Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Met musiek is ek gespeen,gevoed,onderrig en geskool.

Ek het groot geword met ‘n ma (aanneem-ma)wat as Mezzo sopraan my hele wêreld deurspoel het met musiek.Van al haar Schubert-lieder het ek nie juis gehou nie,maar sy kon sing! In die kerk wou ek altyd wegsink van skaamte as almal soos een omgedraai het om te sien wie het die “stem”! My dogtertjie het eenmaal tereg opgemerk “Oumie sing soos ‘n ambulans ..whee-hoo,whee-hoo” ,en sy was dalk reg!

Om musiek te neem ,was soos toebroodjies pouses,dit was daar ,onlosmaaklik en saai deel van my laerskool jare al .Mnr Buys het so ‘n leedvermakerige glimlag bo sy grys tande gehad as hy die rug van my hand venynig teruggekap het met die liniaal as ek dit oplig en nie mooi plat hou nie.

Toe ek wou ballet neem,moes ek belowe ek sou tot in Matriek voortgaan met my musieklesse.En ek het…moes! Dan kom die versoek van vriende “…ag speel vir ons ietsie …?” En ek kyk hul so moedeloos aan en vra watter een van die 4?Want dis al wat ek van Januarie tot Augustus moes oefen vir Unisa se eksamens,en wie wil nou luister na Bach,Scarlatti of Debussy? Duh?

En deur al die tipiese opstandigheid van ‘n skoolkind het ek nooit besef watter impak dit later op my lewe sou hê nie!
Ek dink my hele wese word vandag gevul en vervul met musiek!Dit maak my kalm,inspireer my,ontgin die Muse diep binne my as ek skilder of skryf!Nou in die Goue Jare waar ek op pensioen is,is my musiek die hele dag aan as ek besig is.En my man is netso lief vir sy musiek en so het elk soms oorfone op om na sy eie hartsmusiek te luister .So het ons oor die 150 Gig musiek op ons hardeskyf.

Die woord Eklekties kom by my op as ek my musieksmaak moet beskryf…dis wyer as die Vallei van Verlatenheid!Miskien was my lewe dikwels gevul met soveel drama (en erge trauma) dat ek nie meer hou van dramatiese musiek nie…gee liewer Adagio as Virtuoso con brio!En met my agtergrond van klassieke musiek ,is dit nog steeds my niche waarbinne ek veilig voel! Die Adagio gedeelte van Mozart se klarinetkonsert is musiek in my ore en hart! Beethoven met sy diepte kan ek heeldag aanhoor,ook musiek van Bruch.

Dan die” ou tante” ( moi ) se onverklaarbare opwinding om te luister hoe Steven Tylor sy “dream on” vir my uitskree!En die virtuose vingers van John Butler se gitaar,hy mag maar! As “Fix you” van Coldplay opklink,roer my binneste!En Christina Aguilera se “Hurt” is so meevoerend emosioneel!Selfs Ozzy se “Momma I’m coming home” praat met my.Kan julle glo selfs Linken Park se lirieke laat my soms nadink (dit wat ek wel tussen die geskree kan hoor)… nou hoe eklekties is dit nie!

Musiek bly deel van my…en ek is dankbaar!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ita
saamkuier
ai en nou is ek sommer ongeduldig-opgewonde om lekker te kan kuier met my woes-vriende, met tee of lekker wyntjie...en my uitsig met julle te deel oor die hele oseaan van Bergpad na Rooiels tot agterkant van Tafelberg!
7 jaar 7 maande 3 weke 21 ure oud


Musiek
Ita, jy sal 'n GROOT pot tee moet maak want eks ok da!
7 jaar 7 maande 3 weke 1 dag oud


Ok ...
Dis nou maar verseker ... ek haal my hoed vir jou af! Jy het heel voor in die ry gestaan toe talent uitgedeel is ...
Ja, ek en Kiekies staan voor jou deur, so maak maar oop, Suster!
7 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud


Musiek
En waarmee gaan jy ons nog verras. As ek huis toe kom, nooi ek myself vir tee daar by jou! Ek vra g'n, ek vertel jou sommer! Jy praat van name en soorte musiek wat ek noggi eers gehoor het nie, maar ek was mee gesleur in jou skryfsel!
7 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


Jy...
loop oor van talente, lyk dit my. :)
7 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar