Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

"Wat is fout?"
"Niks nie!"

Nè, maar die lip hang al 'n hele ruk, miskien al dae lank. (Weet nie van jare s'n nie; diégene is nie op my uitgesoekte vriendelys nie!) Ek het 'n gawe klompie vriende, familielede en goeie kennisse, maar soms trap 'n mens onwetend 'n bietjie skeef, of sommer deeglik dwars oor 'n ander ou se lekkerte. Dis dan wanneer die diklippe en die pruimlippies te voorskyn kom. Diep beswaard sal daar oor jou, deur jou gekyk word, en as jy so gelukkig is, mét jou in enkelwoordsinne gepraat word.

Met die 'Niks nie!' van 'n lipsleper begin die speletjie eintlik: jy'y mos nou die diklip raakgesien! As flikflooi en eiertrap nie dadelik werk nie, probeer jy nog so 'n paar ander truuks om weer 'n sonskynglimlaggie om die pruimmondjie te kan sien. Maar dan..., dan is die agteroor-gebuig, die 'askies-dat-ek-leef'-tyd verby!

My goedbeproefde leuse van 'Vat dit of lossit!' tree in werking, want dié draadjie van geduld, vir soebat en mooi broodjies bak is kort; erg kort, so geërf van die voorgeslag se gene in my lyf. En omrede 'n diklip daarna soek om gewatte en gepamperlang te word met 'n 'bitter jammer; ek sal nooit weer nie doen dit wat ek nie 'n benul het wat ek verkeerd gedoen het nie; sorry; askies my baas' – houding, is die beëindiging van hierdie speletjie (dis tog wat dit eintlik is, dan nie?) baie erger as die oorspronklike rede vir die diklip wees!

En ons speel almal lustig saam aan dié spel wat so baie keer 'n mens se lewe kan versuur.

Dalk 'n beter antwoord op die vraag: "Wat is fout?", is om te te sê: "Ek is dik de duiwel in oor jou...." en wat ook al nog. Oopgevlek kan die saak skoongewas word, reggestel word en ook met die nodige verduidelikings en ekskuse daarby. Baie makliker, sou ek reken, ...maar 'dikbek-dikbek' is mos 'n lekker kinderspeletjie om te speel – is jý ook nog kind??

(Jy mag ook kies uit kinderlik, kinderagtig of kinds!!)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lipslepers, en die siele wat daaraan hang
Ek het daai speletjie Uitgedink!!:-)
9 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Geniet ek nou die keuses! Van dié almal is ek seker 'kinds'... Baie goed geskryf! Lekker om te lees! xx
9 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud


weet jy die hele speletjie van sulk en dikbek wees is so irriterend. ek se eerder my se en kry dit verby ... dan kan ons rustig verkeer ... grudges is defnitief vir mense onder 15.
9 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    VuurWerke

    deur die Posman

    n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar