Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lees deesdae gereeld hoe die menseregtewet die klipwet vervang het en dat dit die hoof oorsaak vir al die kwaad in die wêreld is. Die Universele Verklaring van Menseregte, soos dit bekendstaan, is op 10 Desember 1948 aangeneem deur die Verenigde Nasies as reaksie op die ervaringe van die Tweede Wêreld Oorlog. Die Verklaring word in die algemeen beskou as die basis van internasionale menseregte wetgewing en verteenwoordig die universele herkenning dat basiese regte en fundamentele vryhede inherent is aan alle mense as indiwidue, ongeag hul verbande of oortuigings.

As ek so die klagtes lees van die wat dink die menseregte is ‘n euwel dan wonder ek of enige van hulle ooit al die regte bestudeer het. Daarom het ek besluit om die Verklaring te vertaal en deel te maak van hierdie skrywe. In teenstelling hiermee word die tien gebooie van die bybel gesien as die direkte opdrag aan die mens van sy skeper van hoe ons moet lewe. God self, volgens die wat in hom glo, het dit op klip tablete uitgraveer as ewige en permanente wette wat onuitdaagbaar en absoluut is.

Wat ek wil doen is om die tien gebooie deur te werk en die aantuigings teen die menseregte in die konteks daarvan te evalueer. Verder volg ek die ontwikkeling van die westerse filosofisie sienings oor moraliteit as uitvloeisels van die Griekse en Joodse geestestradisies om te dien as agtergrond waarteen ‘n mens die idees soos gepen in die Universele Verklaring van Menseregte beter kan verstaan.
Vir die leser om op dreef te kom plaas ek die Universele Verklaring van Menseregte eerste as verwysing vir die argumente later in skrywe.

DIE UNIVERSELE VERKLARING VAN MENSEREGTE
(eie vertaling http://www.un.org/en/documents/udhr/)

Artikel 1
Alle mense is vry en gelyk gebore in waardigheid en regte.

Artikel 2
Almal, sonder enige vorm van diskriminasie (soos ras, geloof, taal, ens.) is geregtig tot al die regte en vryhede soos uiteengesit in die verklaring.

Artikel 3
Almal het die reg tot lewe, vryheid en sekuriteit van persoon.

Artikel 4
Niemand sal in slawerny of dwangarbeid gehou word nie en slawehandel sal in al sy vorme verbied word.

Artikel 5
Niemand sal onderworpe word aan marteling nie, of wrede, onmenslike of afbrekende cantering of straf nie.

Artikel 6
Almal het ooral die reg tot herkenning as ‘n persoon voor die reg.

Artikel 7
Almal is gelyk voor die reg en is geregtig, sonder enige diskriminasie, tot gelyke beskerming van die wet.

Artikel 8
Almal het die reg tot ‘n effektiewe regsmiddel deur die bevoegde nasionale regsbank vir dade wat sy fundamentele regte skend soos aan hom toegeken deur die grondwet of die gereg.

Artikel 9
Niemand sal onderworpe word aan willekeurige arrestasie, aanhouding of ballingskap nie.

Artikel 10
Almal is geregtig in volle gelykheid tot ‘n regverdige en publieke verhoor deur ‘n onafhanklike en onpartydige regsbank in die bepaling van sy regte en verpligtinge asook van enige kriminele aanklag teen hom.

Artikel 11
Enige een aangekla van ‘n strafbare oortreding het die reg om onskuldig gereken te word tot en met hy skuldig bevind is volgens die wet in ‘n publieke verhoor waar hy al die waarborge vir sy verdediging teenwoordig was.
Niemand sal as skuldig voorgehou word van enige strafbare oortreding op grond van enige daad of nalating wat nie ‘n misdryf of misdaad behels nie, onder nasionale of internasionale reg, ten tyde die oortredeing nie. Ook sal ‘n strawwer straf nie toegedien word as die een wat toepaslik was tydens die periode van die strafbare oortreding nie.

Artikel 12
Niemand sal onderworpe wees aan willekeurige inmenging van sy privaatheid, familie, woning of korrespondasie nie, of aan aanvalle op sy eer en reputasie nie. Elkeen het die reg tot beskerming deur die wet teen sulke inmengings of aanvalle.

Artikel 13
a) Almal het die reg tot vryheid van beweging en verblyf binne die grense van elke Staat.
b) Almal het die reg om enige land te verlaat, insluitende sy eie, asook om daarheen terug te keer.

Artikel 14
a) Almal het die reg om te soek en bekom asiel in ander lande teen vervolging.
b) Hierdie reg kan nie op aanspraak gemaak word in die geval van vervolgings wat geregtelik spruit uit nie-politieke oortredings of van dade in teenstelling met die doel en beginsels van die Verenigde Nasies nie.

Artikel 15
a) Almal het die reg tot ‘n nasionaliteit.
b) Niemand sal willekeurig sy nasionaliteit ontneem of die reg ontken word om sy nasionaliteit te verander nie.

Artikel 16
a) Mans en vrouens van volwasse ouderdom, sonder enige beperkings toe te skrywe aan ras, nasionaliteit of geloof, het die reg om te trou en ‘n familie te begin. Hulle is geregtig tot gelyke regte in terme van trou, gedurende die huwelik en met die se ontbinding.
b) ‘n Huwelik sal slegs betree word met die vrye en volle instemming van die voorgeneme eggenote.
c) Die familie is die natuurlike en fundamentele groeps eenheid van die samelewing en is geregtig tot beskerming deur die samelewing en die Staat.

Artikel 17
a) Almal het die reg om alleen of saam met ander eiendom te besit.
b) Niemand sal willekeurig van sy eiedom ontneem word nie.

Artikel 18
Almal het die reg tot vryheid van denke, gewete en geloof; hierdie reg sluit die vryheid in om van geloof of oortuiging te verander, asook die vryheid om, of alleen of in samewerking met ander, in die publiek of privaat, hul geloof of oortuigings te manifesteer in onderrig, uitvoering, aanbidding en waarneming.

Artikel 19
Almal het die reg tot vryheid van opinie en uiting; hierdie reg sluit die vryheid in om opinies aan te neem sonder inmenging en om te soek, ontvang en meedeel .

Artikel 20
a) Almal het die reg tot vryheid van vreedsame byeenkoms en assosiasie.
b) Niemand mag gedwing word om aan ‘n assosiasie te behoort nie.

Artikel 21
a) Almal het die reg om deel te neem aan die regering van sy land, direk of deur vrye gekose verteenwoordiges.
b) Almal het die reg tot gelyke toegang tot publieke dienste in sy land.
c) Die wil van die mense sal die basis vorm van die regering se gesag; die wil sal uitdrukking gegee word in periodiese and ware verkiesings wat sal wees volgens universele en gelyke stemreg en sal deur geheime stemming geskied of deur ‘n gelykwaardige vry stem prosedure.

Artikel 22
Almal, as ‘n lid van die samelewing, het die reg tot sosiale sekuriteit en is geregtig tot die realisering van, deur nasionale pogings en internasionale samewerkig in ooreenstemming met die organisasie en hulpbronne van elke Staat, ekonomiese, sosiale en kulturele regte onontbeerlik vir sy waardigheid en die vrye ontwikkeling van sy persoonlikheid.

Artikel 23
a) Almal het die reg om te werk, tot vrye keuse van indiensneming, tot regverdige en gunstige omstandigehede van werk en die beskerming teen werkloosheid.
b) Almal, sonder enige diskriminasie, het die reg tot gelyke vergoeding vir gelyke werk.
c) Almal wat werk het die reg tot regverdige en gunstige vergoeding wat vir homself en sy familie ‘n bestaan eerbiedig van menslike waardigheid besorg, en aangevul, indien nodig, deur ander middele van sosiale beskerming.
d) Almal het die reg om ‘n vakbond te vorm of by aan te sluit vir die beskerming van sy belange.

Artikel 24
Almal het die reg tot rus en ontspanning, insluitende regverdigbare berperkings van werksure en periodiese vakansies met betaling.

Artikel 25
a) Almal het die reg tot ‘n standaard van lewe genoegsaam vir die gesondheid en welstand van homself en van sy familie, insluitende kos, klere, behuising en mediese sorg en nodige sosiale dienste, asook die reg tot sekuriteit in die geval van werkloosheid, siekte, ongeskiktheid, weduweeskap, bejaardheid of enige ander vorm van tekortkoming van lewensonderhoud in omstandighede buite sy beheer.
b) Moederskap en kindsheid is geregtig op spesiale sorg en bystand. Alle kinders, gebore binne of buite die eg, sal dieselfde sosiale beskerming geniet.

Artikel 26
a) Almal het die reg tot onderrig . Onderrig sal kosteloos wees, ten minste in die elementêre en fundamentele fases. Elementêre onderrig sal verpligtend wees. Tegniese en professionele onderrig sal geredelik beskikbaar gemaak word en hoër onderrig sal net so toegangklik wees aan almal op die basis van meriete.
b) Onderrig sal gerig word op die volle ontwikkeling van die menslike persoonlikheid asook die versterking van respek vir menseregte en ons fundamentele vryhede. Dit moet begrip bevorder, asook verdraagsaamheid en vriendskap onder all die nasies, rasse of geloofsoortuiging, en dit sal die aktiwiteite van die Verenigde Nasies vir die handhawing van vrede ondersteun.
c) Ouers het eerste aanspraak op die keuse van onderrig wat hul kinders sal ontvang.

Artikel 27
a) Almal het die reg om vrylik deel te neem in die kulturele lewe van die gemeenskap, om die kunste te geniet en te deel in wetenskaplike vooruitgang en die voordele wat daaruit spruit.
b) Almal het die reg tot die beskerming van die morele en materiale belange wat spruit uit enige wetenskaplike, literêre of artistieke produksies waarvan hy die outeur is.

Artikel 28
Almal is geregtig op ‘n sosiale en internasionale orde waarin die regte en vryhede uiteengesit in hierdie Verklaring ten volle verwesenlik kan word.

Artikel 29
a) Almal het verpligtinge aan die gemeenskap waarin alleen die vry en volle ontwikeling van sy persoonlikheid moontlik is.
b) In die uitlewing van elkeen se regte en vryhede sal almal slegs onderdanig wees aan beperkings soos dit deur die wet bepaal is en slegs vir die doel om erkenning en respek vir die vryhede en regte van ander te vestig asook die voldoening aan die regverdige vereistes van moraliteit, publieke orde en die algehele welsyn in ‘n demokratiese samelewing.
c) Hierdie regte en vryhede mag in geen geval uitgevoer word teen die doelwitte en beginsels van die Verenigde Nasies nie.

Artikel 30
Niks in hierdie Verklaring mag interpreteer word om vir enige Staat, groep of persoon enige reg te impliseer om in enige aktiwiteit betrokke te raak of om enige aksie uit te voer gerig teen die vernietiging van enige van die regte en vryhede hierin uiteen gesit.


DIE TIEN GEBOOIE
Daar is drie weergawens van die tien gebooie geneem uit Eksodus Hoofstuk 20:1-17 en Deuternomium Hoofstuk 5:6-21; naamlik Joods, Katoliek (Lutheraans), en Protestants.

Die Joodse Tien Gebooie (voor 1000 V.G.E.)

1. Ek is die Here jou God wie jou uit die land van Egipte geneem het.
2. Jy mag geen ander gode as ek aanneem nie.
3. Jy mag nie die naam van die Here jou God vereidel nie.
4. Jy moet die Sabbat onthou en heilig hou.
5. Eer jou vader en moeder.
6. Jy mag nie moord pleeg nie.
7. Jy mag nie egbreek pleeg nie.
8. Jy mag nie steel nie.
9. Jy mag nie vals getuienis lewer nie.
10. Jy mag niks wat jou naaste behoort begeer nie.

Bron: http://www.hebrew4christians.com/Scriptu…

Katolieke (en Lutherse) Tien Gebooie (rondom 100 G.E.)

1. Ek is die Here jou God wat jou uit die land van Egipte geneem het, uit die huis van knegskap. Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie.
2. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie.
3. Gedenk die Sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie.
4. Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
5. Jy mag nie doodmaak nie.
6. Jy mag nie egbreek nie.
7. Jy mag nie steel nie.
8. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
9. Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie.
10. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; of sy veld, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Bron: http://www.usccb.org/catechism/text/pt3s…

Protestantse Tien Gebooie (rondom 1600 C.E.)

1. Jy mag geen ander gode as Ek aanneem nie.
2. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak nie.
3. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie.
4. Gedenk die Sabbatdag en hou dit heilig.
5. Eer jou moeder en vader.
6. Jy mag nie moord pleeg nie.
7. Jy mag nie egbreek pleeg nie.
8. Jy mag nie steel nie.
9. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
10. Jy mag niks wat aan jou naaste behoort begeer nie.

Bron: http://www.biblicalheritage.org/Bible%20…

Daar is duidelik ‘n paar verskille tussen die drie weergawes. Die eerste gebod volgens die Protestantse weergawe is die tweede een van die Joodse weergawe en swyg verder ook oor die Egiptiese uittog. Die Katolieke weergawe bind weer die twee in een gebod en brei dit verder uit deur die tweede Protestantse gebod ook by die eerste een in te sluit; ‘n gebod wat weer nie in die Joodse weergawe voorkom nie. Die derde gebod van die Joodse en Protestantse weergawes is die tweede een van die Katolieke weergawe. So bly die Katolieke een gebod agter die ander waar dit die verskil heel op die einde opmaak deur die tiende gebod volgens die Joodse en Protestantse weergawes te verdeel in twee deur meer spesifiek te raak oor die naaste se besittings.

Van al drie die weergawes is die Katolieke een die mees beskryflik. Dit verskaf die konteks van die gebooie en nie slegs die voorskrif nie. So byvoorbeeld is dit duidelik uit die laaste twee gebooie dat dit die man is wat aangespreek word in die Katolieke weergawe. Buiten die voorhandliggende negende gebod wat duidelik slegs op mans vantoepassing is, is die tiende gebod ook op mans gerig waanneer besitreg in die historiese konteks geplaas word. Die ander twee weergawes ontwyk hierdie tekortkoming deur dit te fokus op die voorskrifte en die konteks te devalueer. Die Protestantse weergawe voltooi die ontkoppeling met die konteks finaal deur die verwysing na die Egiptiese ballingskap geheel en al uit te laat.

Beide die Joodse en die Protestantse weergawes kom meer modern voor deur die voorskrifte te veralgemeen. Hierdie proses kom tot sy logiese uiteinde in die Protestantse weergawe waar die historiese Joodse en manlike konteks van die tien gebooie uitgelaat word sodoende die toepassing daarvan te universaliseer. Die neiging na universalisering kan verstaan word in die konteks van die Europese multi-kulturalisme; ‘n kookpot van idees uit alle rigtings van die kompas.

Die westerse assimilasie van die Griekse en die Joodse tradisies is al duidelik in die werke van die groot kerkvaders, soos bv Augustinus en Aquinas. Dit word nog verder gevat in die werke van Verligtingsdenkers, soos Spinoza en Leibniz, waarin die rasionele, eerder as tradisie, die lig verskaf vir oordeel. Die Griekse invloed verskaf stelselmatig al groter aandeel in die rasionele onderbou vir idees, wat al meer gemeet word aan die wêreld van ons bestaan eerder as slegs aan hoe ons dit tradisioneel verstaan.

Met die empiriese tradisie soos ontwikkel in Britanje deur filosowe soos Hobbes, Hume en Locke, word sintuiglike kennis gesien as die weg na die waarheid aangaande die realiteit waarin ons onsself bevind. Dus bepaal wat ons moet doen, dit wat ons in vrede laat saamwoon, en dit eerder as abstrakte reëls opsigself, gee die betekenis en waarde aan die reël. Aksies is reg wat lei tot die grootste geluk vir die grootste hoeveelheid. Ons gedeelde menslikheid verskaf die gronde vir wat ons as goed of sleg ervaar, beide in terme van ervaring en die reëls wat daaruit vloei.

Die Franse Verligting wys ons weer daarop dat die kern van meeste geloofstradisies dieselfde basisie morele beginsels deel en dat morele waardes inherent is aan alle mense; i.e. Voltaire, en, volgens Rousseau, vloei uit ons verwydering van ons natuurlike staat,of wese. Deur te verwys na ons primitiewe natuur kan ons ‘n sosiale kontrak optrek wat ons natuur probeer beskerm en bevorder en so die pad na geluk weer moontlik maak.

Kant as verteenwoordiger van die Duitse Verligting verbind die mens weer aan universele beginsels as roete na ‘n morele samelewing. Hierdie beginsels is rasioneel in wese en nie slegs verteenwoordigers van ons empiries gewonne kennis nie. Om moreel te lewe verg die rasionele verbintenis aan idees insigself ontkoppel van ‘n empiriese oorsprong. Oortuigings soos geregtigheid, regverdigheid en gelykheid is beginsels van geloof eerder as van ons natuur.

Schopenhauer sien die mens as onderworpe aan die universele Wil, waarteen die rede geen gesag het nie. Ons enigste uitweg vir ‘n uithoudbare lewe is om jou lot te aanvaar vanuit die verhewe blik van ‘n toeskouers posissie. Nietzsche weer rig die Wil na selfbemeestering, waar die met vermoëns die self kan verwesenlik.

Søren Kierkegaard dink die etiese lewe, onderdanig aan morele wette, is onbereikbaar vir menslike skepsels, wat God as die ‘ander’ benodig om waarlik verlos te word. Henry Sidgwick voel ook die vanselfsprekenheid van wat reg of verkeerd is kom in konflik wanneer die self teenoor die geheel gestel word. Sy oplossing is om ‘n god weer as regter aan te stel wat almal se lot as ewewaarding evalueer en sy uitspraak oor elkeen spreek volgens sy oordeel. Selfs Martin Heidegger voel enige konseptuele sisteem sluit die moontlikheid uit van ‘n outentieke bestaan, wat die onnoembare deur die digkuns of stilte benader en steeds ‘n aanvoeling van die mistieke onbekende wese lewend hou.

Jean Paul Sartre se seining is volgens hom die uitwerking van die gevolge van ‘n ateïstiese realiteit. Sonder god definieer die mens sy eie essensie. Hierdie vryheid lei tot die aanvaarding van verantwoordelikheid vir onsself en almal anders, wat volgens ons eie beeld ge-oordeel word. Om agter ‘n god of selfs die ‘menslike natuur’ weg te kruip is nie slegs oneerlik nie, maar futiel. Jurgen Habermas probeer die publieke plein as struktuur gebruik waar almal hul sienings kan uiter en toets, en waar konsensus die besluite neem.

Die Europese konteks waarin al die idees ontwikkel het is een van konflik, besetting en kompetiesie. Die Tweede Wêreld Oorlog voer hierdie stryd tot sy makabere uiteinde, waar idees en ideale beide hul mag en magteloosheid vertoon. Dit word duidelik dat die mens nie noodwendig rasioneel gedryf word nie en dat die grense tussen mense as nasies of rasse hul betekenis begin verloor het. In ‘n wêreld waar sommige ander in- of uitsluit gebasseer op waargenome ooreenkomste of verskille, sal oorlog nooit vêr agter wees nie.

Geen wonder die menseregte as begrip het al weier aanhangers begin vorder nie. Een probleem waarmee daar al van die begin af geworstel mee was, was presies hoe om ons regte te regverdig. Soos ons al gesien het voer sommige teologiese redes aan as regverdiging, soos die bevel van Yahweh om jou naaste so lief te hê soos jouself, of dat die mens in ‘sy’ beeld geskape is, terwyl ander weer verwys na ons gemeenskaplike natuur as die basis vir ons regte.

Hoe dit ook al sy, ons natuur of ons skepper, almal verstaan die behoefte aan ‘n universele maatstaf waarteen ons mekaar regverdig kan oordeel. Wat duidelik is, is dat die menseregte nie in konflik is met enige van die bogenoemde opsies nie. Of jy nou glo god beveel ons om mekaar lief te hê, of dat dit in ons natuur en eie belang is om dit te doen, die menseregte verklaring sit uiteen dit wat ons mekaar gun ongeag hoekom ons glo ons dit kan doen.

Deur die sogenaamde klipwet as voldoende maatstaf vir ons dade aan te neem, los dit ons met vele vra wat nie ekplisiet daardeur beantwoord word nie. Indien ons die implisiete eksplesiet sou maak, hoe sou dit daarna uitsien? Probeer die Menseregte Verklaring lees in die konteks van jou verstaan van die tien gebooie en jy sal sien hoe ons beveel word om mekaar te hanteer nie vêr is van hoe ons graag hanteer wil word nie.

In die multi-kulturele globale samelewing van die hede, met ons getalle wat in alle opsigte ‘n globale impak het, en die globale kommunikasie wat ons al meer bekend aan ander maak, is ‘n nie-sektariese maatstaf al meer nodig indien ons mekaar gaan verstaan en mee saamstem. Dit is presies wat die menseregte probeer doen en veel groter kans het om dit te vermag as die uitsondering van een morele tradisie bo die menigde ander wat die mens al ontwikkel het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar