Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kakebene wat beweeg is goed, veral as dit besig is om goeie kos fyn te maal. Maar as dit by kougom kom, foeter dit sommer my hele dag op.

Asseblief tog, kougom is daar om jou asem vars te maak. Nie vars te hou nie. Die ding verloor sy smaak na die eerste twee minute en dan spoeg jy die ding uit. Die kougom het sy funksie verrig. Maar nee, die ander helfte van die samelewing dink nie so nie.

Dit is soos ‘n klein nimmereindigende toebroodjie sodat hulle die heeldag kan kou. Die naweek was ek weer by ‘n funksie waar die man en vrou die sentrale punt van aandag was maar hulle het dit goed gedink om soos twee koeie te lyk wat herkou.

Gelukkig het hulle dit goed gedink om die kougom van die eenkant van die mond na die ander kant te beweeg. Dit was die enigste teken van intelligensie, andersins was hulle waarlik twee koeie.

Ek het eendag een of ander sopbeen van ‘n sot op sy troudag gesien. Hy, die bruidegom, staan daar met sy lang nek hare en kougom bek. Die doos moes nog net sy lippe laat klap het dan het ek uit die kerk geloop. Maar nadat ek sy lang nek hare gesien het is hy toe vergewe. Dit pas seker by sy tapat lewe in.

Dan kry jy hierdie mense wat oopmond kougom kou. Vir alles wat heilig is stop dit net. Anders gaan oom Willem jou soos die kind wat jy is brandgoed in jou mond afgooi sodat jy kan leer om soos ‘n beskaafde mens te eet. As jy dink ek vat jou in die gesig doen net die volgende:

Sit kougom in jou mond.

Kou jou normale ongeskikte, onbeskaafde, swak gemanierde oopbek.

Stap na jou ma toe en vra of jy iets verkeerd doen.

As jou ma uit ‘n goeie huis kom sal sy jou een snotklap teen die oor gee en sê jy sleep haar naam deur die modder.

As jou ma dit nie doen, wel, moenie kinders kry nie. Julle bloedlyn moet gestop word.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar