Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Die menslike siel het plek in die natuur nodig waar die mens nog nie dinge probeer herrangskik het nie .”
Outeur onbekend

Ek is geen kenner oor goed soos Globale verwarming en die gat in die osoon laag nie . Maar hier op die stukkie grond waar ek bak en brou sien ek hoe dinge in die natuur verander . Die koue begin nie meer einde April op ons toesak nie , koud is nie meer so koud as toe ek kind was nie , skielik , die afgelope paar jaar reen dit in die middel van die winter . Ek loop gister verby ‘n plant wat normaalweg net stokkies sou wees , maar hy stoot nuwe blare , deur die ou verlep. Vrugte bome staan in bloei en die gras wil wil weer groen koppie maak . Aan die anderkant van die munt , goggas wat normaalweg uitsterf in die winter skarrel rond en maak amok . Die arme honde kry nie eers ‘n blaaskansie nie ,want die bosluise suig lustig hulle bloed .

Die nuus word oorheers met nuus oor aardbewings , gletsers wat afbreek en tsunami’s . Woestyne word groter , woude kleiner , renosters word geoes soos mielies , seelewe word uitgeroei en plante wat eers plante was word nou gebruik om iemand op ‘n plak te sit .

Waar gaan ons heen , is daar ‘n plan wat saamgestel is deur mense wat weet of gee ons maar die natuur en daarmee saam , ons Skepper die skuld. Hoe se die spreekwoord “ Laat Gods water , maar oor Gods akker vloei.”

Wetenskaplikes kyk diep in hulle mikroskope , hulle probeer genetika oorwin en dns wat die inkvis sy ink gee word nou in aartappels ingeplant sodat die verbouer kan sien wanneer die landerye droog is. Sterrekundiges en ingeneurs ontwikkel die een teleskoop groter as die ander , opsoek na dit waar daar ver is , dit wat ons nie beskore is om te weet nie . Wiskundiges doen berekininge en kyk na permutasies en kombinasies , maar die vernietiging gaan voort.

Wereld leiers en NGO’s hou konferensies , miljoene word vermors om antwoorde te soek . Groot hotelle word groter want die politisie moet erens bly en intussen word daar deur hierdie mense rondgevlieg met groter en nuwer vliegtuie wat net meer en meer brandstof verbruik en dodelike uitlaat gasse word oor ons uitgestort. Miljoene rande se kos word deur top sjefs voorberei en hulle ding mee oor wie die grootste skulpvis kan verwoes en die lekkerste wortel opsny dat dit lyk soos ‘n akstrakte skildery , net om die owerste oor duisende te beindruk . Maar skaars dertig kilometer verder , sterf nog ‘n kind van ondervoeding.

Kyk ons tv of lees ons koerante dan lees ons op bladsy 1 van die President se nuwe vliegtuig om s you spies meet e vervoer en op bladsy agt , onder in die hoekie word berig van die vise wat in een of ander spruit versuip het want die water is besoedel met afval stowwe van myne en industriee. Bladsy twee berig oor die arme vrou van ‘n minister wat aan hoof staan van ‘n dwelm kartel en nou vra vir geldelike hulp van die staat , maar in die straat net agter haar dwelm huis van miljoene rande , bly ‘n kind vol oop sere onder ‘n boom en hy het drie dae laas iets gehad om te eet.

Dis ‘n lelike prentjie wat ek nou geskilder het , maar dis feite . Wie gaan iets daaraan doen , die ministers ?, ek dink nie so nie . Die wetenskaplikes of die sterrekundiges ,dalk , maar hulle kan net soveel doen .

Ek dink aan daai gedeelte in die bBybel toe die vraag gevra is “ Wie sal EK stuur, en wie sal vir ons gaan ?”
Dis ‘n vraag wat ek en jy en die minister self sal moet beantwoord.

Ons het nie nodig om papier te mors en houtpale te sny om plakate te maak nie. Ons het nie nodig om almal na Pretoria op te ruk en geskrifte aan die Minister van Omgewingsake te oor handig , wat buitendien nooit gelees word nie .

NEE.
Ek en jy kan elkeen in sy eie hoekie begin . Ons het nie nodig om duisende rande uit te haal om skielik meer omgewings vriendelik te lewe nie , nee, kom ons begin met klein goedjies. Wat van bio vriendelike seep wat nie allerhande chemikalie bevat wat die vel jonk hou maar die goeie bakteriee doodmaak nie. Wat van krane toedraai wanneer jy in ‘n winkelkompleks se badkamer die kraan oop sien . Wat van al daai afval in die kombuis wat in toksiese plastiek sakke gegooi word om saam met batterye en bottels ( wat nie verrot nie )op die ashoop te verrot. Kom ons begin met hersirkulering, gooi daai afval in ‘n emmertjie en gooi dit later op jou kompos hoop of vra wie wurmplase in die omgewing het en gee dit vir hulle.

Soos julle kan sien , is ek geen akademikus of groot geleerde nie , ek haal nie statistieke aan en verwys na groot boeke nie .
Ek is maar net ‘n doodgewone maplotter wat op my manier my Koolstof voet afdruk wil verminder en tog by almal daar buite pleit.

Kom ons probeer ten minste , want dan kan ons beslis ‘n verskil maak .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bietjies-bietjies
In 'n klein Sjinese dorpie het die mense beraad oor hoe hulle makliker in die groot keiserstad kon kom. Want dáár was werk en voorspoed, en híér was armoed en ellende. Maar daartussen was 'n ho" berg wat oorwin moes word - dit het vir baie mense 'n hele dag gekos, net om oor die berg te kom.
Die ou kluisenaar in sy grot is om raad gevra, en hy het met gemompel en gesteun en sy laaste asemteug gesê dat elkeen wat oor die berg stap bo 'n klippie moet optel en onder weggooi. So het hulle gemaak.
En siedaar! Die pad van die dorpie in die stad was glad en gerade. Na skaars tweehonderd jare.
8 jaar 4 maande 4 weke 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar