Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer dit by Afrikaans kom is ek soos die spreekwoordelike kind in ‘n lekkergoed fabriek , ek weet nie wat om te los en wat om te vat nie . Ek proe hier en kou daar maar amper alles is so lekker , ek weet nie waar om te begin en in watter rigting om te beweeg nie .
Ek sal probeer om een of ander orde te handhaaf in hierdie geskrif, maar ek waarborg niks . Ek skryf soos die dinge hulle self hier in my gemoed kom tuis maak . Dus vra ek vir die wat hier wil lees , wees asseblief geduldig .

Ek is geen taal puris nie , nee inteendeel ek praat my taal soos hy sy le hier op my tong le en so skryf ek ook. Ek weet daar is baie mense wat my geskrifte lees en dan afmaak as kommin en snert . Ek respekteer julle siening en hoop julle geniet die taal soos ek. Dan is daar die mense wat so skelm loer of daai mal ou weer iets geskryf het en so agter die klip gaan staan en lekker lees en giggel soos die dominee se kinders as hy per ongeluk sy nael met die hamer aanspreek en met die nodige welvoeglike naamwoorde sy gevoelens uiter , maar later verkondig dat sekere mense nie die pen moet opneem nie. Vir julle wil ek se , geniet dit , want sommige is nogal rerig snaaks . Dankie aan daai wat nie kan wag om weer iets uit hierdie leptoppie vanaf die plot te lees en dit geniet nie , vir julle wil ek se : Ek laaik julle ook en julle stories . Ongelukkig is een van my vele te kort kominge dat ek nie iemand kan komplimenteer nie (nie so gebore nie , maar so geword) , maar vir almal van julle wat bereid is om vir ouens soos ek en almal wat kan lees , julle gemoedens oop te maak (en al gee ek nie kommentaar nie ) , ek , hierdie maplotter met sy stukkende skoene geniet julle soos tjoklits.

Gister ry ek gou hardeware toe om goete te gaan koop vir gebreekte water pype en soos gewoonlik luister ek na Loslip. Die program gaan oor idiome en of ons dit nog gebruik . Ek beluister almal se kommentare en heeltyd voel ek , ek wil opspring en se Halluluja of Amen of iets wat die verfynde mense nie as godslasterlik sal beskou nie. Manne van die paneel , ek haal my hoed af vir julle en ek stem saam , Afrikaans is hier om te bly . In watter ander taal doen mense moeite om nuwe woorde uit te dink in plaas van Engelse terme te gebruik . Wanneer ek na Ian , of Amore luister en ek hoor die bereidwilligheid van onse mense om nie boedel oor te gee en saam met die stroom te vloei nie , maar probeer om nuwe woorde uit te dink , sodat hierdie taal , wat baie wil dood druk , regop staan en die klappe wat uit gedeel word vat en dit omdraai en iets moois van dit maak.

Destyds toe ek nog getoer het , stap ek eendag by “Gods Window” en hier van voor af kom mense van Oosterse afkoms , maar so in die verby hoor ek die mense praat ‘n taal wat ek verstaan naamlik Hollands . Ek kon myself nie keer nie en draai om en draf hulle agterna . Hulle kom toe van Indonesie of te wel Batavia en hulle Moedertaal is Hollands . ‘n Toer of twee later is dit my voorreg om ‘n gesin vanuit Indonesie in my toer groep te he . Wat ‘n belewenis om met mense wat jy sou dink Mandereins of iets veronderstel is om te praat ‘n gesprek te voer in verstaanbare Hollands .
Sommige van my gaste was van Belgie en vinnig het ons Afri-Vlaams gebesig en so ook met my vriende van Indoniesie . Daarna was daar nog vele sulke gevalle en ons het naderhand Afri-lands gepraat . Wat probeer ek met die storie se ?
My punt is , wys my nog ‘n taal waarin jy met mense van ‘n ander land en taal kan kommunikeer , sonder om self bewus te voel oor jou gebrekkige kennis van hulle taal , want jy praat jou taal . Ek is sommer weer opnuut lief vir my taal.

En dan , dan weet ek , hierdie taal , let wel nie taaltjie nie, wat ons hier aan die Suide van Afrika besig , tenspyte van die rekenaar wat k’s met c’s vervang en letters skuif om sy beperkte woordeboek te pas ,staan sterk en groei.

Dit is deur die geskiedenis heen bewys dat Afrikaans te sterk is om in ‘n blik gedruk te word . Dan wonder ek hoekom baie die taal dood wil he. Ek lees ‘n aanhaling van die skrywer Olive Scheiner “ Na vyftig jaar se geveg en stryd , sal daar geen Boer meer wees wat in Suid Afrika ,Afrikaans (the Taal) sal praat nie behalwe as kuriositeit. Al wat sal oorbly is die groot Engelssprekende Suid Afrikaner .” Oorle Tannie Olive ek wil net vir jou se , jy kon dalk boeke skryf , maar as profeet het jy gefaal. Hierdie mooie taal staan sterker as ooit.

Ter afsluiting van my relaas : Ek weet hierdie taal het ‘n reg om te wees , wanneer ek stil word voor my Skepper en in my taal , Afrikaans met Hom kan praat en dan antwoord en beantwoord Hy my nederige gebed in my taal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar