Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis so waar: Lag en die wêreld lag saam met jou; huil en jy huil alleen.

Ons het verleer om te lag, ons huil meer gereeld en ons smag na geluk. Wie lag nog uit sy maag uit en wie loop met ‘n traan op sy wang, sodat almal kan sien die lig is “blou”?

Genoeg van swartgalligheid: die lekkerste lag kom wanneer die kinders iets snaaks doen of manlief , met ‘n seer rug en geswikte voet, binne in ‘n asblik val en nie regop kan kom nie, want sy seer regtervoet balanseer so wild met die linker hand wat heen en weer swaai, dat iemand tog moet sien hoe hy deur die asblik verorber word; en vroulief staan en lag en lag en lag…!
Dit was baie snaaks, veral toe hy uiteindelik herstel, die spreekkamer verlaat en al die toeskouers soos een man hardop begin lag!

Ek speel nou die oggend met my 2 en half jarige kleinseun en sê so ewe: “Jy, is my eie klein Buksie!” hy grinnik so onderlangs en sê: “Nee Ouma. Ek is my Pa se Chopper!” Ek vind toe later uit dat hy nie ‘n “Buksie” wil wees nie, want sy Tannie se hondjie se naam is Buksie en hy wil tog nie ‘n hondjie wees nie.

“Buksie” se sussie wil weer net ‘n “Drama Queen” genoem word en als wat sy doen, word met ‘n “posseer-houding” afgerond.

Kan ons nie maar weer “Buksies” en “Drama Queens” word nie? Die lewe sal soveel mooier en verdraagsamer wees. Ons kan dan oor die mooi en die drama lag en huil om die balans te handhaaf.

Lag is gesond en deesdae, het ek oor die radio verneem, is daar tot lagsessie terapie, waarvoor ‘n mens nou kan aanmelt. Daarvoor sien ek nog nie kans nie, maar lag vir die eenvoudige dom dinge wat ek doen? - Ja dit kan werk!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Applous!
Ek klap sommer vervaard en aanhoudend hande vir jou waar woorde!
Baie dankie, Moekie :D
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar