Rubrieke

Titel: MY PLEKKIE
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My plekkie is ‘n snaakse plekkie. Nou nie die normale plekkie wat mense sal dink nie. Kyk almal het mos nou daai dorp of stad waar hulle net sommer tuis voel. Of dalak is dit dioe strand offie bos, ‘n winkel sentrum of ‘n sportsveld. So gat ons mos nou maar seintoe as ons nie so lekker voel nie of sommer net bietjie wil ontspan. Wel my ou plekkie is nou nie so plekkie nie. Nee, ek is mos nou anners bedraad as diot.

Ja ek voel asof ek tuis kom as ek daar innie Kaap is. EN as ek nou sЌ die Kaap dan bedoel ek kaapstad en omliggende gedeeltes. Nie Kimberley of PE nie. Nee dit is buite land daai. Innie Kaap is ek rustig en jaag niks my nie en niks pla my nie. Daar kan ek mos nou net ekke wees.

Die see help ook om my kalm en rustig te kry. My te laat ontspan. Ek kan mos so vir ure sit en net na die golwe kyk en sommer aan niks dink nie. Verdwaal raak in ‘n leegte in my kop. Die sand onner my voete en die sagte gedruis vannie water. Maar dit is ook nie my plekkie nie. Nie daai plekkie waar ek heel te mal ontspan en leeg raak nie.

Winkels is definitief nie my plekkie nie. EK glo Malls is vannie duiwel af. Vrouens sleep ons mans seintoe en dan moet ons vir ure na klere en goeters kyk en ons mening gee. Dit raak net te veel. SO baie mense wat niks gemanierd is nie. Stat jy buite die winkel en wag vir vrou lief loop dara natuurlik meisie mense rond met minder klere aan as een van daai Victoria Secrets modelle. JY kan nie help om te kyk nie. Dan vang vrou lief jou en is jy weer innie moeilikheid. Eers oor jy mos nou nie saam innie winkel in is nie en dan omlat jy nou vir ‘n anner tuinier se rose stat kyk.

Sportsvelde help weer bietjie., Sien ek het mos nou hierrie ding vire sport, veral vir rugby. Die manne lak mekaar lekke hard en daar is aksie en as jy gelukkig is word daar ‘n boks geveg ook in gegooi by die kaartjie se prys. Of dit nou oppie veld is of sommer hier langsd jou innie boonste gestoeltes van die voorste rakke. Waarde vir geld meen ek mos. Tog is dit ok nie my plekkie nie.

Nee my plekkie is baie spesiaal. EK kan julle vertel van my plekkie, maar ek kan julle nooit my plekkie in al sy glorie wys nie. EK kan vir julle my plekkie beskryf maar ek sal julle nooit na my plekkie kan neem nie. Sien hierdie plekkie van my is gemaak net vir my. Net ek het die sleutel vir hierdie plekkie. Ek kan dit vir niemand gee nie en ek kan dit ook nie verloor nie. Niemand kan die sleutel by my vat of steel nie. Daar is nie ‘n regte sleutel nie.

My plekkie is my kop. My gedagtes en my verbeelding. Sommige sal s♪6 ek is heel te mal, mal. Dalk is ek, wie weet? Dalk is ek egter die enigste normale mens oppie aarde. EK kan verdwaal in die gange van my memories en gedagtes. So gesels ek met myself. Redineer selfs met myself. EK voer diep gesprekke en neem belangrike besluite so by myself.

Ek gaan op reis na plekke waar ek nog nooit was nie. Speel ryugby, sokker en kriet wedsttryde en wen bekers en prestreer. Ek regeer lande en bestuur top maatskappye. Ek proe, ruik en voel goed wat ek eenkeer lank gelede ervaar het.

Hier in my kop is daar sewe van my. Elkeen besig met sy eie ding en op sy eie reis. SO hou ek myself besig as ek alleen is. So troos ek myself as ek hartseer is. Vermaan ek myself as ek iets beplan. Help ek myself as ek innie moeilikheid is. So bly ek by my sinne.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Plek
So kan jy enige tyd enige plek na jou gunsteling plek toe verkas en jy's nooit alleen nie, want daar is altoos 7!
Lekkerlees PLEK-bydrae, dankie.
En as jy weer Kaap toe kom, laat weet jy my.
4 jaar 1 maand 1 week 4 dae 19 ure oud


Ano
Plekke
hahaha, ek beny werklik nie jou inkopie-uitstappies nie. Weet ook glad nie hoekom sommiges altyd iemand moet saamsleep nie.
Ja, jou hart herken jou plekkie, al is dit net in jou kop :-D
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae oud


Plekkie
Diep dinge wat jy hier praat.
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar