Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Netnou gaan haal ek mos my klankeboek by die skool. My juffrou is baie kwaai en sy sal my een van daai lélike kyke gee as ek nie môre my woorde regspel nie; so, ek sien toe ou Janneman, dissie skoonmaaker, lê nog oppie besem doer by die graad erre se klas en hol vinnig na my eie klas wat gelukkag noggie gesluit wassie.

Ma' by die deur toe skrik ek vreeslik viskriklik erg: my juffrou was binne-innie klas en sy raas erg met iemant; aanmekaar en aanmekaar praat en praat en praat sy: "Jy mag nie lelik praat nie! Jy mag nie vloek nie! Jy mag nie goed rondgooi nie! Jy mag nie op jou rug lê en skop nie!"

Jislaaik! Toe is ek mos hengs naskierag om te sien met wie sy so bakly. Dit kon ou Pieta wees wie se oore alteid toe is of Topsie, die niewe meisiekind mettie vuil bek. Ma' sy hou so aan en aan dieselle dinge sê en toe ôk nog: "Jý sal níé ander kinders met goed gooi nie! Jý sal níé jou kwaad word nie! Jý is NÍÉ onnosel nie!

Toe móés ek net weet wie was so ergerlik stout en ek maak die klas se deur vesigtig-vesigtig saaagies oop en skrik nog meer, want my juffrou lê oppie mat op ha' rug. Ek hoop toe ma' sy lê nie in die verf wat ek daar, pe-ongelik moet ek sê, al mag ons nie da' met verf looppie, voor pouse gemors het nie.

En my jufrou sê toe: "Jý is die juffrou;! Jy is die júffrou! Jy ís die juffrou: jy sal nie lelik praat nie..." en sy sê al daai anner goeters ôk weer oor en oor. Jitte, ek wou eerste lag, ma'...., toe hoor ek my juffrou huil, en juffrouens mággie huil nie!

Uh-uh, hulle kan ma' kwaai praat en hart praat; hulle kan raas en vinger wys en ôk plysters plak en drukkies én sterriekies gee en stoories vertel en baija baija lekker lag..., ma' hulle maggie huil nie! En ek wens ek was oud ginoeg ommie Lotto vi' my juffrou te wen solat sy nie meer haar uitveeer in stukkies opsny as ons nie het nie en kaste vol potlote koop, en plêstiek virrie boeke en baaie storieboeke en....

Toe kniel my juffou en sy bid, en ek loop ma' om by Pieta my klanke te gaan leer. Ek wéét mos my juffrou gaat nou oukei wees!






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verdien om weer gelees te word met groter aandag...
9 jaar 8 maande 3 dae 21 ure oud


Noem mens dit onnie-stres? Ek is seker hule sal graag in tale wil praat, maar onderwysers is langasems.
9 jaar 8 maande 6 dae 19 ure oud


Ag, is dit nou nie dierbaar nie! 'n Juffrou wat haar uitveer deel, plestiek koop en al die mooi dinge. Dan bid sy ook nog, seker maar vir die kinnertjies in haar klas. En sy word in die hartjie met 'n Lotto beloon .....!
9 jaar 8 maande 6 dae 23 ure oud


Uit die hart en pen van 'n Juffrou! Sielsmooi.
9 jaar 8 maande 1 week 8 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar