Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy weet , ja , jy wat , daar voor die kansel gestaan het en plegtig in die teenworegheid van die dominee en Skoonpa ( met die hael geweer innie Ford F100 se cab) amper huilend gese het “ AAI DOE ”. Jy weet, met daai woorde het jy jou hoop op ‘n toekoms verseel, weggegooi . Van daai dag af had jy geen se meer nie , nie oor jou kar , jou hond of oor jouself nie . NEE , alle regte en voorregte is weg , gesmelt soos aaiskriem innie son . Jy het gedink jy gaan die lekker van daai aaskriem aanhou proe , sommer elke dag , maar sepraais tjom , die lekker is weg en al wat oorgebly het is jou vuil hanne , vuil van doek omruil , tuin maak en Haar Koniklike Hoogheid behaag . Al wat oorbly is om te se “ja” en “amen’ en maar die anner wang te draai . Maar so met die tyd , leer mens mooi en kort voor lank word daai ontneemde regte , skelm lekkerte . Nee wag , julle met julle vullis vir breins dink aan lelike goete , soos skelm affers en gesteelde genot met buurman se vrou , nee dissie waarvan ek praat nie , ek praat van die goete wat jy en jou pelle sou gedoen het . Julle sou rugby toe gaan , maar nou gaan julle na ‘ werkseminaar”. Julle sou ‘n manne aand he ,maar nou “ moet jy laat werk “
Maar so gaan die lewe aan, later is daar meer deursigtigheid en jy en vroulief kom tot ‘n kompromis. “ As al jou werk gedoen is en jy beloof om saam met haar by haar moan gat ouers te gaan kuier en jy bring tjoklits saam na die game , dan en dan alleen kan jy saam met jou pelle rugby toe gaan ” MITS ( daar moet altyd ‘n ding innie drinkwater wees ) sy jou nie nodig het nie . Jy moet nog steeds vir jou suurgesig Skoonma gaan kuier en jy moet nog steeds tjoklits aandra, want jy wou gaan , al kon jy nie .
So leer ons maar om met mekaar saam te leef , soms val harde woorde , maar dis oraait , want opmaak is lekker . Voor jy jou kan kry is julle ‘n leeftyd saam en sy pas jou soos jou ou drafskoene en jy pas by maar , soos , hoe sal ek nou weet , modes en giere verander vinniger as selfone en kepjoeters , maar die feit bly julle pas by mekaar .
Dan begin dit half lekker raak , julle hoef mekaar nie te sien nie , net solank die een weet die anner een is daar. So gebeur dit dan dat jy haar saamvat rugby toe, en gewillig saamgaan na ‘n “chic” fliek , let’s face it , daar is darem ‘n paar mooi goedjies in daai flieks .
Op ‘n dag was vroulief uit saam met die werk na ‘n spa toe . Sy kom later as gewoonlik by die huis en soos gewoonlik verwag jy ‘n suur dier, maar hier stap sy in. Sy borrel soos Cap Classique en sy is die ene “lovie-dovie”. Sy begin vertel vandat die bus by die dobbelplek gery het totdat hy weer daar gestop het . As sy vertel van die behandelinge raak haar oge weer soos daai dag op die Ford se agter sitplek , hulle blink , nee hulle skitter.
Tot laatnag vertel sy van die Indiese kop gedoente , dan weer van die warm klippe en dan van die salige hande wat jou so saffies soos ‘n muis op sokkies vrywe , dat jy nie weet of jy moet slaap of lekker kry nie . Ek slaap al , toe vertel sy nog steeds . Daai nag droom ek van blou see , wit strande en meisies met skrapse flentertjies aan , wat my lyf vrywe . Die kop word ge –indiese ding , die voete word geskuur , al die knoppe op my rug word een een uit gehaal en innie onsigbare asblik gegooi . Hulle voer my tjoklits en sjampanjee , middagete is oesters innie skulp en waar sekere spiere begin ontspan, daar , nou ja .
Ek droom nog hoe ek opstaan en soos ‘n mannetjie van 16 strek en vroulief optel en oor my skouer gooi en weg drawwe met die wind koel hier oor my naakte bors , toe lui die wekker . Die ontydige geraas moes my konstitusie gruwelik ontstel het , want toe ek opstaan is daai 6 pack weg , my knie is seer ,dis nog donker buite en vroulief le met krullers innie hare , oopmond en snork .
Ek is so verbysterd ek het gaan werk sonner om my bakkies te skeer en my onnerbroek was agterste voor aan , maar hy het goed gesit .
Daai selle aand toe ek by die huis kom , sleg bemoerd oor my goor dag , maak vroulief die deur oop en sy ruik soos appelblommetjies , sy trippel so , ek dog sy wil piepie , sy dans en sy val in my arms. OUKEI , die appels kan ek vertaan , want toiletsprei kan ook so ruik , maar die gesoenery vat aan my . Ek pebeer so ongemerk as moontlik haar asem ruik, maar nee, daar’s geen wyn klankie nie, ek is om geslaan .
Sy begelei my na my gunsteling stoel toe , my glas versnappering staan reg en hier neffens my , uit die kombuis kom daar reuke wat my mond laat water. Eers wag ek dat die wekker moet lui , maar niks , toe wag ek vir harp musiek , niks , toe weet ek , hie is iets aan die broei . Laas toe die tweeling gebore is , is ek so op die hande gedra . Ek skrik my maag in my hakke in , maar onthou darem sy was mos vir daai operasietjie.
Terwyl ek sit en my polse afkou , kom sy ingedartel met ‘n stuk papier wat sy hier onner my neus indruk .
Omdat ek geen anner keuse het nie, begin ek lees : So en So Dag spa . Ek lees verder en terwyl ek lees vrywe vroulief my nek( amper so lekker soos in my droom).
Ek bespreek toe vir ons tweetjies vir daai Saterdag . Vroeg , vroeg , net toe buurman se haan klaar gekraai het , is ek op gereed vir aksie .
Ek maak koffie , ek lees boek , ek lees boek en maak koffie , maar vroulief slaap die slaap van die saliges.
Teen half sewe is ek so op gecharge , my rugby broekie raak te klein , en ek storm innie kamer in gewapen met ‘n koppie koffie . Vroulief sit regop,die hare soos ‘n versamelnes en die gemoed soos Antartika .” Moet jy alewig so ‘n geraas maak ?” tier sy .
“Ek willie laat wees vir ons dag van verderf nie ?”
“Jy bedoel seker bederf ” prebeer sy my reghelp .
“As ek aan my drome dink issit sonne .”
Skielik ruk sy haar op , sy kry sommer ‘n eier oppie kop , die lippies dunner as potlood dun en oge begin piepie.” Sies , jou vark , ek moes geweet het jy droel oor anner vrouens . Buitendien dissie daai tipe massage nie, dis fatsoenlik. Maar ek gaan nie meer nie , want jy is vieslik .“
Hel tjom, nou is ek innie dweng, nou moet ek plies en eksplein .” Nee, my bokkie , jy verstaan verkeerd , in my drome , massage hulle ons altwee ,maar ek kyk net vir jou en as alles klaar is , raap ek jou op en hardloop na die naaste sawwe plekkie toe en da...”
“ Ag , jy is so romanties , kom ons moet klaarkry , ek kan nie wag vir vanaand nie .”
Oeps , tjom nou belieg ek my in ‘n hoek in , daai masjientjie wil hoeka nie meer start nie . Ek spring op en hardloop die badkamer deur uit sy skaniere , sy giggel soos ‘n non wat moet gaan boete doen by die jong priester . Sepraais , my vrou (dink ek) , ek moet daai blou pilletjies soek wat Neef Sjert my gegee het om lewe in die dood te blaas . Gelukkig lees ek eers die pakkie want ek wil nie OU DIE nie , net genoeg om die nodige te doen . Die pakkie vertel my toe ek moet die goed eers drink so ‘n half uur voor beplande ekskursie of is dit nou beleg of dalk bespring, maar ewe gedwee bere ek hom weer op sy geheime ou plekkie .
Daar aangekom word ons verwelkom deur so ‘n beer van ‘n boerseun en ek begin worry . Tydens ontbyt probeer ek die vurk insluk, net om agter tralies te sit wat agter tralies hoort. Fool!!!!! Ons tweetjies (dis nou ek en vroulief en nie ek en Beerseun nie) word toe in ‘n spannetjie gedeel met twee maseusse , nee dit klink nie reg nie, terapeute val mooi oppie oor. Daai anner een klink soos daai plek waar Neef Sjert toe gaan en my heen gestuur het in Randfontein .
Ons terapeute vat ons toe na so ‘n plekkietjie toe en se ons moet bo uittrek en net die onnervel aanhou en hulle gee ons elkeen so ‘n kleedjie. Ek wonner wat om met die ding te maak , maar vroulief se ek moet hom aantrek . Ek wil eers baklei en se sy is gek , die ding is kleiner as ‘n frokkie en wat van alles wat onner die soompie gaan uitsteek. So hou ek toe maar my kortbroek aan om my inborste en juwele te beskerm . Die ou vessie maak toe van teelepel tot teelepel en niks verder nie , maar die belangrikste is toe .
Die hele dag word ons gevrywe , eers die voete geskuur met sout en goete , toe die bene en so beweeg hulle op . Naderhand worre ons bedien met tee en sulke Britse koeke, skonne of iets , met jam en room . Na die bederfie raak dinge nou ernstig en moet ek op een van daai kateltjies klim wat met plastiek oor getrek is. Nou word ons gevrywe en gepemper en gelawe , ek raak sommer aan die slaap en droom weer .
Die laaste ding virrie dag is toe daai Indiese kop ding en ‘n nekvryf . Ek is so in ‘n wereld van my eie ek gaan sit toe sommer op een van daai kameel stoelietjies , jy weet mos , daai plastiek stoel wat so wydsbeen loop staan as ek op hom loop sit . Maar nou ja , ek “go with the flow” en neem plaas . Sy beginne vrywe, olie op my kop ek dog dis tyd vir doop , maar ek sit . Soos sy so laer af vrywe druk sy harder om die spiere by te kom en ek voel kameel se kind loop nou water soek. Nog voor ek iets kan se, breek daai dun beentjies en ek dondereer na benede . Ek val so hard die cd begin sommer iets anners speel . Man, toe moes hulle op anner plekke loop vrywe .
Daai blou pilletjies is nou nog waar ek hulle weg gesteek het , want die vlees en die gees was half onwillig na so ‘n dag .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar