Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eendag ver,ver van nou af gaan ek die storie vertel van my gunsteling sprokie. Dit gaan bestaan uit 2 hoofkarakters. Ek en Jy. Die storie gaan handel oor ons soektog na mekaar en dan ons avontuur na ons mekaar gevind het.

Jy sien 'n sprokie moet geluk uitbeeld maar die een gaan so effens anders wees. Dit gaan die realiteit uitbeeld van hoe dinge werklik gebeur het. Geen nare wolf of pers heks wat ons uitmekaar uit dryf nie. Daar is wel tyd, die tyd sonder mekaar en die tyd wat ons verby mekaar geleef het. Die antagonis is niks anders as tyd nie.

Die sprokie is lankal reeds begin. Ons leef nou die agtergrond en wag vir die samesmelting. Binnekort is dit ek en jy en die begin van my gunsteling sprokie. Elke oomblik moet beleef word en nie aangejaag word nie sodat ons storie ordentlik beskrywend is en met waardering oorvertel kan word.

'n Paar winters van nou af gaan ek in jou arms le voor die kaggel vuur en so sal ons sprokie vir die wereld afsluit. 'n gelukkige einde waar twee harte mekaar vind. Dit sal egter nie die einde wees nie want die sprokie se gelukkige einde is maar net vir die toeskouers en nie vir die karakters nie. Met ware liefde is daar geen einde nie selfs na die dood duur die storie van ewigdurende liefde voort.

En jare van nou af sal ek aan ons klein kinders net een storie vertel.... My gunsteling sprokie van my en jou...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sprokie
Dit klink na 'n goeie idee. Ons moet almal aan ons eie sprokies skryf, met die doel om dit oor te vertel. Dan sal ons versigtig leef en skryf.
4 jaar 9 maande 6 dae 12 ure oud



Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar