Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die ouderdom het jou van alles gestroop
Eers die status van werknemer verloor
Dit word toe pensionaris, bejaarde, afgetree

En Jare verloop

Toe kom die swak bloedsomloop
En weg is die koue stort in die oggend

en tyd verloop

rugoperasie
beweeglikheid is ook weg
maande verloop

Toe verswak die bloed
En weg is die asem
Kriewel hier en daar
En asem jaag benoud
Asemnood bring sommer ook angstigheid
En angstigheid bring asemnood

en Dae verloop

Nou is alles weg
Vryheid, die kliniek is jou huis
Waardigheid, vreemdes help met higiëne
Nou is alles weg

Maar nee, die lewe is nog daar
‘n flikkering, vonkeling, soms vlugteling
kom die asem met asemskep
dan is die ou self selfs terug
maar dan is die asem weer weg
en alles is saam weg
geen masker kan die moegheid keer
geen pretensie oorleef
geen voorgee
optree soos ‘n mens behoort
nou sien ek jou
jou persoonlikheid
jou self
jy self
jy

en ek hou van wat ek sien
ek sien die natuurlike masker wat elkeen maar het
om jouself teen die wêreld te verskans
om jou meer aanvaarbaar vir die wêreld te maak
elkeen het dit
elkeen tree op soos hy dink die wêreld verwag
dit van jou
en nou sien ek jou
jy
jou masker was altyd so dun, deurskynend
ek sien nou die voorgee wat daar behoort te wees
is ook nie daar nie
was nooit daar nie
ek hou van wat ek sien
self die geveg vir asem is sonder aggressie
die glimlag wat kort-kort op die gesig terugkeer
is die ou glimlag wat ek as kind leer ken het
en ek sien nog meer
die hoop
die wete van die lewe wat kom
die versoek dat dit nie te vroeg moet kom nie
maar ook nie te laat

laaste opdragte van rekeninge betaal
sien die prokureur
ontdek tjek tekenregte reeds gereël
en die dankie sê
vir alles wat ek doen

Wat ék doen?
Ek het niks gedoen nie
Ek was maar net daar
Plek waar ek wou wees
Maar ook nie

Ék moet dankie sê
Dat die kinders ‘n oupa kon hê
‘n oupa wat luister, verstaan, aanmoedig
opgewonde is oor prestasie en nie-prestasie
‘n oupa wat kon stories vertel
alles die waarheid
van kinderjare
alles vrolik, soms hard en uitdagend
maar nooit swartgallig nie
altyd hoop
en nou is dieselfde hoop daar
hoop vir netnou
vir more
vir ‘n nuwe lewe
. . . . . . . . .

en ure verloop

Pappie, die nuus het gekom
Dis weg
Die lewe is weg
Pappie is weg
Huis toe
Pappie het die stryd verloor
Nee
Nie verloor nie

Gewen
Pappie het die stryd gewen
Die worstelstryd is verby
Nou is Pappie gereed om dit te voer as deel van die leërskare
Die verganklike is verby, die ewige is daar
Hoe verlang elkeen wat die Gees van die Vader het nie na die voorreg om weer die ewige voort te sit saam met ons Skepper nie
En Sy Regterarm

Dankie dat ek met ‘n rein gemoed kan verklaar
dat ek GEEN slegte of negatiewe “memories” het nie
Niks
Nie een nie
Net goeies

Soos die glimlag en vreugde wat ek in Pappie se stem kon hoor
Elke keer as ek gebel het
Soos die prentjie wat ek sien as Pappie met my kinders praat
Belangstellend, meelewend, nuuskierig
Dankie vir die rolmodel en ondersteuning
Dankie
Dankie
Tot weersiens
. . . . . . . . .

en Ewigheid verloop.

(in herinnering aan Danie le Roux)
1927 - 3/5/2007

Prediker 7:1 'n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Maskers gestroop
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die MASKER projek.
5 jaar 6 maande 2 weke oud


Z
Die gevaar van so lang gedig is dat jou leser belangstelling verloor en nie werklik die waarde van die gedig besef nie.

Hier word 'n klomp beelde gebruik met potensiaal.
5 jaar 6 maande 2 weke 15 ure oud


maskers
Pragtige ode aan iemand wat na aan jou was en so sal ons maskers ook eendag net afval as ons die eindtyd bereik.
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar