Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My Kinderjare

As ek terug dink aan my kinderdae, dan kan ek nie help om soms te wonder, wat van al daardie lekker dinge geword het, wat ons kinders vandag nie ken nie.

Ek was gebore en het groot geword op ‘n klein dorpie, buite Somerset Wes, daar waar almal vir almal geken het, en waar die buurvrou jou ook ‘n pakslae kon gegee, asof sy jou eie ma of pa is, sonder dat daar kwade gevoelens was. Daardie dae was ons as kinders baie gruwelik, maar het geweet wat dit was om nie jou ouers kwaad te maak nie. ‘n Pak op sy tyd, was soos brood en konfyt, nie soos vandag as jy ‘n kind net skrikmaak met die plathand, dan hol hulle sommer polisie toe met jou nie.

Om in grootmense se geselskap te gesit het was ook nie toegelaat nie. As die gaste kom kuier het, moes ons, as kinders buite wees, sonder om ‘n remoer te maak. Ek kon ook mooi onthou, wanneer daar kos gemaak was en daar het onverwags gaste opgeduik, moes jy maar tevrede wees met wat oorgebly het in die pot. Daar was ook nie ‘n ding van, “ek eet nie dit en dat nie”, as daar vir jou opgeskep was moes jy alles opeet, al sit jy ook heel dag daar by daardie kostafel. Ek onthou ook nog soggens as daardie mieliemeel pap koud geword het en daar nie genoeg suiker was nie, dan trek daai pap mos sulke klonte, jy moes maar sluk en klaarkry.

Daardie dae het jy ook net een paar skoene gekry, gewoonlik hier by die groot dae, Kersfees tyd. Daar was ook nie ‘n ding van uitsoek nie, “name brands” kon jy maar vergeet het van, jy vat wat daar vir jou gekoop was, of jy bly daarsonder. Ek onthou ook nog my ou safari pakkies, wat ek gehaat het soos gif, so advokado en vaal kleurig. Vandag is dit “Levi’s en Nike’s”

Ek moet sê, ons het van die lekkerste lekkers gehad, amper soos vandag sin, maar net groter en goedkoper. ‘n Wilson blokkie kon jy vir ‘n goeie tien minute kou, en moenie vergeet van daai groot Star, en Mebos lekkers nie. My ouma het ook altyd vir ons van daai groot stokie lekkers met die ringe om gekoop, maar my lekkerste lekker was, soos ons dit genoem het, pins, ek dink nie hulle verkoop dit meer vandag nie. Dit was so ‘n blou-wit pakkie met kondensmelk in, wat jy oopgebuit het en sommer so uitgesuig het.

Ek onthou ook nog dat ons, ons eie lekker gemaak het, ons het dit tamalêtjie-lekkers genoem. Ons het al in die oggend na die bos, net oorkant die rivier daar naby die huis gegaan om pitjie bolle te gaan optel en uit te dop, ek moet sê dit was nogal ‘n lang proses. Na daardie pitjies uitgehaal was,moes dit oopgekap word en daarna, was hulle afgewas en in water gegooi met heelwat bruin suiker en vanielje, daai konkoksie was op ‘n buite houtstoof gesit, waar dit vir so ‘n goeie uur gekook het, totdat dit so ‘n dik stroop was, daarna het ons dit in pannetjies gegiet en in die koue geplaas vir so twee ure om hard te word.

Ons het darem maar lekker tye gehad, ons speelgoed was draad -en trollie karre, wat met ou groot koffie blikke gemaak was. Ons het ook tol gekap en albaster of lêmies soos ons dit genoem het gespeel. Op rëendae het ons maar kaart gespeel, waarvan
vyf– en vriet kaart en hoepie-hoepie, die lekkerste was.

Sondae oggende was altyd die beste tyd om naby die kombuis rond te sluip, dan het my oupa, pappa soos ons hom genoem het, van die lekkerste pasteie gemaak, sommer ‘n hele klomp, en as jy verslaap het, het daardie reuk van vars pasteie jou kom wakker kielie.

Ons het nie van alles gehad in die lewe nie maar dit was goed om in daardie era groot te geword het. Vandag het ek self twee kinders, wat nie altyd die waarde van geld en ‘n goeie pak slae besef nie, maar ek vertrou dat die opvoeding en waardes wat daar gestel is vir hulle darem ‘n positiewe effek op hul lewe sal hê.


BUKSIE
12 Maart 2006



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar