Rubrieke

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Hey ! Dink jy jou naam is Marco floppin Polo Osbourn ?” kap ek ou Giel toe hy gisteraand laat hier instap met sy vuil bootse oor my nog klam, skoon gewaste mat.

“ Who ? Jis, ek’s moeg. Can I have a beer ?” vra hy. Duidelik nog op sy eie planeet want hy verstaan weer niks.
Ek sê “ Wel waar was jy ? Storm vanoggend vier uur hier uit en nou kom jy hier aan. Ek dog jy sê jy gaan net gou die Buffels uitcheck wat ons wil koop ?” in dieselfde asem gaan ek voort. “ Wel ou Marko Polo is mos ook een oggend weg op ʼn ekspedisie en toe kom hy eers vier en twintig jaar later weer by die huis aan. Dink jy jou naam is Marco Polo ?”

Giel “ Die Buffels is by die Loskopdam, Sausage, en dis vyf ure se ry soontoe en vyf ure terug, en ons het lank gewag want die mense wat ons die Buffels moes wys het ge-offoff Pretoria toe, and can I please have a beer and I’m starving.

“Gmff” , snork ek, en brom onderlangs “ Seker by die Kublai Khan in Mongolië ook gestop vir koek en tee by sy Somer paleis, Jy vat mos altyd short cuts wat nie so short is nie.”

Ek haal toe maar die verskroeide hoendertjie, wat gekrimp het tot die saaiz van ʼn Tortelduif uit die oond uit, en gooi ʼn halwe brood en ʼn paar Tamaties saam op ʼn bord vir hom. Sy kop is nog vasgehaak by die Buffels en myne by my matte wat ek oor sal moet was. “Dê, sê ek... ʼn brand offer vars van die brandstapel”.

Nou dink ek al die hele oggend aan Xanadu, want die plek is waar ek bly is baie dieselfde as ou Kublai se plek gewees, net nie mure om nie. ʼn Marmer paleis en volop wild en water, en valke en ander roofvoëls. Ek is totaal gefassineerd met die idee van sy Bamboes paleis wat kon opslaan en skuif soos sy lus hom gevat het. Blykbaar was dit esteties mooi ook, verguld en met drake en goete versier. Soos tipe van, die eerste mobiele huis ? En hier op die kop waai die wind erger as oor die Steppe in Mongolië, dit is ek seker van.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die Besoeking

    deur Kobus van Eden

    DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar