev en rev aan die enjin sodat die mense kan hoor. Ek dink dit is bemarking in sy taal.

Ek verstaan dit nie, is hy klein in daardie ander dele wat manlikheid bepaal? Kompenseer hy nou daarvoor deur ‘n groot pyp aan sy kar te sit? As dit die nuwe manier is om jou manlikheid te bewys of die tekort daaraan is ek erg in die moeilikheid.

Ek ry ‘n 1400 gesinsmotor met ‘n outomatiese ratkas, so ek kan nie “dice” nie. My uitlaatpyp is baie klein en dit wys nog af ook. In straattaal beteken dit seker dat ek impotent is.

Van wat ek kan sien soos ek rondry elke dag is dat meer en meer ouens hulle karre so begin tappetiseer. En die deel wat my die bangste maak is dat hulle actually meisies kry. Ek weet nie watse kwaliteit vrou dit kan wees nie maar wragtig hulle het vrouens aan hulle sye.

Kan iemand hierdie kultuur aan my verduidelik of hoekom mense groot pype op hulle motors sit?

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ara
Willem, lag ek toe weer my gat va my lyf af ! O, fopspeen ( plaasvervanger vir " o my f@# " ) Kan ek Manwees tydskrif vra om jou te gebruik as gereelde rubriek skrywer. Met soveel raakvat spitsvondigheid sal jy elke man se beste geneesmiddel wees. Jy kry dit reg om `n lag om die mond te sit vir dae aaneen. Dana se moer. Hy kan by jou kom leer !

Ek moet nou ophou om my in jou werk te verlustig en `n keer weer `n dag se eerlike harde werk te doen. Sou so graag kommentaar op al jou werk wou lewer maar waar kry ek die tyd ?

Ons bure se seun is een van die exhaust mannetjies. Ek weet, die pa het my al gesê, die mans in hulle familie is maar bedeeld soos Piet Muis. So ek sien inderdaad iets van kompensasie in die uitlaatpyp saak.

Phillip
11 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar