Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is net meer as twee jaar sedert my ma oorlede is, amper presies twee jaar vandat sy gediagnoseer is met borskanker wat na haar rug en brein versprei het. Maar voordat ek by die onderwerp van bespreking kom, so ietsie van my ma....

My ma was 'n statige, waardige dame wat haar onafhanklikheid, na haar egskeiding van my pa, wat 'n alkoholis was, baie hoog ge-ag het. Sy was iemand wat onwrkikbaar geglo het dat daar 'n God is end at sy hemel toe sou gaan as sy die dag sterf. Sy het nooit gekla (teenoor ons) oor my pa se drinkery nie, die kere wat hy haar aangerand het nie of hoe sy finansieel moes sukke;l om met drie kinders die mas op te kom.

Sy het vir meer as veertig jaar naaldwerk klasse gegee en was bekend in bemind in Welkom, waar sy gebly het. Sy was hartseer, maar het nooit gekla oor my broer, wat nie goed gevaar het op skool of in sy loopbaan nie, of oor haar jongste seun (ek) wat rebels was as tiener, en haar baie teleurgestel het, veral met sy egskeiding nie. Ook nie toe my suster op agtien jaar in 'n motorfiets ongeluk dood is nie.

Sy het ook nie gekla toe sy 'n dubbel mastektomie moes ondergaan nie, toe die kanker na ses maande begin versprei het nie. Selfs nie toe die chemo en die radiasie haar hare laat uitval nie - iets wat vir haar baie erg was. 'This too, shall pass' het sy altyd gesê as ek gevra het hoe dit met haar gaan nie.
Sy was gelukkig dat sy ‘n groot ondersteuningsgroep gehad het wat haar opgepas het, soms, tot my ontsteltenis, met vae en futiele vertroostings en beloftes dat alles sal regkom, al het sy geweet dat dit nie sou gebeur nie.

Wat haar erg gepla het, was die feit dat sy haar onafhanklikheid verloor het, saam met haar waardigheid. Sy moes gevoer word, kon naderhand nie self bad of toilet toe gaan nie. Teen einde November 2008 het dit baie sleg met haar gegaan en het sy onbeperkte toegang tot morfien gehad – selfs die goed bedoelende dokters het besef dat daar niks te make meer was nie. Ek was bevoorreg om vir ‘n week by haar te kuier terwyl sy in en uit ‘n morfien benewelde toestand gewankel het. Selfs toe het sy nie gekla nie en was sy besorg oor my wat nie genoeg slaap en eet nie en of sy sterk genoeg sou wees vir haar drie-en-tagtigste verjaarsdag – haar vriendinne het ‘n groot partytjie beplan – almal was sekerlik bewus daarvan dat dit haar laaste sou wees - wat haar wel gepla het was die feit dat sy nie deftig en netjies sou lyk nie.

Die dae voor haar verjaarsdag was sy meer in ʼn beswyming as helder en het sy kort-kort gesê dat sy na Jesus wil gaan, terwyl haar hande in die lug probeer het om gare deur ‘n onsigbare naald te ryg.

Dit was hartverskeurend om haar te sien op die dag van haar verjaarsdag – sy het vir elke persoon wat kom kuier het – en daar was baie – ‘n persoonlike geskenkie gegee – amper soos ‘n erfporsie. En sy het die mense moed ingepraat, in stede van andersom.

Terwyl ek die week by haar was het ek iets gedoen wat ek lanklaas gedoen het – gebid. Nie vir genesing nie, maar vir haar geliefde God om haar lyding en vernedering te be-eindig. Vele keer het ek gewonder of ek nie die onvermydelike kon aanhelp deur meer morfien in te gee nie. Tot my skaamte het ek gebid dat sy vinniger moet doodgaan en ek moes my motiewe ernstig ondersoek om seker te maak dat dit nie uit selfsug was nie, maar uit omgee vir haar, iets wat ek nou nog mee worstel.

Maar wat ek die meeste mee worstel, is dat ek nie, soos ek myself belowe het nie, iets gedoen het om die saak van genadedood ʼn onderwerp van bespreking te maak en te kyk of daar nie ʼn manier is wat dit aan mense soos my ma, wat ongeneeslik en hopeloos siek was, ʼn manier te gee om ʼn einde aan die skyngeveg te maak nie, die voorgee dat alles sal regkom, alles ten koste, en selfs ten spyte van die uitgesproke wense van die persoon was aan siek is.

Dalk is dit om debat te voer oor die reg wat so persoon het om te sê: ‘Dis vêr genoeg, niks vêrder nie’ en die natuur sy gang te laat gaan – terwyl die pyn bestuur word, of dalk is dit om te veg vir die reg om te sê: ‘Help my hieruit – ek kan nie vêrder nie.’ Sonder om deur familie en vriende en dokters, almal met die beste bedoelings, gekastreer te word nie.

As ons as mens onsself die reg gun om ʼn perd wat sy been gebreek het, uit die se lyding te ‘help’, hoeveel meer nie so vir ‘n rasionele, denkende mens nie; iemand wat seker is van sy of haar heil en hulle hoop op ʼn beter lewe hierna. Iemand wat ʼn vervulde lewe gely vol seëning, ten spyte van die swaarkry. Iemand wat dit sou haat dat sy onthou word in vir haar lyding, en nie vir die verskil wat sy in soveel mense se lewens gemaak het voordat sy siek geword het nie.

So laat die debat begin: het ʼn persoon die reg om te vra om dood te gaan, of dat iemand moet help om die lyding te beëindig en die onvermybare te bespoedig? En om dit met waardigheid te kan doen nie?
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar