Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

’n Paar weke gelede vertel iemand my van Paul, ’n swart sakeman uit die DRK, wat saam met sy gesin hier in Somerset-Wes ’n paar maande gelede ingetrek het, wat hierdie merkwaardige lewensverhaal het.

Paul vertel hoe hy in die bosse daar in die DRK, vêr weg van enige “beskawing”, grootgeword het. Sy ouers en die klein gemeenskap rondom hom, het glad nie die God van die Bybel geken nie. Hulle het wel van “die onbekende god” geweet en hom op allerlei maniere gedien en aanbid.

Tot op ’n dag toe Jesus self aan hom verskyn het as 10-jarige seuntjie. Kan jy glo, Jesus het self met hom gepraat en vir hom gesê om 1 Sam. 3 te gaan lees in die Bybel.

Omdat daar niemand rondom hom ’n Bybel gehad het of van 1 Sam. 3 geweet het nie, het hy saam met sy ouers, toe hulle gaan inkopies doen het in die naaste dorp, by ’n pastoor gaan aanklop en gaan vra vir ’n Bybel. Toe hy hom vertel van hoe Jesus self aan hom verskyn het, neem die pastoor hom na sy gemeente om sy storie daar te gaan vertel.

Daar aangekom, vertel die gemeente hom toe van hoe dieselfde Jesus aan hulle die afgelope tyd verskyn het en vir hulle vertel het van hierdie 10-jarige seuntjie wat by hulle met hierdie verhaal gaan aankom van hoe Jesus aan hom verskyn het en met hom begin praat het. Tot sy verbasing vertel hulle hom toe dat Jesus ook gesê het dat hulle moet toelaat dat hierdie Jesus voortaan deur hierdie seuntjie met hulle as gemeente gaan praat.

So het Paul van 10 jaar oud af in die “bediening” beland. En nou, in die jaar 2015, het hierdie Jesus gesê hy moet Suid-Afrika toe kom met sy gesin en spesifiek hier in die Wes-Kaap, in Somerset-Wes, kom bly, want herlewing was op pad waarin hierdie Jesus in Sy heerlikheid, midde die donker, opnuut Homself aan mense wil openbaar.

Ek het weer so gedink aan my eie storie. Hoe God in 1997, op ’n trein waarmee ek en my gesin op pad Wes-Kaap toe was waar ek moes gaan bedien in Ceres se omgewing, onverwags in ’n visioen skielik aan my verskyn en met my gepraat het.

Dit was soos ’n rolprent wat skielik voor my oë afgespeel het op die glas van die trein se venster, so duskant Touwsrivier op die plaas, Konstabel.

God het daarin met my begin praat oor die herlewing wat weer in die Wes-Kaap gaan begin en wat gaan rol oor die hele Suid-Afrika en die res van Afrika en dan gaan spring tot in Europa en Asië, tot oor die hele wêreld.

En ek het gehoor hoe God ons as gesin gevra het om Wes-Kaap toe te trek sodat ons hier kan wees as dit begin. Daarom woon ek en my gesin in die Wes-Kaap sedert 1997 en wag ons op die begin van hierdie herlewing.

By ’n ander geleentheid, in Januarie 2004, begin die Here een dag onverwags met my en ’n vriend wat by ons in Onrus, Hermanus, kom stil word, het, praat oor die huis wat Hy ons gaan gee.

Die Here openbaar toe selfs die datum waarop Hy dit gaan doen, naamlik op 20, 21 April. Hy sê verder dit gaan ’n wit huis wees met ’n swart teëldak, met hoë plafonne en houtvloere en met ’n swembad agter, waar jy op hierdie stuk oopte sal kan uitkyk, sodat dit soos ’n plaas gaan wees en gaan voel.

Op 20 April 2004 gaan kyk ons huise in Somerset-Wes en sien ons “ons huis” met die syfer 8 by sy voordeur, waar God vir my sê: Agt is simbool van ’n nuwe begin en van My verbond. Ek is jou God en jy is My kind. Ek sal vir julle hier sorg. Moenie bang wees nie, koop hierdie huis, dit is julle s’n.

Op 21 April het ons ’n aanbod gemaak op die huis en seweuur daardie aand het hulle ons laat weet ons kan maar intrek. Drie weke daarna het ons daar ingetrek.

Soos ek hier skrywe, woon ons reeds 11 jaar in hierdie huis en betaal God elke maand die huur en alles wat ons nodig het, sonder dat ek een sent salaris van êrens af ontvang. God self sorg immers al vir meer as 22 jaar self vir ons maand vir maand deur Sy kinders wat vir ons gee wat ons nodig het, wanneer en hoeveel God hulle aansê om te gee.

Jy hoef dus nie my te vra of ek weet of God met gewone mense vandag nog praat nie. Ek weet dit uit ervaring hoe Hy elke dag met my praat. Hy het immers belowe dat Hy ons deur Sy stem sal lei (Joh. 10:3 e.v.).



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

luister...
Al wat ek kan sê is WOW!

En ek hou van die opskrif... God praat met mense... ons moet net luister.

#Amazing God and nobody like Him :)
4 jaar 6 maande 3 weke 23 ure oud


LUISTER
Pragtige getuienis. Dankie.
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


Luister..
Ons dien 'n WONDERLIKE God, en Sy Naam is Jesus Christus! Ek kan ook van Sy troue sorg getuig - o.a.my beursie word ONVERKLAARBAAR nooit leeg nie...
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 15 ure oud


Ano
Luister
Sonder twyfel! Baie dankie :-D
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 20 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar