Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die vroeë oggend vind my stil en nadenkend oor die dinge wat ek geleer het uit al die gisters en die jare vooraf. Ek onthou die lang, steil en kronkelende pad wat agter my lê; die soms uiters pynlike roete wat my gebring het tot by hierdie oomblik.

Ek moes rus wanneer die pad te moeilik en te steil was; wanneer ek met groot moeite en bewend van uitputting gewonder het of ek nie moet opgee en ʼn ander, makliker roete volg nie.

Dan het die Liefde my sag kom aanraak, en my op die hoogte laat staan om stil en verwonderd die lofwaardigheid van my doel te onthou. Liefde het my verskrikte hart aangeraak, dit stil gemaak, met dapperheid gevul, en my terug geneem na die pad wat ek moes stap.

Ek woon nou in die teenwoordigheid van die Liefde, en ek is dankbaar oor die treë wat my tot hier gebring het.

http://rachelledubois.com



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefde
Hmmmm liefde wat die doel duidelik maak! Dit werk vir my.
4 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


liefde
En die saligheid wat daarmee gepaardgaan is onbeskryflik.
4 jaar 4 maande 3 dae 16 ure oud


laat die liefde
en so oorwin die Liefde altyd!
4 jaar 4 maande 3 dae 17 ure oud



Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar