Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Met gedagtes wat stomp geword het in daad en woord, net ʼn woordjie van dank aan al die Woesters vir julle kosbare tyd, saamlees en mooi kommentare, dit word in opregtheid gewaardeer. Sonder julle belangstelling was dit onmoontlik om positief te bly, dit waarin elke skrywer of digter glo, met sy of haar werke op ʼn bevoorregte papiertjie as ʼn nalating toe te voeg aan ons mooi en edel Afrikaanse taal, sou ek ook nie uit julle werke verryk kon word nie.

Lank lewe hierdie mooie taal. Alle dank aan Willem Woes die stigter en die bestuurslede wat dit moontlik gemaak het dat ook my emosies en gevoelens vir ʼn vrugbare jaar met ʼn mildelike oes kon pronk.

Was dit ook nie vir my Gewer van Alle Wysheid nie, dan sou ek ook nie daartoe in staat gewees het nie.
Alle dank aan my Hemelse Vader.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

?
AMEN en AMEN! Doen so voort! Woes is baie keer ons Aorta in die lewe!
5 jaar 2 maande 2 dae 23 ure oud


Dank
Dankie vir jou, dat jy net jy is. Dankie Woes. Dankie almal.
Hoop net nie jy groet ons nou nie.
5 jaar 2 maande 3 dae 5 ure oud


Ek hoop nie jy groet nou nie?
Dankie sommer van my kant af ook! (Vir Woes en vir jou.)
5 jaar 2 maande 3 dae 6 ure oud


dank
Ek stem saam met jou Arnold. dank en waardering vir jou7 getrou saamlees en kommentaar op my werke ook. Dankie vir jou bydraes ook
5 jaar 2 maande 3 dae 6 ure oud


Dank en waardeing
Bevoorreg om saam met jou hier te wees en mee te maak ook!
5 jaar 2 maande 3 dae 11 ure oud


dankie
En dankie vir jou bydra. Dis altyd lekker om as famielie mekaar te ondersteun.
5 jaar 2 maande 3 dae 11 ure oud


Dank en waardering
Ek kan net saamstem.

Sonder Woes, sou ons nooit van mekaar kon leer nie.

Elke kommentaar en bydrae is soos 'n vuur wat mens se hart laat roer en weer ink in jou pen laat vloei.

Selfs die wat net lees en nie boodskappe los nie, is ook 'n riem onder die hart. Dit wys dat die digter of skrywer wel iets regdoen.

Arnold, jou werk is puik!
5 jaar 2 maande 3 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar