Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oorlede Tannie van my sit eendag iewers in die Kaap saam met ’n vriendin en geniet ‘n wyntjie. So by ’n straatkafee. Sy was toe al diep in die tagtig, maar het toe nog steeds van haar wyntjie en sigaret gehou. Eers dood naby die negentig en steeds die lewe geniet en haar Mercedes bestuur en wyntjie en sigaret geniet. Wys jou net, alles is nie vir almal boos nie. Sy was een van daardie mense wat elke droesem pret uit die lewe kon druk; niks kon haar onder kry nie. In elk geval om terug te kom, daar kom toe ’n plaaslike outjie, seker maar so ’n poging-tot-karwag outjie met die gewone lang dramatiese verhale van die siek kinders en die hospitaal en die skool en die vrou wat nie kan werk nie en al die plae van Egipte. Ons ken almal die stories. Nou dit was flus na Nuwe Jaar en sy kyk die mannetjie glo net stil aan en laat hom begaan met sy Job se verhale. Die eintlike rede is volgens hom uiteindelik tog net ’n stukkie brood op die tafel. Sy weet egter dis alles net nonsens om nog dop in die hande te kry. Na haar stilte vra sy toe of hy weet wat Nuwe Jaar voornemens is. Natuurlik beaam hy dat hy weet. Sy sê toe dat hare is om net geld vir drank en niks anders te gee nie. Die mannetjie laat toe nie op hom wag nie en antwoord met ‘n mens moet darem drink ook, nooi. Hy is met vyftig rand daar weg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mens moet darem drink ook
'n Pragtige staaltjie !

Ek hou van die uitdrukking:
"elke droesem pret uit die lewe kon druk' want ons vergeet soms hoe lekker klankryk ons taal is. Dit vul vir my die tema aan.
10 jaar 3 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


Lekker skerp!
10 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud


Waterdigte argument!
10 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar