Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Nog nooit was ek bevoorreg gewees om te sien wat ek vanaand 27 September 2015 gesien het nie. Ek het nog altyd gelees van die tekens wat in die laaste dae sal wees en sowaar.

Die dag het goed begin waar die son heeltyd die waarborg sou wou gee. Vanaand is die groot aand in my lewe,so het ek gehoop. Daar was geen wolke in die hemelsfeer om die lang verwagte belofte mee te maak nie. Die aand het ons kom groet met ʼn wolklose naggesig. Die Nikon D5200 digitale kamara word ingestel vir die nagtelike avontuur foto’s. Alles is so gesofisikeerd en met my beste wil kan ek nie alles so mooi bymekaar bring nie. Die handleiding word nader getrek en bestudeer hoe om die optimale HD foto’s vir ewig vas te lê. Die hoeveelheid lig wat in die lens indring moet net reg wees vir die perfekte foto, anders sien jy net ʼn wit gat in die hemelruim in plaas van die maan. Die uur van waarheid kom al hoe nader om die waar wording te wedervaar.

Soos die sekondes een vir een in die ewigheid insterf, kom lê hier ʼn onverwagse nagtelike wolke kombers tussen my kamara en die groot gebeurtenis. Alle hoop val plat in my gemoed. Ag nee! Hoekom nou juis waar hoop hoogty gevier het. Staan ek onder die hemelgewelf en slaan my hande omhoog met ʼn smekende skiet gebed. Dalk is ek soos een van vyf maagde waar ek nie genoeg
geloofsolie in my lamp het nie. Waar ek vir my Skepper vra; ag Heer laat U dienskneg nie met ʼn leë gemoed na sy bed keer nie, om dalkies vir nog ʼn moontlike verdere veertig jaar te wag vir dit wat in U woord staan. Dat die maan rooi van skaamte sal word oor die boosheid van die mens. So keer ek terug na die sitkamer.

Later vra ek vir vroulief of sy weet hoe die stand van sake nou lyk. Sy roep my met groot vreugde. Die begin van die maan eklips was ons twee nie beskore nie. Ons het die begin oomblik gemis soos die vyf maagde die Koningkryk gemis het. Ons is tog genooi om die res van die wonder gebeurtenis op kamara vas te lê. Dit neem die maan ongeveer een uur om in die sy-skadus van die Aarde in te beweeg. Niks demp ons opgewondenheid nie. Langsamerhand sien ons hoe die maan bloedrooi van skaamte word, lê die maan nou in die kern van die Aarde se skaduwee vir hierdie volmaakte maan eklips. Besef ek net weereens die waarde van U woord.

Nie lank daarna nie wil iemand weer ʼn stokkie daarvoor in steek. Maak nie saak nie, ek neem foto’s vir ʼn vale, die kamara is nou op outomaties gestel vir daardie HD foto’s. Ag nee! Die kamara se battery is besig om die gees te gee, wat nou? Al oplossing is: ek moet maar die battery laai. So gemaak en so gedoen. Sleepvoet tik die sekondes af. Oplaas na vyftien minute kon ek weer foto’s neem. Die nagtelike soel luggie kom kleef aan die lyf. Hier sal niks my vanaand verdryf nie. Al die sit en wag was toe die moeite werd gewees. Nou kan ek met ʼn vreugdevolle hart gaan slaap, dankie Heer vir hierdie wonder oomblik in U Almag.

Die foto’s is geneem met my vakansie in Suid Amerika.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

AVONTUUR-REIS
Dankie Arnold vir die vertelling en foto's! Knap gedaan!
3 jaar 8 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


Avontuur
Dankie dat jy julle gevoelens en ook die foto's met ons gedeel het. Ja dit was pragtig en jou foto's is net so mooi.
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


My avontuur reis deur Suid Amerika.

En ook my gebede is bewaarheid want ek het die 'Bloedmaan' heeltemal gemis en hier kom jy en jy gee met jou fotos vir my alles wat ek gemis het! Inderdaad dank aan ons Skepper!

Baie dankie!
3 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


Avontuur
Dankie Arnold, ek waardeer die deel van jou fotos.
3 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


avontuur
Dankie vir die deel en besonderse foto's.
3 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


reis
Dankkie Arnold vir die deel hiervan en die pragfotos
3 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


Waaaaauw!
Arnold! Baie, baie dankie! Ons het dit ook gemis, want ons hemel was toe met wolke. Hierdie is vir my 'n baie spesiale skrywe van jou ~ ook die foto's.

BAIE DANKIE!
3 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


Reis.
WOW!! Dankie vir die deel en al die foto's. Ek kon niks sien hier op Durnacol nie. Bewolke mistig.
3 jaar 8 maande 4 weke 5 ure oud


Reis
Bravo BRAVO!!! Wonderlike vertelling en pragtige fotos! Wat 'n voorreg vir my!
3 jaar 8 maande 4 weke 6 ure oud


avontuur
wow.. wat n wonderlike ondervinding.. dankie vir die deel van die mooi fotos Arnold
3 jaar 8 maande 4 weke 11 ure oud


Liewe genade ...
Jislaaik. Eerstens het jou vertelling my van begin tot einde vasgenael voor die rekenaar gehad en toe snak ek na asem ... pragtige foto's!!!!!
KOMPLIMENTE, Arnold!!!
3 jaar 8 maande 4 weke 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar