Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My siel smag vanaand na rus – Goddelike rus en vrede wat verstand te bowe gaan. Na Dawid se rus langs groen weivelde. Net rus vir hierdie ewige bipolêre stryd – wat is werklik en wat is siekte? Wat is godsdiens – God en wat is die fabrisering van my eie wêreld?

Geen dokter, psigiater wil dit in hierdie grys area betree nie. Kan nie vir my die grens duidelik trek nie. Dit die sogenaamde grys gebied waar niemand dit wil waag nie.

Maar ek WIL weet. Ek smag na sekerheid vandag. Dit so komplekse situasie. Hoe kan mens beskryf dat jy God met jou gehoor praat het – engele liedere vir jou gesing het? Kan dit net die siek gedagtes van ‘n mens wees? Maar HOE kan ‘n mens sulke wonderlike, hemelse gevoel “op tower?” Hoe kan ek dit beskryf in woorde – en ook dit wat daarna in vervulling gebeur het?

Hoe kan ek die drome verklaar wat ek aanhoudend oor God en mense droom? Oor die wederkoms en derglike sake? En dat ek wakker word met trane van heimwee dat dit werklik is – dat mense vir my ondersteun en sê dat nie weer die kluts kwytraak nie?

Soveel cul-de-sac situasies. Soveel doolhowe vol raaisels. So ‘n dowwe spieël wat ek al verbete probeer poets en poets maar dit bly dof. Om tou op te gooi en dit af te maak as versinsels help ook nie, want deur dure lesse het ek geleer God IS werklik – ek het al probeer vlug van Hom soos Adam en Eva, maar Hy laat my nie los nie.
Ek bid vandag vir alle bipolêre mense wat die gemene stryd met my deel. Dit nie maklik om te erken jy ly daaraan nie en begrip daarvan is weinig – eerder ‘n brandsiek brandmerk op jou vel. Maar miskien voel iemand soos ek vandag…. Miskien het iemand ook begrip en gebed broodnodig. Nodig om te weet mens is nie ‘n uitlander van ‘n ander planeet nie – net ook iemand op die pelgrimstog.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

---
Miskien het iemand ook begrip en gebed broodnodig. Nodig om te weet mens is nie ‘n uitlander van ‘n ander planeet nie – net ook iemand op die pelgrimstog.

* Ai Hannelie .. [Ek vertrou dat dit alleen genoeg sal wees om jou las ligter te maak.]
4 jaar 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar