Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek verkyk my die anderdag aan die natuur en wonder so in my enigheid. Voldoen ek aan hierdie vereistes?

Wanneer ons die woord gedigte hoor, raak sommige skoon liries oor die onderwerp, ander het weer ʼn verkeerde visuele gevolgtrekking oor gedigte. Ons dink onwillekeurig na oor die digter of sy werk aan-klank gaan vind en in my smaak gaan val. Die moderne digkuns beteken niks as daar nie genoegsame lesers is nie. Dink maar aan die werke van gewilde digters, almal het onder begin en die ongenaakbare pad getrotseer met die vertroue dat hul werk geloofwaardig sal wees om in iemand se smaak te val. Dit het vasbyt gekos deur middel van ongewone wilskrag om sukses van hul skryfwerk te maak en dit geneem so vêr as moontlik om hul lesers verslaaf aan hul werke te maak.

Die einddoel van beroemde digters, is om hul lesers se aandag vas te vang ongeag van die soort gedigte wat hulle skryf. ʼn Geamuseerde individu of leser, lees die werke met ʼn glimlag op die gesig. Identifiseer jou leser se gevoel oor sy voorkeure. Dit verg geduld, maar dit is die moeite werd.

Wanneer iemand ʼn loopbaan as digter wil maak, kos dit harde werk om ʼn goeie standaard te handhaaf in alle aspekte van die skrywerswêreld. Ontwikkel jou eie skryf tegniek en mettertyd kom vaardigheid al hoe meer na vore. Byvoorbeeld, ʼn treffende gedig is geneig om vorm aan te neem uit ʼn ontspanne onderwerp óf selfs die teenoorgestelde. Dit beteken dat ʼn skrywer sy natuurlike talent gebruik en deur woord vorming sy skeppingswerk na vore sal bring om sy leser se gehoor te streel. ʼn Harmonieuse gedig kom lê diep in ʼn aanhanger se hart.

Daarbenewens gaan die leser en bind dit om sy hart om dit deel van sy lewe te maak, want hy kan homself daarmee vereenselwig. Dit beteken ʼn goeie en deeglike begrip van die gedig, die beste invalshoeke van die digter se woord keuses en om die beste boodskap op papier vas te lê. “Wag so ʼn bietjie,” kan iemand dalkies sê; “Is die meeste gedigte nie maar eie personifikasie nie?” Ja en nee! Baie goeie skrywers verkies om vasgevang te word in hul natuurlike omgewing in die natuur of om in ʼn eensame studeerkamer te sit. ʼn Goeie skrywer gaan om waar te neem hoe die natuur sy werk gaan beïnvloed om die beste na vore te bring vir sy aanhangers.

Kom ek stel dit so; wanneer iemand na die natuur kyk, sien hy net ten dele. ʼn Goeie skrywer is soos ʼn hoë-gehalte kamera wat alles in sy geheue vaslê om dit so noukeurig as moontlik op papier neer te pen vir sy aanhangers. So lees en sien die leser presies wat die skrywer sien, net soos daardie hoë-gehalte kamera.

Sukses lê in elkeen se vermoë, dis net ʼn kwessie van hoe die sukses daaruit sien.

23/10/2015 om 19h59.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Natuur
Soos 'n goeie kamera....dis nou goed gesê en baie waar!
3 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


My gedagtes...

".. ʼn Harmonieuse gedig kom lê diep in ʼn aanhanger se hart..."

Daar is soveel wat 'n rol speel in 'n gedig, en hier het jy dit baie treffend verwoord. Hou hiervan!
3 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


digkuns

. . . . is werklik 'n kuns,
maar soms vertel die voorskooldogtertjie se prentjie,
baie meer as die verwronge Picasso se 'Painting'.
. . . . dieselfde met gedigte:
baie probeer so veel as moontlik produseer;
en meesal tref iets in die obskure gedig my SIEL,
dan lees ek dit 'n paar keer oor en oor.
3 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


digters
Ek het al baie gevoel soos Amaspoke, maar ek kom ook agter almal vertel vir jou hoe mooi en goed jou gedigte is, maar is hulle werklik so goed? Dan weer maak dit werklik saak. Dit is 'n boodskap wat jy wil oordra aan 'n ander persoon, en as jy net een persoon bereik het deur jou boodskap, dink ek het jy oorwin. En ja die natuur maak 'n groot deel uit van my menswees, daar ontmoet ek elke keer vir God, en sonder God en die Natuur sou ek nie kon vermag wat ek reeds vermag het nie.
Dankie Arnold ek het jou skrywe geniet en waardeer.
3 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud


digters
Ek stem saam digkuns is n wonderlik gawe
3 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud


Gedagtes
Ek stem saam. Die digkuns is 'n kuns van woorde saamsit, rangskik en verander.

Dankie vir die pragtige stukkie werk.
3 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


My gedagtes
Baie dankie vir jou gedagtes, dit gee baie om oor te dink. Dit pla maar altyd om te wonder of jou werk goed genoeg is. Baie keer gedigte geplaas wat ek gedink het is maar sommer net, maar dan word ek verras deur die reaksie, en andersom is ook waar.
3 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud


My gedagtes is verstrengel deur die natuur.

"n Interessante meedeling. Baie dankie.
3 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar