Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het nog nooit in my lewe ʼn Valentine’s day kaartjie gekry nie of ʼn teddiebeer of ʼn roos nie. Regtig. Niemand het ooit vir my gesê ek is mooi nie. Regtig. Wel nie tot onlangs nie. Was maar altyd die vaal enetjie met die bril gewees. Dit het my nie gepla nie want ek het mos nie van beter geweet nie. Ek was happy en tevrede en ongekunsteld, onskuldig.

Later jare, het ek mos self ook gesê dat Valentine’s dag en Paasnaweek en Women’s day en al daardie tipe ‘days’ net ʼn geld maak storie is en dat ons net Verjaardae behoort te vier want dit is persoonlik. Ek het ook in my alwysheid, as verduideliking, bygevoeg dat mens mos elke dag vir iemand moet sê jy is lief vir hulle, en dat jy elke dag geëer moet word as ‘vrou’ etc. Ek het nie van beter geweet nie, want ek het nie diep en ernstig daaroor nagedink nie.

Right ? Neeeee Wrong !!!. Ek was verkeerd ! Nou dat ek vol plooie en vetrolle en spatare is. Nou is ek ewe skielik mooi ? As ek nou in my verweerde en geslete staat ‘mooi’ is, moes ek mos moer mooi gewees het toe ek jonk was. Sal jy dink iemand sou my toe vertel. ? Not ! Maar niemand het my gesê nie. My wel spinnekop ogies en kierie beentjies genoem en dan gelag. Funny.

Ek het ʼn groot fout gemaak in my lewens filosofie. Valentynsdag IS ʼn spesiale dag, omdat, dit ʼn spesiale feesviering is oor die LIEFDE (romanse), ja selfs al sê jy elke dag vir die mense in jou lewe. Een dag per jaar moet jy dit vier, en hoekom nie geld uitgee daarop nie. As jy nie ʼn Liefde het nie, mag en kan jy vir al jou droom mense geheime boodskappies en rosies en soentjies stuur. Dit is nie net ʼn viering van die liefde nie, maar ook van jou liefde.

Ek merk juis gister ook dat ons generasie se parras nostalgies is oor verlore liefdes, of droom oor die groot liefde wat nog kom. Daar is mos altyd Hoop en die hoop die beskaam nie. Droom is nog gratis en verniet. Kry vir jou

Ook het ek besluit, terwyl ek nou besig is om my beginsels en standaarde te drop, dat enige rede vir ʼn geskenkie baie welkom is, op my ouderdom. Hell Yeah ! Bring it On..... the compliments, the gifts, the flowers, the biltong en the mooi skoene. Bring on Mother’s day, Boob Day en enige Day wat die mens van sy alledaagse frustrasies en aggressies en road rage, laat vergeet (al is dit vir 24 uur) en verplig om te chill. Be Happy

As jy vir my sê ek is mooi, gaan ek jou van nou af glo, want ek weet ek sit mos duidelike prentjies op, vir die wat my nie ken nie. Dis jou probleem, as jou oë so swak geword het, dat jy jou verbeel jy sien iets wat nie daar is nie. Nee Regtig. Ek is oop vir ʼn ego buff. Bring it on.

In tussen is ek nog steeds die happy ou wat ek altyd was. Alles is ʼn bonus. Dis die voordeel van bewusteloos deur die lewe gaan. Alles is mooi en Salig is die wat arm van gees is.

In die werklike lewe, hier, vandag, nou...... moet ek ernstig begin kyk na my dik boude. Ek moet hulle in die spieël gaan kyk. Dis nou van ook nie glo in skale nie, dat ek amper in my onderklere moes dorp toe gaan gister. Dit was so warm die afgelope twee maande dat ek permanent in slap sjortse en koel los toppies rond geloop het. Ek het ook baie koeldrank, behalwe my gewone water gedrink en ek het smiddae ʼn bier of twee gesluk. Nou sit dit aan my heupe en bo-beentjies, en ek het nie ʼn denim wat pas nie.

ʼn Mens hoef nie alles in jou keel af te gooi nie, en ..... lank lewe die Liefde



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Valentines
JA HOOR-HOOR! En lank lewe BT!
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae oud


Hahaha
Raar maar waar!
:-D
Mooi geskryf. :-)
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Maarjaan
en het myself nou so ingeleef in jou storie, want dis pragtig, pragtig en daardie Engelse invoegsels is baie vermaaklik.Lekker gelees.
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


Dankie Corina
Gaan dit goed met jou ?
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


Buitendien...
is hulle die mooiste wat lief is vir hulleself en vrede gemaak het met hulleself. Ek praat nou nie van Nirsissisme nie, maar gesonde selfliefde. En dan kan jy boonop nog skryf ook! Lank lewe die liefde...
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar