Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek dink partykeer dat my verwagtinge van my droom vrou net te hoog is.

Die droom vrou. Wat kan dit wees? Ek dink ek het ‘n goeie idee. Ek gaan nie kyk na die uiterlike nie, dit sal nie reg wees nie. Ek gaan meer kyk na die “features” as ek dit so mag stel.

Eerste feature wat ek soek is die “Sit stil tydens die DVD” feature. Hoekom is dit dat elke keer as daar ‘n fliek gekyk word dat hulle iewers moet opstaan en dinge doen terwyl dit aan is. Ek praat nie van brei of iets doen op die bank terwyl dit aan is nie. Ek praat van opstaan, koffie maak, wasgoed uithaal en nog baie meer.

Hierdie gedrag word altyd gevolg deur die oulike woorde “Wat gaan nou aan?” of “Wie is daardie ou nou weer?”. Ek bedoel, as sy net in die eerste plek gesit en aandag gegee het sou dit nie gebeur het nie.

Die ander oulike feature is die “Wat het nou gebeur?” feature. Die sport program is die gang. Die Formula 1 is op ‘n tense oomblik en dan begin die kommentator verduidelik wat nou aan die gang is en dan kom daardie goue woorde.

Nou kan niemand hoor wat die ou te sê het nie. Ons moet nou self uitfigure wat aangaan terwyl sy nie TE gelukkig was met die “Skat ek kan nie hoor wat die ou sê” woorde nie. Jou stemtoon was nie mooi volgens haar nie.

Al wat ek na dit alles kan sê is dat my perfekte vrou opgesluit lê aanvaarding. Alles wat ek hierbo beskryf het is nog in al die vrouens in my lewe ondervind. Ek dink dit is iets waarmee ek moet vrede maak en as deel van haar sien.

Baie mans gaan nou seker hierdie lees en skree “sussie!” maar dit is of dit of heeltemal van jou kop afgaan oor iets wat jy nie in ‘n miljoen jaar sal kan verander nie.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek het nou hierdie stuk van jou deeglik gelees en weer gelees en wonder of jy nou al daardie perfekte vrou met die "features" gekry het :-) Vat dit nou van 'n ouvrou. As jy sien sy mik om op te staan vergeet van die DVD en Formule 1 en gryp haar en vry haar socks af. Sy gaan vergeet van al daardie takies en jy ook en al wat aan die einde van die dag saakmaak is twee harte wat klop as een.
10 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Ai tog. Die verskille tussen man en vrou.
11 jaar 8 maande 3 weke 13 ure oud


Mans
Ja nee. Jy glo mos in die tandemuis en santa clause ne?
En die wasgoed was feetjie en die skottelgoed was dwergie en die vloere was kaboutertjie en ... die rede hoekom arme liefie opstaan en wasgoed was en van daar af vra wat gebeur is oor sy vrek graag wil sit en kyk maar nie dwergies en kaboutertjies het om als te doen nie!
11 jaar 10 maande 1 week 3 ure oud


KIan net lag
Jy is glad nie so donker nie! Ek het lekker gegiggel oor hierdie een, want ons spesie is nou maar een maal so gemaak en so gelaat staan. Moet kamtig besig wees met iets anders voel ons skuldig omdat ons stil sit en 'n DVD kyk.
13 jaar 1 week 5 dae 15 ure oud


Jax
Hehe...
Ek weet nie eers hoekom ek hierdie gelees het nie, maar trust my ek weet PRESIES waarvan jy praat.... ek haat dit as iemand praat tydens 'n dvd, nie kan stil sit nie, een aanhoudend vrae vra!!!! En let wel... die mans in my lewe, het dit almal gedoen !!! I feel you... well done!
13 jaar 2 maande 12 ure oud


ek kon nie help om hierdie stukkie met glimlag te lees nie. ons spesie is nou maar eenmaal 'anders'. nes julle maar ook vir ons is! ek dink op die einde van die dag vind jy jou droomvrou/man in iemand met wie jy kan praat. saam met wie jy kan lag. met wie jy kan verskil en dit nie 'n issue raak en op 'n bakleiery uitloop nie. iemand wat dieselfde 'bestemming' as jy in gedagte het in die sin van wat werklike geluk beteken.

waarom ken ons al hierdie goed, maar vind nooit die persoon om dit mee te deel nie?
13 jaar 5 maande 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar