Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


So baie van ons treur oor die dood van jong onskuldige vroue en seuns wat in onuitmuntende omstandighede gesterf het. Het ons al vandag ons aandag gefokus op die pyn en lyding as gevolg van die verlies van ons toekomstige geliefde jeug? Ons het helde wat ons nie moet vergeet nie.

In elke oggendkoerant brand ons harte wat uitbreek tot oorstelpende verdriet in ons eens geliefde land oor ons eie mense, maar veral die onskuldige jong seuns en dogters, die toekomstige vaders en moeders, wat sterf in hul jeug. Dowe ore wat gestop word waar lewens onwillkeurig verwoes word deur sogenaamde misrabele gewetenlose vryheidsvegters. In realistiese terme wil niemand die ware syfers bekend maak van hoeveel beseer word en die vlammetjie van die lewe uitgeblus word nie. Ander word weer vermink en ongeskik verklaar vir enige voordeel van sy gesin. Danksy die onselfsugtigheid van vredeliewende mense wat wakker en flink optree, wat nie op hul stêre sit en wag vir beter dae nie, ontvang beseerdes die nodige versorging. Daar is durf in daai broeke en hul hardloop asof dit van hul lewens afhang. Hul leuse is red ander se lewens. In die proses stel hulle hul eie lewens in gevaar. Hierdie helde het nie tyd om te dink wat kan gebeur as hulle in die loop van gevaar vas hardloop óf in die vlamme van tydelike pyn nie. Hierdie hardnekkige helde is vasberade, negatiwiteit bestaan nie in hul bereidwilligheid waar weerlose beseerdes vasgevang lê in hul laaste hoop op verlossing. Diegene wat roggel na die dood word na veiligheid gelei deur die vreeslose optrede van ons vrywillige helde. Maar dit het hierdie held óf heldin nie verhoed om in te gaan in ʼn gevaarsone of brandende huis om seker te maak dat almal uit die gevaar verwyder word en sy eie lewe in die proses op die spel te plaas nie.

Dis ʼn jammerte dat soveel voorvalle oor die jare nie die nodige ondersteuning van ons media kry nie, maar niemand wil erkenning gee aan hierdie onbaatsugtige optrede van ons onsigbare held óf heldin in dit wat hulle gedoen het wat baie van ons nog nooit van gedroom het om te doen nie.

Held óf heldin as jy ooit hierdie te lees vind, weet dat jy ʼn held is, al wil die media nie die nodige erkenning aan jou bewys nie. Jy is ʼn onsigbare held óf heldin vir miljoene mense wêreldwyd. Leef jou lewe voluit want jy weet uit watter stofasie jy gemaak is. Al klop niemand jou op die skouer nie, daar is Iemand wat jou sien en jou dade sal jou volg al die dae van jou lewe. Jy het iets vermag wat jou Verlosser van jou verwag het, deur jou lewe op te offer om ander te red, terwyl so baie passiewe mense staan en wil kritiseer, bang vir wat sou gebeur of nie gebeur nie.

Lank lewe ons onsigbare helde.

03/09/2015 om 9h 10.

Twee vlieë met eenslag, woord van die week en helde projek.

Impulsief, negatief, realisties, vredeliewend, misrabel en ongeskik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lank lewe.... helde
Altyd! Baie goed gedoen...
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


lank
Goeie sosiale kommentaar hier gedeel. Dankie en dit was skerp om albei projekte kaf te draf.
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


Lanl lewe
Wel gedaan Arnold! Dit was sommer baie skerp van jou om sommer beide temas gelyktydig kaf te draf. Ek is bly dat jy oor lewende helde skryf en hulle vereer.
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Helde
Ja, daar is 'n held in elkeen van ons, party staan net op en doen iets en ander sit in die skaduwee. Hoera vir ons helde!!!
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Helde
Ek is nie heeltemal op hoogste van die dinge waarvan jy nou praat nie, ons hoor geen nuus van SA hier nie ~ maar dit is werklik so dat die stille helde hulle werk doen, nie vir applous nie, maar oor hulle omgee.

Heil hulle!
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


helde
Onsigbare helde wat daagliks in ons samelewing werk wat jy onderstreep hier Arnold hierdie is n stille saluut aan hierdie mense
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


lank lewe ons onsigbare helde
Oulik gedoen met die kombinasie van twee projekte. Goed gepen.
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


Lank lewe ons helde
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die SA HELDE projek.
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar