Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As 'n bloed jong meisie is dit my plig om te toets, en ek het gaan toets met die grootste seer >LIEFDE< soms wonder ek as ek na ander mense kyk hoe hulle dit regkry om hulself blind te staar teen die waarheid, hoe sien jy nie as jou ou of man op jou verneuk nie? al die tekens is tog daar. EK het daardie bubbel self gebars, dit was nog nooit nie sien nie dit was al die tyd ontkenning. vandag was ek bietjie van 'n speurder en het gaan rondkrap op my geliefde se foon, en raai wat vind ek? 'n sms na 'n oorsee se nr waarin hy vir die persoon se "i love you with all my heart" en dis net 6 dae vir haar gestuur voor hy vir die eerste keer sy liefde aan my verklaar het. My eerste reaksie was om hom uit te trap en toe sak al my bravade... ek het skelm op sy foon gaan rondkrap so dis seker my verdiende loon om dit te vind. Toe doen ek wat meeste vrouens altyd doen, ek maak myself blind en doof vir die waarheid. so die res van die dag het 'n man my vasgehou en my gesoen, 'n man wie se hart nooit eers myne was nie. elke "i love you" net 'n stilmaker, 'n suikerhappie om die bitter waarheid weg te steek. Liefde is nooit blind nie, dit word blind om seerkry uit te hou en warmte binne te hou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar