Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Uitgelewer aan die natuur elemente is die weerlose papie in die blare nessie teen die wêreld toegeskulp. Bitter lank was die metamorfose van eier tot papie stadium. Die wind viool deur die aardse nessie waar die diep geheimenisse van die metamorfose in die papie plaasvind.

Vir die wêreld oënskynlik dood en onbelangrik – ‘n lelike, onbeweeglike papie in ‘n dop. Maar te midde van dit veg die papie daagliks die innerlike stryd op oorlewing te midde van hierdie aanslae van die tye. Die papie het geen benul van wanneer die skynbare eindelose winter eendag sal breek nie… maar diep, diep binne die papie se wese is dit rots seker ingegraveer dat die winter eendag voor die lente sal moet swig. Deur die snerpende koue en verlatenheid van die winter klop dit soos refrein deur die papie en is dit soms die enigste behoud wat daar gedurende die donker ure vir die papie is. Wagtend, smagtend na die bevryding van die donker seisoen. Onbeweeglik en vasgevang in hierdie innerlike metamorfose wat tydsaam afspeel.

Die innerlike metamorfose geskied pynlik vir die papie gedurende die seisoen van die dood. Daar is die ewige retoriese vraag waarom hierdie diep inwendige proses met soveel pyn gepaard moet gaan. Onverstaanbaar is die proses vir die papie. Maar tog staan die papie verstom oor die verandering wat te midde van hierdie onbeweeglikheid, hierdie oë verblindende “dood” plaasvind. Organe verdwyn en ander organe maak hul verskyning, maar vir die wêreld is dit misterieus. Hoe kan daar dan lewe in ‘n lewelose dop wees?

Te midde van dit alles groei die papie tog moeisaam dag na dag. Op ‘n dag besef die papie dat daar soveel groei plaasgevind het, dat die beskermde dop te klein raak. Dit bring onrus mee – wat is aan die gebeur dan?

Helaas! Die teken van die tye is onverwags soos wat die aarde om sy wentelbaan draai en draai totdat die lente sonnetjie in liefkosing tot diep binne die papie op een lieflike lente oggend skyn. Die papie is egter bevrees om nou die gerieflikheid van die beskermde dop te verlaat – maar begeer aan die ander kant die vryheid wat die lente verkondig. Die papie wurm en wurm binne die dop in poging om aan die beskermheid van die dop te klou..

Kierts, kierts – o wee die dop skeur! En die papie vrees die gevare van die nuwe lewe wat roep.. En die wêreld snak na hul asems – LEWE – LEWE – na hierdie oënskynlike doodsheid – hoe kan dit dan tog wees? Maar kyk daar is ‘n duidelike roering – wat gaan hier te voorskyn kom? Die gedagte van die lelike wurmpie wat uit ‘n kleurlose eiertjie ontwikkel het, vir maande binne die klaarblyklike lewelose dop geskuil het? Die dop was deur die blare beskerm teen die wêreld wat in sy haastige geaardheid gejaagd papies se doppe breek net om ‘n verminkte wese te ontdek waarvan die ingewikkelde metamorfosiese tyd onderbreek was. Soms wou die papie uit radelose frustrasie en moedeloosheid self die dop breek in poging om die pynlike proses te probeer ontsnap. Dit is met helderheid dat die papie dit besef en ook weet dat die uurglas van die winter uiteindelik leeg geloop het met die breek van die dop. Moeisaam, sandkorreltjie vir sandkorreltjie deur die middeltjie van die winter uurglas uiteindelik gesyfer.

Die lente sonnestraaltjies bly behaagllik deur die skrefies van die oopgebarste dop skyn. Dit is hier waar die papie voor die finale keuse te staan kom – om gerieflik aan die dop te klou en dan in dwaasheid die dood te kies – of om deur die pynlike proses te kom om deur die dop na die welkomende lente te breek. Versigtig wikkel en weeg die papie – en die papie se nog onbekende organe breek uiteindelik deur die dop – reikend na die ontwakende lente!

Helder breek ‘n potblou vlerkie deur die dop en binne oogwink besef die wêreld dat die papie se ingewikkelde metamorfose ‘n pragtige vlinder voortgebring het – perfek geskape! Die tydsberekening perfek.

Verwonderd staar die vlinder na die dop en prys God vir die ingewikkelde en soms onverstaanbare prosesse wat selfs na die dood lyk – maar altyd in Sy hand is.

Papie, die dop is gekraak – jy weet aan die teken dat jy ook ‘n ontwikkelde vlinder is! Die lente son roep en die tyd het aangebreek. Veg deur die dop en sprei jou pragtige vlerke vir die lente reis wat lok!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar