Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Al ʼn geruime tyd gelede het ek tot die besef gekom dat dit nie meer saak maak, wat hulle sê nie, hulle dink in elk geval ek’s ʼn kontant-masjien en niks anders nie.

Hoe weet ek dit?

Gaan ek na ʼn adviseur of pennelekker se kantoor en daar lig ek hom in dat ek hulle sal betaal solank as ek geld maak.

Ja, hy vat net my geld.

Maar as ek nie wins maak nie, dan sal jy sien hoe onsimpatiek raak sy geduld, dan skiet díesulkes spek uit die boonste rakke.

En

Intussen het hy al my beleggings te alle tye gemonitor, om my te laat weet, dat ek hulle nou soveel skuld waaraan hulle geen deel het of risiko geneem het nie.

En

Dan het hy sogenaamd navorsing gedoen op papier, dat dit ʼn winsgewende bedryf is. Dan vra ek hom om in hierdie bedryf te kom belê, “as ek nou sogenaamd soveel daaruit sou verdien.”

Dink jý, hy sou wil kom belê en saam met my kom bloedsweet?

Natuurlik nie! Maar daar is iemand wat dit sal doen uit die liefde van die saak.

Ja, ek doen dit, en vir wat!

“Óns belowe aan jou —“ word gesê.

Wat is die sogenaamde beloftes wat aan my voorgehou word? En is dit die rede waarom ek so getrou moet bly?

Óns probeer nie om jou op die lang termyn te ondermyn nie. As ek nie presteer op wie se beloftes nie, kan jy maar weet daar is ʼn probleem of twee oppad.

Óns sal slegs al die navorsing doen, word gesê. Dit is net ʼn tydsame proses. Maar, is dit nog die moeite werd om getrou te wees?

Óns maak ʼn aanbeveling, óns monitor die ekonomie.

Óns sal julle laat weet via e-pos as daar iets gebeur, en ons voel dit is tyd vir jou om meer te betaal.

Wil jý ook ʼn “finansiële professionele OTM – masjien” wees, of wil jý eerste na jou eie prioriteite omsien?

Is jý gereed om jou behoeftes eerste te stel ...?

As jy ʼn harde koejawel is soos ek, sal jy erken dat niks in die lewe verander het nie. Hierdie onvermydelike sal altyd aan my vaskleef, en om eerlik te wees, ek voel dikwels aan die punt van my hart hierdie gevoel. Vir wie ook al se eie veilige oortuigings bly dit nog geldig om elke dag jou eie selfstudie te doen!

Oor die laaste paar jaar, voel en sien ek die manier waarop die meeste mense so blindelings optree en te werk gaan. Dit slaan my dronk. Te dikwels lees ek van dinge wat hul betekenis en geloofwaardigheid verloor het.

Te dikwels voel die nuwe generasie of hulle nie uiting kan gee oor al die “groot raad” wat hulle gekry het van hul rolmodelle en adviseurs - advies wat dikwels ten koste van die nuweling oorgedra word. Wie betaal nou vir die duisende der duisende gebroke harte?

Hoe later en kwater, weet ek nie wat ek hieruit kry nie. Die feit dat ek van kindsbeen af gereeld dieselfde stories oor en oor hoor, of hoe onapologeties hierdie sogenaamde “professionele Fariseërs” is, wat hulle te koop aanbied sonder enige skaamte op hul gesigte.

Vir baie jare, het soveel “geestelike” netwerk organisasies nét die swakkes op hul kerfstok geplaas, om díesulkes planmatig tot ander insigte te bring. Die probleem is te wyte aan ʼn wêreldse indoktrinasie, en so het hierdie swakkes hul eie waardes verloor!

As jy gereed is vir ʼn wêreldoortuiging, hoe die werklike groeipotensiaal is, dan —

Doen self die ondersoek en navorsing om uit te vind of die bedrogspul aan die orde van die dag is!

Probeer hul top opinies identifiseer of dit aan enige betekenis voldoen. Laat hulle verstaan jy as mens, het die reg tot eie opinie, en op die regte tyd sal daar ʼn openbaring op jou vrae wees.

Een manier om nie ten gronde te gaan, is om die oë op alle vlakke van die samelewing te hou vir waarneming van sake. Aangenaam verras sal jy wees, omtrent alles wat aangebied word. Dit verg geduld en goeie tydsberekening, gelukkig of ongelukkig, tog sal jy vinnig hul swendelaarsopinie sien.

Wees versigtig en doen jou navorsing om jouself te beskerm.

Sommige van die beste top opinies klink na die ware Jakob tot aanwins op maksimale oortuigings, dis hoekom hulle opinie tot selfregverdiging is! Al wat jy hoef te doen, is om op die regte tyd te glo, en hulle sal jou geesteswerksaamheid en sienswyse oornag verander. Soos ek gesê het, dit gaan net oor die feit dat jy in die regte plek op die regte tyd moet wees.

Kom ons begin uitvind.
Kyk na die groot gewildheidsgedrag.
Baie mense fokus op; ek’s te bang wat ander van my gaan dink of sê.
Die Fariseërs stel minimum vereistes, jy hoef net te glo, maar hulle sê nie in wat nie.
“Ons” dien dan tog dieselfde “god”, maar net in ʼn ander naam.

Wat beteken al hierdie minimum vereiste vlakke van onderhandeling?
Soos byvoorbeeld: die humanistiese waardasies, die ontmoeting by die idilliese grense, wat beteken dat ek nie meer oor myself ʼn sê het nie.
Hulle het geen enkele of enige vereistes om reg en geregtigheid te laat seëvier nie.

Fokus jou navorsing.
Met ʼn geoefende en geïnspireerde poging op hierdie lang pad, sal dit help dat jy die swendelary kan systap.
Moenie uitmis om elke geleentheid nie onderhande te kry nie.

By verre het die WRK, honderde indien nie duisende, of meer opinies om van te kies en keur.

As jy dit van die WRK (Wêreld Raad van Kerke) as die waarheid aanneem, dan kan jy fokus op díegene in die boonste lae van verrotting in die samelewing.

Wat bedoel ek daarmee?

WRK: een van die grootste verhandelings van opinies van wat reg was en wat nie meer is nie. Klassifiseer hul standpunt aan die aantal verskillende statistieke van die “waarheidslogika”,
insluitend die inligting wat hulle vrylaat vir toekomstige dissipels.

Hier is hulle vlakke:

Alle gelowe is dieselfde om te kwalifiseer.
Dissipels kan voldoen aan enige standaarde.
Die navolgers demonstreer geen aanvaarding van sekuriteitswette nie.
Wees vry in julle lewenswandel sonder vervolging.
Dit word deur ʼn professionele derde party geadviseur en geborg.

Die spioen ondernemingsprojek.
Om in aanmerking te kom, moet dissipels verslag uitbring in daaglikse verifikasie en sertifisering.
Maar, aangesien daar geen minimum of standaard toetse is nie, verskil hulle in magsposisie en krag.

Die Mafia se geslote werf.
Hier is nie so ʼn wye spektrum van ekwivalente sekuriteit nie.
Hier word alle vorme van wanoptrede nie altyd oorgesien nie.

Daar’s ʼn bietjie van die wêreld se opsies om oor na te dink, maar beskerm jouself teen die aanvalle daar buite.
Navorsing is die sleutel tot oorlewing.

Dit is waarom verskeidenheidsopinies verkoop word op ʼn grootskaalse wan inligting. Eenvoudig word inligting gratis op Internet geplaas oor hoe om ʼn idilliese utopie lewe te bekom. In ʼn wêreld vol romantiese drama, verbeter dit geeneen se besluite om menselik moreel te groei, bly jou intellektuele gedagtegang en geesteswerksaamheid in die slag.

Eerstens, doen jou navorsing en ontsien geeneen nie. Besoek biblioteke, lees hul openbare skryfsels, bestudeer die Heilige Skrifte. Lees en neem in alles wat jy kan bekom. Dit sal verseker dat jy nie onkant gevang word deur 'n paar Fariseërs nie.

Moenie na opwinding of alterasie luister nie. Dit kan net die versoeking aanwakker, maar soms is opwinding of alterasie daar om die slegte dinge uit te wys. Impuls laat ʼn nasmaak op die lang termyn.

Vind betroubare inligting. Gerugte van verkeerde inligting het ʼn oorvloed aan dissipels. Net omdat jy iets gelees het en verkeerdelik vertolk het, maak dit ʼn onaangename nadraai. Leer om te weet watter bronne jy kan vertrou, en wat hulle as lokaas gebruik vir hulle bedrogspul. Moet nooit vertroulike aanbevelings oor die internet aanvaar as die waarheid nie; hulle profesie is altyd swendelary en opsoek na maklike prooi.

Navorsing is van kardinale belang om kritiek op verskillende verdigsels te kan plaas. Dit gee jou 'n stewige fundamentele kritiese oordeel om oor sake te besluit. Onthou, niemand kan jou dwing om sy of haar “waarheid” aan jou af te smeer nie, maar jy moet in staat wees om die verskil tussen ʼn bedrogspul en die regte ding te onderskei.

Miskien dink jy dis ʼn winsgewende vriendskap, tog sal daar altyd die maars wees.

13/01/2015.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dalk is daar iemand
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Nuwejaars projek
4 jaar 5 maande 1 dag 16 ure oud


nuwe jaar
arnold ek het hierdie stukkie aandagtig gelees en ek glo nie die makelaars gaan hou van wat ek sê nie, te hel met hulle ek stem saam met jou
4 jaar 5 maande 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar