Weergawe:
Aantal woorde: 313
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Feb 2006
Wat nog slegter is as iemand ‘n ander naam hulle eie probeer maak. Hierdie is maar net ‘n klomp reëls om te volg vir wanneer jy ‘n besigheidsnaam kies. Ek het die afgelope tyd ‘n klomp ondernemings ontdek wat nie regtig hierdie reëls gevolg het nie.
My juweel vir vandag was “Nakkie die Nar en vriende” se kleuterskool. Nou vertel vir my Nakkie, met wie is jy almal pêlle? Ken jy ‘n Michael outjie met ‘n hoë stem en wat so wit soos ‘n regte Engelsman is? Wat het hierdie wetter gedink?
Toe ry ek verby ‘n kafee en ek gaan die plek se regte naam gebruik anders verloor dit trefkrag. Dit is die “Night Rider Take Away”. Ek brand om in te loop en vir ‘n Kitt Combo te vra. Of die ander ouens wat klank in karre sit en hulle self “Jedi Audio” noem.
Ek moes gekeer word om nie na hulle te ry en te vra “I understand the base is strong within you” maar ek was bang die ou sou dit nie vang nie en sou dit goeie humor wees wat gemors word. Ek kon ook vra vir ‘n lekker sub vir my X-wing.
Toe kom ek eendag by die wortel van alle swak spelling uit. Hierdie maatskappy verkoop half edelgesteentes en hulle naam was “Rerjem” of te wel in regte Engels “Rare Gem”
So vir al daardie nuwe entrepreneurs daarbuite wil ek net sê dink net eers. Dalk kan dit ‘n koel idee wees om ander mense ook te vra wat hulle daarvan dink want jy wil nie met “Zuma Enterprises” iets van die grond probeer opbou nie.
Willem
Lees ander rubrieke deur Willem Woes
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Lorelei
Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.